Soorte resepte:

Ricoffy, Frisco, Koffiehuis dalk nie meer koffie nie

Volgens nuwe konsepregulasies deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling kwalifiseer Ricoffy, Koffiehuis en Frisco nie as koffie nie, omdat dit nie aan die nodige kriteria van régte koffie voldoen nie.

Die departement het onlangs die eerste konsep van “regulasies wat verband hou met koffie, sigorei en verwante produkte wat in Suid-Afrika verkoop sal word” vir kommentaar beskikbaar gestel. Dit klassifiseer wat as koffie verkoop sal mag word.

Volgens dié konsepregulasies is daar verskillende kategorieë van koffie, sigorei en verwante produkte. Dít wissel van suiwer koffie tot suiwer sigorei, en sluit gemengde koffie en koffiemengsels in wat minstens 75% koffie moet wees.

In die kategorie vir “koffie-en-sigoreimengsels” moet die mengsel uit minstens 50% koffie bestaan en die kafeïeninhoud minstens 0,6% wees. Kitskoffie moet minstens 2,25% kafeïen bevat, terwyl kafeïenvrye koffie tot 0,32% kafeïen mag bevat.

Die konsepregulasies bepaal dat enigiets wat “koffie” genoem word geen kleurmiddels of geurmiddels mag bevat nie. Gemaalde koffie of koffiepoeier moet ook altyd die “eienskappe van koffie bevat”. Kitskoffie moet volgens dié konsep “binne 30 sekondes in kokende water kan oplos” terwyl dit geroer word.

Volgens Business Insider voldoen Koffiehuis, Ricoffy en Frisco nie aan dié vereistes van koffie nie.

Koffiehuis kan hiervolgens nie as koffie beskou word nie, omdat dit glukose bevat. Ricoffy en Frisco kwalifiseer aan die ander kant glad nie as koffie, ʼn koffiemengsel of ʼn koffie-en-sigoreimengsel nie, omdat dit slegs 25% koffie bevat.

Die publiek kan kommentaar lewer op die konsepregulasies tot einde September.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

Tineke ·

Dis geen wonder rickkoffie smaak so sleg nie. En dan betaal mens nog ten duurste daarvoor. Eerder ander soort koffie vir my.

Zettie ·

…….en Ricoffy is dan nou eintlik die enigste “ordentlike” koffie, sonder ‘n nasmaak, wat ek eintlik kan bekostig………..nou wat nou??????

Stuiwer ·

Zettie, dit klink darem nie of hulle dit van die mark wil afhaal nie, net anders klasifiseer. As jy daarvan hou, dan drink jy dit. Niemand kan jou daarvan weerhou nie, of hoe?

Cat de Klerk ·

Net soos jy daar se…. Keuses. Ek mis die dae van self koffie maal en dit kan niemand jou mee kul nie.

MT ·

Zettie, as dit dan laer geklasifiseer word moet die prys verminder. Mens betaal amper dieselfde vir Ricoffy as vir jou goedkoopste koffie.

Liz ·

Dis nou die grootste snert ooit hoeveel jare bestaan ricoffy en frisco al. Weer iemand wat niks het om te doen nie

Wielspore ·

Dit gebeur as iemand niks het om te doen, dink ‘n klomp nonsense uit.
Wat van roomys, dit word al lank al nie meer van room gemaak, Beef patty (Vark en honder) VW / Mercedes Duitse voertuie, onderdele waarvan die voertuig gebou word, word in Indie, Italie, Japan gemaak.
Kry ‘n stokperdjie!

Anton ·

Ek stem, en ons betaal nog boonop hulle salarisse, om in te meng in ons lewens.

Anton ·

Die vrye mark los outomaties al die probleme op. Elkeen koop wat hy wil teen die prys wat hy wil. Kry asseblief hierdie Marksiste uit ons lewens uit.

Anna ·

Koffie is n plant. Dis óf koffie óf nie. Roomys, ens is a samestelling van produkte – n resep, nie n plant nie.

Hierdie produkte was nog nooit koffie, net valse bemarking wat nou reggestel word.

Realis ·

Uiteindelik!! Daai goed was nog nooit koffie nie, verkoop dit vir wat dit is…plastiek koffie!

Winnie Stoppel ·

Ek gee nie om wat julle dit wil noem nie, solank dit net nog steeds beskikbaar is om te koop!

