Richmond-plaasmoorde: Man vir waarneming gestuur

court-hammer_thumb‘n 19-jarige man wat skuldig bevind is aan die moorde op die Schütte-gesin op hul plaas in Richmond, KwaZulu-Natal is deur die hooggeregshof in Pietermaritzburg vir sielkundige waarneming gestuur.

Siphefihle Ngubane is deur waarnemende regter Louis Barnard vir sielkundige waarneming gestuur nadat sy regsverteenwoordiger aangedui het dat ‘n vorige verslag beweer dat hy aan ‘n geestelike toestand ly. Ngubane is na die Fort Napier-hospitaal in Pietermaritzburg verwys vir waarneming.

Ngubane, Zamukuhla Maduna (19) en ‘n 17-jarige seun is skuldig bevind aan die moorde op Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33). Lutz is na die plaas om sy pa se 77ste verjaarsdagpartytjie te vier.

Die drie mans het erken dat hulle op 1 Maart 2014 na die plaas Springvale naby Richmond is om die familie te beroof. Hulle het erken hulle het messe saamgevat om die slagoffers te vermoor sodat hulle nie uitgeken kan word nie.

Hulle het ook brandstof saamgeneem, “om enige bewyse wat ons aan die misdaad verbind” te vernietig en hul liggame aan die brand te steek.

Hulle is drie dae na die misdaad in hegtenis geneem.

Maduna wat vir Eckard gewerk het, het gesê hulle is met ʼn taxi van Pietermaritzburg na die plaas. Hy sê hulle het Schutte genader en voorgegee dat hulle hout wil koop. Die 17-jarige het Schütte in die skuur van agter gegryp, met hom geworstel en uiteindelik in die nek gesteek.

Die drie is toe na die plaashuis, maar Elizabeth was nie tuis nie. Hulle het probeer om ʼn kluis oop te breek, maar was onsuksesvol en het besluit om vir haar te wag, aangesien sy die kluis se sleutels gehad het.

Elizabeth en Lutz het by die huis opgedaag en hulle het haar gegryp en in die kop en nek gesteek. Hulle het haar toe na die hoofslaapkamer geneem waar hulle haar polse met kleefband vasgebind het voordat hulle haar keel afgesny het.

Hulle het die kontant en ander items gesteel en toe petrol oor die liggame uitgegooi voordat hulle aan die brand gesteek is.

Die drie het met Schütte se voertuig gevlug.

Lees ook:
Richmond-plaasmoord: Drie beken skuld op gru-moorde
Richmond-plaasmoorde: Vier weer in hof
Vier in hof oor Richmond-plaasmoorde
Verdagtes in hof vir Richmond-plaasmoorde
Polisiekommissaris “bly” oor arrestasies ná Richmond-plaasmoorde
AfriForum: ‘Gru-moorde kan toegeskryf word aan regering se stilswye’
Richmond-plaasmoorde: Oorledenes se name bekend
Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Says ·

So vroeg in die oggend en ek is al klaar naar. Is hierdie sielkundige waarnemings tendens nou die nuutste foefie om maar te moor, roof en te verkrag. Ingewortelde barbarisme is al by geboorte teenwoordig…

Christien Kruger ·

Die regter in die saak sou kon sien hierdie is fyn beplande en uitgewerkte barbaarse moorde op onskuldige plaas eienaars.
Om so iets te beplan en uit te voer kos intelegente dinkwerk en volgens my mening is so n persoon beslis nie geestelik versteur nie.
Om hom vir waarneming te stuur kos belastingbetalers geld, die gereg moet eerder sy gang gaan en die barbaar moet lewenslank uit die samelewing verwyder word.
Dit sou gepas wees om hom die doodstraf op te le, en die doodstraf moet heringestel word sodat die tipe moorde kan afneem.
Moordenaars soos hierdie se menseregte het meer waarde tans as slagoffers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.