Richard Mdluli skuldig bevind oor ontvoering, aanranding

Richard Mdluli (30 Julie 2019) (Foto: African News Agency/ANA)

Die voormalige misdaadintelligensiehoof Richard Mdluli is Dinsdag skuldig bevind op aanklagte wat verband hou met die ontvoering en aanranding in 1999 van sy voormalige geliefde se man.

Hy is skuldig bevind op vier aanklagte van intimidasie, twee aanklagte van ontvoering, twee aanklagte van aanranding en twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hy het saam met sy medebeskuldigde, Mthembeni Mthunzi, in die hof verskyn in verband met die misdade wat 20 jaar gelede gepleeg is. Mthunzi is skuldig bevind op soortgelyke aanklagte.

Die twee mans het Oupa Ramogibe geïntimideer, aangerand en ontvoer.

Ramogibe en Tshidi Buthelezi, Mdluli se voormalige geliefde, het in die geheim in Julie 1998 getrou. Ramogibe is ʼn jaar later doodgeskiet.

Aanklagte van moord is teen Mdluli en Mthunzi teruggetrek, maar staatsaanklaers kon hul saak bewys op die ander aanklagte. Voor regter Ratha Mokgoatlheng Dinsdag sy uitspraak in die hooggeregshof in Johannesburg gelewer het, het hy verskeie ooggetuies se getuienis nagegaan.

Die twee mans het skuld ontken op al die aanklagte. Hulle is vrygespreek op aanklagte dat hulle Buthelezi se vriendin, Alice Manana, geïntimideer het. Hulle is ook vrygespreek op aanklag van dwarsboming van die gereg.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê dit was ʼn uitgerekte proses vir die regstelsel en die betrokke slagoffers. Die NVG verwelkom die uitspraak.

Mdluli en Mthunzi moet Woensdag weer in die hof verskyn sodat die datums vir die vonnisverrigtinge geskeduleer kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Cherokee ·

Ek neig te onthou at daar mense met invloed was wat die vervolging gedwarsboom het. Hulle behoort ook vervolg te word vir dwarsboming.

Schalk ·

Ontvoer hom na die diep blou see.ANC STEL BRILJANTE MENSE AAN N REFLEKSIE VAN HUL INTEGRITEIT.JISLAAIK KRY JULLE NIE SKAAM NIE SIES.

Robert ·

Nou moet hy net ‘n ordentlike tronkstraf kry met geen kans op parool nie.

colleen ·

Daar sal niks van kom nie. Hy sal ‘n waarskuwing ontvang of ‘n opgeskorte vonnis van 6 maande. Sy kaders sal hom beskerm.

Christa ·

Niks snaaks dat ons regering sulke skurke oplewer nie. Dis mos SA

Hendrik van George ·

20 Jaar na die moord. Wiele van geregtigheid draai maar stadig in Afrika!

Gert van Wierdapark ·

Moenie verbaas wees as die knaap hierna ‘n “Houdini” gaan trek en soos mis voor die son gaan verdwyn nie!!!

Kobie Welgemoed ·

Suid-Afrika is die enigste land in die wêreld wat van hero na zero in 10 jr gegaan het. Dankie Zuma jy het ons nie net verneder en bankrot gemaak nie, jy en jou ondersteuners het die mense laat skater lag. Proudly South Africa.

Joe ·

“Misdaadintelligensiehoof”??? Dink nie Mdluli kan dit spel nie ????????

George in Bloem ·

Ek sal verbaas wees as hy ‘n enkele dag uitdien. Hy en sy makker glo ek het in elkgeval met daai moord weggekom. Only in South Africa does crime pay……..handsomely.Viva.

Saint ·

Die wiel het begin draai.
Johan Booysen se dag van vreugde kom nader.
Die moordklag moet nog net weer ingestel en verder ondersoek word deur iemand naby aan Gerrie Nel en sy manne en befonds word deur bekommerde landsburgers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.