JP ·

Ek betaal eerder meer vir 100% kofee en drink eerder minder as om die kapitalistiese te verryk

Tammy ·

Ag nee word tog net wakker asseblief. Daar is belangriker goed in die vrot Suid Afrika, goed soos midaad, mediese dienste, ordentlike opvoeding en klomp misdadigers wat in skole sit, wat moet aandag kry!!!!!!!!!!!!!Los asseblief die koffie UIT. Daar is regtig mense wat van die genoemde koffies hou en dit is wat hulle kan bekostig omdat hulle NIE deel van staatskaping is of was nie. Ons het nie geld vir EGTE koffie nie. Word net wakker asseblief!!! DIE REGERING MOET NA PRIORITEITE KYK NIE NA NONSIES NIE…….. Spandeer julle tyd op posetiewe dinge……..

Elna ·

Baie dankie Tammy jy vat die woorde so reg uit my gedagtes uit ek stem 100% met jou saam . Almal se smaak verskil los asseblief ons koffie wat ons kan bekostig uit! Eks n Frisco fan ek hou nie van Riccoffee nie glad nie die smaak sit my af en dit maak my siek dit gee my dadelik n migrain waar Frisco koffie dit weer nie doen nie. Net my eie ervaring

Verslaafde ·

Elna, ek is met jou. Ek kan NIE Ricoffy drink nie, dit maak my siek. Frisco, die groen blik, is my beste roep.

Werner ·

Die storie gaan juis oor coffee. Jammer maar misdaad en misdadigers op skole is alles behalwe positief. Kom ons bly eerder net by die coffee tema want baie mense wil meer daaroor weet. Omdat die nou vir solank in die donker weg gesteek was. Al wanneer dit wel vir my ‘n probleem gaan stig is wanneer al die bestanddele wat by gevoeg word om die sogenaamde “koffie” te kan maak tot nadeel is vir ‘n mens.

Ella ·

@ Schaun: jy is so reg. Koffie, suiker, sout is taboe maar moord en doodslag en vernietiging van die land is maar ok!!
Hoe siek het ons regering geword?
Ek dink huil sal nie meer help.

goggaman ·

Uiteindelik kry hulle hul prioriteite reg!!! Die enigste ding wat belangriker as koffie is, is goeie sjokolade. Ongelukkig kan hierdie 3 produkte nie regtig as koffie geklassifiseer word nie – miskien n warm bruin drankie met n effense koffiebasis

KaterinaKat ·

My man is verslaaf aan koffie, ek drink so n paar koppies n week. Ons drink Alta Rica, Douwe Egberts, ens. Ons hou van goeie en sterk koffie. Dis duur maar dan eet ons maar baie min rooi vleis. Ons eet hoender 90% vd tyd, en baie pasta, Italiaanse geregte. Met alles wat so duur is moet mens maar opofferinge maak. Jy koop Hierdie ding, dan moet Daardie ding agterbly. As iets vir jou baie belangrik is, sal jy maar ander dinge uitsny om jou belangrike ding te bekostig. En vir my man is koffie, goeie kwaliteit koffie, die belangrikste ding wat in sy mond ingaan. Hy sou vir 2 weke vd maand van brood en spaghetti lewe om dit te bekostig:-))

Nika ·

wat het Ricoffy en tee in gemeen…. nie een van dit is koffie nie.

Ek weet baie mense hou van Ricoffy, ek aan die ander kant is n ‘coffee snob’ maar waarvan ek hou en waarvan iemand anders hou is nie dieselfde nie so wie gee nou rarig om of Ricoffy nie regte koffie is nie? Die regte koffie drinkers weet dit mos of hoe?

Retha ·

Los my Ricoffy uit. Beste ding since sliced bread en die toaster!!

Michelle ·

Mal oor Ricoffy en Frisco.
Gee nie om wat hul dit noem nie – kan brousel ook wees. Sal dit nogsteed koop en drink.
Die feit dat die kafeien min is – pas my ook goed.
Heerlik.

Magda ·

Stem 100% saam – kan geen ander koffie bekostig nie – nou die dag Jacobs gekoop en wat n slegte 80% koffie is dit nie – gedog sal dit net probeer want orals waar ek kom is dit “DIE” koffie *hopeloos te sterk vir my) – dankie maar nee dankie drink maar eerder Ricoffy / Frisco (Groen blik) Hou dit asb op die RAKKE.

Stof ·

Magda, dit is mos nog net die ou voorraad wat Jacobs heet? Die nuwe voorraad is mos nou Cyril’s?

Jan ·

Genigtig Magda, ek drink Jacobs, as dit tecsterk vir jou is gooi net bietjie minder in of voeg meer melk en water by, dis nie rocket science nie.

