Richmond-plaasmoorde: Drie swaar gestraf

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans en ‘n tiener is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis nadat hulle Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33) op hul plaas buite Richmond vermoor het.

Zamokuhle Maduna (19), Siphesihle Ngubane (20) en ‘n 17-jarige seun is almal tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moorde. Hulle is elkeen tot ‘n bykomende 15 jaar tronkstraf gevonnis vir gewapende roof.

Die verdediging het aangevoer dat die mans nie lewenslange tronkstraf moes kry nie aangesien hulle skuldig gepleit het. Waarnemende regter Louis Barnard het egter die versoek geïgnoreer aangesien die moorde en rooftog beplan was.

Eckard, Elizabeth en Lutz is in Maart 2014 herhaaldelik met ʼn skerp voorwerp gesteek, hul kele is afgesny en hul liggame is aan die brand gesteek nadat petrol oor hulle uitgegooi is.

Stefan het van Duitsland na Suid-Afrika gevlieg vir sy pa se 73ste verjaarsdag. Sy ma het hom op die lughawe gaan haal. Eckard is in die tyd vermoor.

Die mans het Elizabeth en Lutz by die huis ingewag. Lutz is voor sy ma doodgemaak. Elizabeth is vasgemaak en haar mond is toegestop voor sy met ‘n mes doodgesteek is.

Die Schütte-egpaar se ander seun, Stefan, het Dinsdag in die hof getuig dat hy ‘n week in ʼn psigiatriese hospitaal spandeer het ná sy ouers en broer gemartel en vermoor is. Stefan het getuig dat sy vrou en twee seuns ook sielkundige behandeling benodig het ná die moorde.

Lees ook:
Gesin getraumatiseer ná Richmond-plaasmoorde
Richmond-plaasmoorde: Man vir waarneming gestuur
Richmond-plaasmoord: Drie beken skuld op gru-moorde
Richmond-plaasmoorde: Vier weer in hof
Vier in hof oor Richmond-plaasmoorde
Verdagtes in hof vir Richmond-plaasmoorde
Polisiekommissaris “bly” oor arrestasies ná Richmond-plaasmoorde
AfriForum: ‘Gru-moorde kan toegeskryf word aan regering se stilswye’
Richmond-plaasmoorde: Oorledenes se name bekend
Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rita ·

Wat is swaar hieraan? Hierdie drie moordenaars gaan in relatiewe weelde in ‘n tronk lewe op belastingbetalers se swaarverdiende geld terwyl drie mense se lewens kortgeknip is. Regverdige swaar straf sou gewees het…’n oog vir ‘n oog…

George ·

Ek dink hulle verdien die dood straf plus 150 jaar . Die moorde moet stop gesit word en dit geld vir die drug smouse ook , hulle maak mense dood

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.