Richmond-plaasmoorde: Vier weer in hof

OLYMPUS DIGITAL CAMERAVier mans het Woensdag in die Richmond-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn vir die moorde op Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33) op hul plaas Springfield.

Siphesihle Ngubane, Zamokuhle Maduna, Njabulo Zuma en die vierde beskuldigde sal weer op 19 Maart in die hof verskyn wanneer hulle moontlik om borg sal aansoek doen. Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die naam van die vierde verdagte kan nie bekend gemaak word nie aangesien hy minderjarig is. “Die borgaansoek het nie vandag voortgegaan nie aangesien die verdediging hulle siening oor borgtog heroorweeg.” Die verdagtes staan elk tereg op drie aanklagte van moord, een van huisroof en een van roof met verswarende omstandighede. Die vier word daarvan beskuldig dat hulle die Schüttes vermoedelik met ʼn panga en klippe aangerand het waarna hulle glo hul liggame aan die brand gesteek het. -SAPA

Lees ook:
Vier in hof oor Richmond-plaasmoorde
Verdagtes in hof vir Richmond-plaasmoorde
Polisiekommissaris “bly” oor arrestasies ná Richmond-plaasmoorde
AfriForum: ‘Gru-moorde kan toegeskryf word aan regering se stilswye’
Richmond-plaasmoorde: Oorledenes se name bekend
Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danielle ·

Ek bid dat daar nie borg toegestaan sal word nie. Hulle verdien nie eers die son wat oor hulle op kom nie.

Hans Onrust ·

Mannen met voorzeker een voor de hand liggende c.v. rijkelijk gevuld met kenmerkende ontwikkelende laaghartigheid.

Maar dat mag zo langzamerhand evenzo van het justitiële apparaat gezegd wat geen enkele positieve werking op voorkoming heeft en geen energieke vertrouwenswaardige houding uitstraalt, maar als een lappen pop verkreukeld in de hoek ligt.

Worden Duitse toeristen/staatsburgers inmiddels geïnformeerd door hun overheid inzake deze Plaasmoord industrie in het nuwe SA ? Daar ligt mogelijk een taak voor Boere organisaties en mensenrechtenorganisaties zodat er later niet kan worden ontkend op de hoogte te zijn geweest maar juist onbegrensde aansprakelijkheid en zware nalatigheid aan opzettelijkheid grensend kan worden voorgeworpen.
Waar nabestaanden en overlevenden doorheen gaan is verschrikkelijk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.