Richard Mdluli nie in hof weens swak gesondheid

Richard Mdluli. (Argieffoto)

Richard Mdluli, voormalige hoof van misdaadintelligensie by die polisie, het nié Dinsdag saam met sy medebeskuldigdes in die Pretoriase handelsmisdaadhof verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en korrupsie nie.

Dít weens swak gesondheid.

Mdluli dien tans vyf jaar tronkstraf uit nadat hy en Mthembeni Mthunzi vroeër skuldig bevind is op twee aanklagte van ontvoering, twee aanklagte van aanranding en twee aanklagte van ernstige aanranding.

Mdluli was egter veronderstel om vandag in ’n afsonderlike saak saam met Solomon Lazarus, voormalige finansiële hoof by die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, en Heine Barnard, ʼn voormalige verkrygingsbestuurder, in die hof te verskyn.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle ’n geheime misdaadintelligensiefonds van die polisie geplunder het.

Sindisiwe Twala, ’n woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Lazarus en Barnard het wel vandag vlugtig in die hof verskyn voordat die saak na die Pretoriase hooggeregshof oorgeplaas is.

Die saak sal nou na verwagting op 8 Februarie in dié hof aangehoor word.

Lazarus en Barnard het gedurende die verskyning aangedui dat hulle van plan is om aansoek te doen vir die staat om hul regskoste te betaal aangesien hulle nie regsverteenwoordiging vir die volle duur van die verhoor sal kan bekostig nie.

Twala sê die ondersoekdirektoraat is gereed vir die verhoor om te begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Blikkantien ·

Die media is mos baie lief vir aanhalingstekens. Waarom nie “swak gesondheid” nie?

Persheks Adri ·

Hoe gerieflik ne om skielik siek te wees! Nee ons gaan nie betaal nie klaar. Verdien jou geld en betaal self! Jy’t mooi geleer by kaders. Kamstig siek pffft ons glo jou ou

Wondermaarnet ·

Binnekort is hy op die gholfbaan en makeer hy niks.

Sênet ·

Dit kink vir my na uitstel taktiek’hule het mooi Geleer by Mnr Zuma!

Maggies ·

Tog vreemd hoe hierdie hooggeplaaste mense “skielik siek” word en dan uitstel, uitstel én uitstel kry.

Persheks Adri ·

Praat jy wat tande het Strandloper! Ek voel soos jy met die klomp narre pffft

Stefaan ·

Persheks ek het lanklaas die gesegde gehoor. Praat djy wat tanne het nê

Andréas ·

Mdluli dien volgens dié berig reeds tronkstraf uit en die ander twee beskuldiges het wel vandag in die hof verskyn. Die saak gaan dus voort…

Sarel ·

Wat is nuut. Die taktiek kom al van Shabier Sheik se dae af. Volgende gaan Magashule wees

koos ·

Ten minste is sy gesondheid en moraliteit nou op gelyke vlak – beide swak

Phillip ·

Dan sal ek ook siek wees die dag wanner ek met die hof moet kom eendag net my dr n betaaling maak vir n siek brief (leer goed by ons rigeering ) (“‘manky se manky do”)

Janee ·

Whahahaha!…Gaan nou in die gevangenishospitaal rus en dan binne ‘n paar maande huistoe weens “ongeneeslike” siekte. En ou Shabir speel nog heerlik golf….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.