Richmond-plaasmoord: Drie beken skuld op gru-moorde

Argieffoto

Argieffoto

Drie jeugdiges het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg erken dat hulle die Schutte-gesin op hul plaas in Richmond, KwaZulu-Natal, vermoor het.

Die drie, onderskeidelik 17, 19 en 20 jaar oud, het erken dat hulle Eckard Schutte (76), sy vrou Elizabeth Schutte (66) en hul seun Lutz Schutte (33) met ʼn skerp voorwerp aangeval en vermoor het. Lutz is na die plaas om sy pa se 77ste verjaarsdagpartytjie te vier.

Die drie mans het erken dat hulle op 1 Maart 2014 na die plaas Springvale naby Richmond is om die familie te beroof. Hulle het erken hulle het messe saamgevat om die slagoffers te vermoor sodat hulle nie uitgeken kan word nie.

Hulle het ook brandstof saamgeneem, “om enige bewyse wat ons aan die misdaad verbind” te vernietig en hul liggame aan die brand te steek.

Hulle is drie dae na die misdaad in hegtenis geneem.

Sandekuhle Maduna (19) wat vir Eckard gewerk het, het gesê hulle is met ʼn taxi van Pietermaritzburg na die plaas. Hy sê hulle het Schutte genader en voorgegee dat hulle hout wil koop. Die 17-jarige het Schutte in die skuur van agter gegryp, met hom geworstel en uiteindelik in die nek gesteek.

Die drie is toe na die plaashuis, maar Elizabeth was nie tuis nie. Hulle het probeer om ʼn kluis oop te breek, maar was onsuksesvol en het besluit om vir haar te wag, aangesien sy die kluis se sleutels het.

Elizabeth en Lutz het by die huis opgedaag en hulle het haar gegryp en in die kop en nek gesteek. Hulle het haar toe na die hoofslaapkamer geneem waar hulle haar polse met kleefband vasgebind het voordat hulle haar keel afgesny het.

Hulle het die kontant en ander items gesteel en toe petrol oor die liggame uitgegooi voordat hulle aan die brand gesteek is.

Die drie het met Schutte se voertuig gevlug.

Al drie mans het soortgelyke bekentenisse gemaak en waarnemende regter Louis Barnard het die saak tot 22 April uitgestel vir voorvonnisverslae.

Die tweede beskuldigde is Siphesihle Ngubane (20). Die derde beskuldigde se naam mag nie bekend gemaak word nie, omdat hy minderjarig is. -SAPA

Lees ook:
Richmond-plaasmoorde: Vier weer in hof
Vier in hof oor Richmond-plaasmoorde
Verdagtes in hof vir Richmond-plaasmoorde
Polisiekommissaris “bly” oor arrestasies ná Richmond-plaasmoorde
AfriForum: ‘Gru-moorde kan toegeskryf word aan regering se stilswye’
Richmond-plaasmoorde: Oorledenes se name bekend
Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tokkie ·

Ek hoop die 17jarige? word ook aangehou tot hy 18 is om verhoor te word, maar ek glo nie so nie -hy sal seker vry gaan omdat hy swart is soos in Oom Eugene se geval.

Tanya Eksteen ·

Kwalik kan na hulle verwys word as mans, dis moordenaars. Met die afskaffing van die doodstraf in SA het alles verval, moord en verkragting het ernstig toegeneem, en is ook steeds aan die toeneem. Word wakker SA, ons word ontneem van die reg om te lewe.

george barnard ·

Dit is nonsens,omdat hy minder jarig is mag sy naam nie bekend gemaak word nie,maar toe hy die moorde gewpleeg het ,het hy soos n volwassene op getree .Die land met sy dubble standarde

Slim Daan ·

George.
Iets “tickle” my verskriklik. Is jy 95+ ( dan het jy immers n verweer ) of iemand tussen 5-7jr oud ?