Penellope Jones ·

Ek het grootgeword met regte, sterk, koffiesak moerkoffie, sonder melk, soggens vroeg.
Ongelukkig is dit nou ‘n gesoek om die soort koffie te kry wat in ons ouerhuis gebruik was, so ek het oorgeslaan na koffiesakkies toe, maar nie Koffiehuis nie – dis baie flou.
Nescafe vir deur die dag – wederhelfte drink net tee.

Gogga ·

Nie almal kan die ander bekostig nie…ek is een van die wat moet vat wat goedkoopste is

Ann ·

Ek spaar baie geld wat koffie aanbetref. Drink al jare nie meer koffie. Ek word party x lus daarvoor maar dit maak my geweldig naar. My man drink net Jacob’s letterlik 3 bottles ‘n maand.

Ekke ·

Dan is Ricoffy .die gesondste om te drink.want Koffie is Dan so Ongesond… Ek moet sê Ricoffie .smaak nie meer soos n paar maande terug nie … Iets het verander.maar nog steeds gesonder as dit nie Koffie is nie.

Sekondeer ·

Ek steem heeltemal saam met “Ekke”. Ek drink ook net Ricoffy maar het ook agtergekom die laaste paar maande dat dit anders proe. Dis baie flouer ook. Een lepel was altyd voldoende maar nou moet ek twee ingooi om ‘n koffie smaak te kry…..

Koffie kapitaal ·

Ek geniet ‘n ordentlike koppie koffie en gelukkig is my koffie nie hier ter sake. Maar mense kyk na die goeie kant. Nou kan jy soveel van dit drink as jy wil en niemand kan se jy drink te veel koffie WANT jy drink eintlik nie koffie nie……….. lekker man lekker

Boervrou ·

Gelukkig pla koffie my glad nie..by ons raak die koffie hard in die blik..want ons as gesin drink nie baie koffie nie.

Nico K ·

Op ‘n stadium het hulle skoon sigorei bemark en ek was ‘n ywerige koper. Proe vir my soos koffie en het volgems my kennis geen kaffien. En toe verdwyn dit van die mark. Ek was seker die enigste een wat dit gekoop het. Maar ek is bly om uit te vind dat Riccofy ook net 20% koffie het. Ek sal dit nou verseker koop.

Francois le Cochon ·

Nerens of die Ricoffy verpakking se dit dat dit koffie is nie. Dit dui wel aan dat dit ‘n mengsel van koffie en sigorei is. As dit sleg was sou dit glad nie verkoop nie. Dit is soos musiek, as dit verkoop, dan het dit aanhangers, al hou ander mense nie daarvan nie. Mens noem dit vrye mark.

Genade Nee ·

Genade nee wie op hierdie aard drink nog Frisco? Ricoffy kan seker nog gaan maar behoede my. My koffie rekening in ‘n maand is astronomies maar dit is maar so. Die lewe is te kort vir slegte koffie.

Wilma ·

Stem volkome saam, ek spaar op ander plekke maar nie met my koffie nie!

Verslaafde ·

Ricoffy is gif. Frisco Strong is ñ baie lekker koffie. Ons koop graag ordentlike koffie as dit op special is.

Wit Muis ·

2 Koppies Jacobs Koffie met Nestlé Gold Cross Condensmelk is ‘n moet vir my om soggens aan die gang te kan kom! Sal die res van die brood eet, as dit moet, maar ordentlike koffie is ‘n moet……..

Koffie en ander drankies ·

Warm drankie mengsels is nie regte koffie nie. Egte koffie is veel duurder en van ‘n heel ander kwaliteit en is heeltemal anders in alle opsigte as daardie warm drankie mengsels. Mense drink waarvan hulle hou, aan gewood is en/of wat hulle kan beskostig.. Sommiges drink selfs whiskey wat hulle in die bargain basements koop saam met hulle warm drankie poeiermengsels en geniet hulle self gate uit. Dit is maar hoe dit is.

Dit beteken egter glad nie dat die egte koffie connoisseurs en kenners beter is as die nagemaakte poeier drinkendes nie.

Jähn Ployer ·

4-coffee, maar ons praat n klomp sigorei. Blik koffie = gemaalde sykouse.

Marinda ·

Regtig? Hoekom haal ons nie maar al die produkte van die rak af nie? Dan is daar mos nou niks meer oor nie.

Tersia ·

Lees die artikel. Dit word nie van die rakke afgeneem nie, dit word net herklassifiseer.

kolla ·

Ricoffy is die beste van hierdie 25% koffie cheapies. Die oorspronklike Frisco is gangbaar maar die diepgeroosterde Frisco in die groen blik is terrible.

kolla ·

Ek het nou die dag eers vir die eerste keer gegoogle wat sigorei nou eintlik is. Dis ‘n totaal ander plant wat se wortels gebruik word, niks met koffie te doen nie alhoewel dit saangegooi word met regte koffie vir die cheapie koffie produkte omdat dit effens soos regte koffie smaak (net baie bitterder).

