Richardsbaai-‘rowers’ binne ure aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Vier verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem, ʼn paar uur nadat hulle glo ʼn besigheid in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, beroof het.

“Vier gewapende rowers het omstreeks 11:30 op die besigheid toegeslaan en die kluis se sleutels geëis,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag kontant, vier selfone, juwele en ʼn handsak gevlug.”

Die verdagtes het in die eienaar van die besigheid se voertuig gevlug wat hulle later in die omgewinge verlaat en daarna in ʼn Volkswagen Polo gevlug het.

“Die polisie in Richardsbaai het hul eweknieë by Umhlali-polisiestasie in kennis gestel en hulle was op die uitkyk vir dié voertuig,” het Zwane bygevoeg. “Polisiebeamptes het by Umvoti-tolplaza sit en wag en die voertuig agternagesit toe hulle dit opmerk. Die verdagtes is uiteindelik naby Ballito ná ʼn hoëspoedjaagtog aangekeer.”

Die verdagtes is aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde goedere. “Hulle sal na Richardsbaai-polisiestasie oorgeplaas word waar hulle aangekla sal word van besigheidsroof. Volgens ʼn voorlopige ondersoek word vier van die mans reeds deur Umhlali-polisie gesoek in verband met ʼn huisbraak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ditsim ·

Ek is bly daar is ook SAPD sukses stories na die roof!!! Ons hoor net van die swak diens.. Hoe sê die minister van sport…..d…..hulle. b…. hulle!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.