Mariana ·

My persoonlike opinie is dat jeugdiges en andere geindoktrineer word deur swart leiers wie tydens hul byeenkomste klem daarop le dat wit boere die grond gesteel het en dat die grond teruggeneem sal word deur die swart gemeenskappe. Hulle sing ook opruiende liedjies wat aanklank vind by veral “jeugdiges” tussen die die ouderdomme van 18 en 35 jaar. So word ‘n saadjie geplant en haat gestook teen boere. Ja, die oortreders steel geld, wapens ens, maar die feit dat die boere en hul gesinne op wreedaardige wyse vermoor word, toon dat daar ‘n diepliggende haat teen die boere is. Die feit dat die regering destyds die kommandos ontbind het, (en niks in plek gestel het nie) was ‘n bewys dat die regering hierdie weerlose boere vir die wolwe (misdadigers) gegooi het omdat hul (die regering) blykbaar dieselfde voel oor die boere. Indien daar nie vinnig iets gedoen word nie, sal al die boere stelselmatig uitgeroei word totdat die, wat nie hul plase verlaat nie, almal uitgemoor is. Dalk sal die oplossing wees om fondse in die hande te kry en sekuriteitsmaatskappye te betaal in gebiede om die boere te beskerm, want as daar vir die regering gewag word, gaan niks gebeur nie. Andersins sal elke boer en sy familie soos in die voortrekkers se dae, hul wapens 24 uur van die dag by hul moet dra om hulself en ook hul werksmense te beskerm omdat selfs van die werkers soms vermoor word omdat hul op plase vir boere werk en gesien word as verraaiers. Die minagting van die regering teenoor die boere en ook hul stilswye (deur nie ‘n bohaai te maak) wanneer nog ‘n plaasmoord plaasgevind het nie, dui beslis op hul stille goedkeuring. Tragiese sy van hierdie hele situasie is die feit dat die regering liewer kos van China af sal invoer as om die boere wie die kos produseer, te beskerm.

Mariana ·

My persoonlike opinie is dat jeugdigesen andere geindoktrineer word deur swart leiers wie tydens hul byeenkomste klem daarop le dat wit boere die grond gesteel het en dat die grond teruggeneem sal word deur die swart gemeenskappe. Hulle sing ook opruiende liedjies wat aanklank vind by veral “jeugdiges” tussen die die ouderdomme van 18 en 35 jaar. So word ‘n saadjie geplant en haat gestook teen boere. Ja, die oortreders steel geld, wapens ens, maar die feit dat die boere en hul gesinne op wreedaardige wyse vermoor word, toon dat daar ‘n diepliggende haat teen die boere is. Die feit dat die regering destyds die kommandos ontbind het, (en niks in plek gestel het nie) was ‘n bewys dat die regering hierdie weerlose boere vir die wolwe (misdadigers) gegooi het omdat hul (die regering) blykbaar dieselfde voel oor die boere. Indien daar nie vinnig iets gedoen word nie, sal al die boere stelselmatig uitgeroei word totdat die, wat nie hul plase verlaat nie, almal uitgemoor is. Dalk sal die oplossing wees om fondse in die hande te kry en sekuriteitsmaatskappye te betaal in gebiede om die boere te beskerm, want as daar vir die regering gewag word, gaan niks gebeur nie. Andersins sal elke boer en sy familie soos in die voortrekkers se dae, hul wapens 24 uur van die dag by hul moet dra om hulself en ook hul werksmense te beskerm omdat selfs van die werkers soms vermoor word omdat hul op plase vir boere werk en gesien word as verraaiers. Die minagting van die regering teenoor die boere en ook hul stilswye (deur nie ‘n bohaai te maak) wanneer nog ‘n plaasmoord plaasgevind het nie, dui beslis op hul stille goedkeuring. Tragiese sy van hierdie hele situasie is die feit dat die regering liewer kos van China af sal invoer as om die boere wie die kos produseer, te beskerm.

Marietjie ·

17, 19 en 20 – en dis nou ons nuwe reënboognasie se jeug wat veronderstel is om spore te trap om Suid-Afrika ‘n sukses te maak. Maak my siek…., mag my tiener sy kop gebruik en groener weivelde weg van hierdie korrupte en moorddadige land gaan soek.

jakes ·

Niks sal gebeur terwyl No1 en sy gespuis die land regeer en besteel. Vir die’ 3- kort tou om nek op markplein.

debs ·

Ons moet begin bid dat die Here sal ingryp, want ons is magteloos

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.