Andy ·

Ek drink Frisco al van die 80’s af en daar is niks fout daarmee nie- gee nie om in watter kategorie hulle dit plaas nie. Almal se smaak versil.

m ·

Interesant Kolla, gin wonder die Ricoffy het ons nooit wakker gehou as studente nie, ongelukkig was dit al wat ons kon bekostig!!

kolla ·

Ja en sigorei was blykbaar in ‘n stadium verskriklik gewild (baie gewilder as koffie) soveel so dat hulle nie kon byhou met verbouing nie en dit te skaars en te duur geword het om te gebruik. Dis blykbaar ook baie gesonder as koffie.

Judge Dredd ·

Nou moet hulle net nog bepaal wat kokende water se waarde is aangesien water teen laer temperature kook hoe hoer bo seevlak mens is.

Sonja ·

Coffee gets me started, but God keeps me going. Ek is seker Noag het ook Ricofy gedrink, en nou na al die jare moet ons nou dit hoor…. Wat maak dit saak, gee die mense wat hulle wil drink, of dit Ricofy, Jacobs, Nescafe, Moccano, Gloria Jean of wat ook al is, gee die wat koffie like net hul flavour. We have 99 problems, but coffee ain’t one of them. You can’t buy happiness, but you can buy coffee. Kom ons almal lig n beker en drink op ons koffie… soos die wat drank drink nou sou sê, maar kom ons doen dit met ons gunsteling koffie.

c_me ·

Net so vir interessantheid, al hierdie “no name” brand koffies bevat almal arseen. Nou nie genoeg om jou met 1 koppie iets aan te doen nie, maar as jy oor tydperk van 60+jaar dit drink, is dit beslis nie goed vir jou nie. Koffie soos Jacobs/Egbert/Nestle bevat zero Arseen.

Chris ·

Wel, hoop hul toets die ‘goedkoper’ Nescafe wat in poeiervorm nou verkoop word ook, dis vrek sleg.

Doris ·

Chris stem nog al met jou saam dit is net stink en vrot soos Frisco.

Boon in die bos ·

Uiteindelik!

Vir dekades lieg maarskappye vir ons oor produkinhoud en ons moet dit gelate opeet (of drink) terwyl hulle bank toe lag.

A-nee-a!

KrokodilBotha ·

Ook maar vervelig om die selde koffie oor en oor te drink. Nikotien en koffie beat karton ontbyt pap met tee.

Boet Fasie ·

Het die regering niks beter om te doen nie, of het iemand nou weer aandele in ‘n ander koffie produk gekoop nou wil hulle Ricoffy van die rakke afkry.

kolla ·

Nee man, die produk bly op die rakke maar die regering gaan nou ‘m stokkie steek voor die maatskappye se oneerlike advertering. Ons as verbruikers word eintlik nou beter beskerm. Dis ‘n goeie ding en tot ons voordeel as verbruikers.

Rubber ·

Raad. Koop Ricoffy meng dan een blik met een blik gemaalde koffiebone. Drink dan regte koffie met laer prys. Dis al jare so. Al verskil is dit word nou op skrif geplaas en regte koffie gaan nou twee maal duurder wees vandat jy uitgevind het jy drink sigorei.

kolla ·

Daai konkoksie gaan steeds net 62% koffie wees. Maar dalk nie ‘n slegte idee nie. Hoeveel kos gemaalde koffiebone?

Rouaan Jewaskiewitz ·

En dan vra hulle nog so duur vir die gemors ook,Ricoffy wat net 25% koffie bevat kos amper R80,dis duurder as suiwer koffie soos jacobs,nescafe etc,hulle moet maar kyk kan hulle daai pryse laat sak,ek sal skat die gemors produk wat hulle verkoop moet so R15 ‘n blik kos,want dit is wat dit werd is,ek koop in elk geval nie meer Ricoffy nie,reeds oor daai rede,dis duur en onsmaaklik,hulle kan self daai gemors op suip.

Blommie ·

Ek wens ons kan weer Trekker koffie kry. Het dit altyd met ‘n kan en sakkie gemaak. Sal ook nie omgee om weer 11’o clock rooibos tee op die winkel rakke te sien nie.

LINDA ·

MAAK DIT REGTIG SAAK OF DIT NOU KOFFIE OF NIE IS .. ONS GAAN DIT NOGSTEEDS DRINK AL DAN NIE

Twaksak ·

Drink wat jy wil. Moet net nie jou rook op my kom blaas nie. Verpes rook en mense wat hul met twak ophou.

aj ·

Mense wat suiker en melk by koffie gooi verander in elk geval die ware smaak van koffie. Kan net sowel die koffie vervang met grond! … ha … ha…

Koffie is koffie …. nie allerhande mengsels nie!

Herman Toerien ·

Daar was die skaars tye in die Namakwaland in wat onse mense gat vir koffie gedrink het. Dis van die Witgatwortel gemaak. En sterk … die lepeltjie in die kommetjie het glo sommer so staarag omgekantel. En boonop sonder bies (melk). Ai, en kom &*^%$r ‘n brommer in die speuletjie in, en jy skiet dit by die venster uit, dan klou dit so aan die komemtjie vas, jy lôp staan en sit met die stingeltjie soos die kommetjie saam met die gat buitentoe verkas. Ek dink nie koffie en sigorei kan ‘n lappie tuin so dooi maak soos ‘n leksel gat nie – tot blommetyd. Dan lyk dit of die speuletjie gesteroid gewies het.

Johan ·

Die land brand en gaan ten gronde en hulle worry oor koffie…….

JK ·

Johan jy is so reg. Die land brand af, alles is verkeerd en deurmekaar maar hulle worry oor wat in koffie is

Lood Kurkprop ·

Barbizon gemaalde koffie bone ( 4 tipe bone gemeng) net vir my, saam WynnWith volroom melk en Huletts Treacle Sugar…geen water…..dis die beste suiwer koffie…hierdie ander wortel-koffie (sigorei) is vir die mense wat nie kan regte koffie drink nie want dit is te “sterk”(hahaha)…dis soos vape vir mense wat wil maak of hulle rook…..dis soos maalvleis ertjies en borrie vir mense wat maak asof hulle kastig kerrie kan eet(maar bang dit brand te veel soos n peppermint lekkertjie)…….grow up.

Heksie ·

En hoekom is dit nou nuus? maar anyway, dis hoogtyd dat iemand dit raaksien, want daar al3 hierdie “koffies” smaak aaklig!

Leon ·

Ek probeer my bes om nie die “plastiek koffies” te drink nie.
Ek bly maar by my een behoorlike beker moer-koffie per dag, en die res is rooibos tee. As ons gaan kamp, is dit regte moerkoffie in ‘n sak wat trek op die oop vuur, vroeg soggens. Kyk hoe water ons kamp mense se bekke darem nou!!

Betty ·

Ek drink nie een van die koffies nie, en dan is aldrie koffies ook so duur.
Maar sodra jy new approved op enige iets sien ondersoek dit. alles word net al hoe swakker gemaak. en meer ag gewater

J ·

As jy jou eie barista masjien het tel Nescafé en Jacobs ook nie as koffie nie.

kolla ·

So terloops – metode vir geurigste kitskoffie. Los eers koffie op in klein bietjie koue melk of koue water voor warm water toegevoeg word. Dis ook nie ‘n goeie idee om die water heeltemal tot kookpunt te bring nie.

Cherokee ·

Ek gun myself ‘n bederf met ‘n beker koffie. Jacobs Kronung is flou en smaak nie lekker nie. Ek drink Douwe Egberts, die koffie moet afgekoel wees sodat ‘n beker koffie eenmalig weggeslaan kan word, en wat ‘n heerlikheid!

Jan ·

So baie redekabel oor plastiek koffie. Los die goed en gaan kry vir jou Koffiehuis se pronto bags. Dis so R35-R38 vir 48 sakkies……..Ann there is no more cremora i the refrigerator….in not inside it’s on top…… It’s not inside it’s ooooooooooooon top.

A Mac ·

Om te koffie of nie te koffie nie is nou nie my probleem nie. Wat ek egter moeilik vind om te verstaan is dat hierdie produkte al jare der jare ‘n huishoudelike naam in miljoene huise is – waarom dan nou probleme met dit soek? Die land is besig om te brand, daar is mense wat saans honger gaan slaap, geweld teenoor mede-burgers is eerder die norm as uitsondering, en so kan mens aangaan, en hier word ure, dae, maande se geld, tyd en energie gemors op ‘n blik koffie. Is dit net ek wat hierdie koffie-sage niksseggend vind?

Cherokee ·

Is ook net jy wat jou steur aan iets wat jy niksseggend vind. Blaai verby na ‘n berig wat jou interesseer. Die koffiedrinkers het die debat geniet.

Dorothy ·

Ek soek Jan van Riebeeck koffie. Hy het sy een oog so geknip op die koffie blik. Ek mis Jan van Riebeeck koffie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.