ʼn Video van Ouma Grietjie se weergawe van Lekker ou Jan volg onderaan die berig.
Ouma Grietjie Adams, oftewel Ta’ Grietjie van Garies wat bekendheid verwerf het vir haar weergawe van dis ʼn Lekker ou Jan, is Dinsdagaand in die ouderdom van 87 in die Bergsig-ouetehuis op Springbok oorlede. Sy is vermoedelik weens ouderdomverwante kwale dood.
Sy word beskryf as ‘n ikoon vir Garies in die Noord-Kaap, as gevolg van die manier hoe sy selfs op ‘n hoë ouderdom mense van die omgewing met haar sang en deelname aan rieldanse inspireer het. Sy het in 2006 ʼn toekenning van die instituut van justisie en rekonsiliasie ontvang vir die versoeningswerk wat sy in haar gemeenskap gedoen het. Sy word beskryf as ʼn “baie energieke persoon wat lekker kon sing en die riel kon dans”.
Elias P Nel, wat die ATKV se jaarlikse rieldanskompetisie reël, het Woensdag aan Maroela Media gesê “Ouma Grietjie” se heengaan gaan ʼn groot leemte laat. “Haar sterfte is ʼn groot verlies vir die Afrikaanse kultuur. Ouma Grietjie het ʼn geweldige herlewing in Afrikaans tot gevolg gehad met haar weergawes van Afrikaanse volksliedjies.”
Die sanger en aktivis Steve Hofmeyr het Dinsdagaand op Twitter geskryf: “Tannie Grietjie van Garies sopas oorlede. Maar ou Jan sal vir ons lekker bly vir altyd. Goed rus kleine lady. Jy was ons almal se ouma.”
http://youtu.be/OufKm_KqhoE
Totsiens Grietjie, hoop jy en ou Jan hou lekker paartie in die Hemel, sterkte aan die familie.
Mama Grietjie, my hart bloei om van jou sterfte te verneem. Wat ‘n verlies vir ons mooie Afrikaans, die taal van die Siel. Ek dank die Here vir jou lewe, Rus in Vrede My Mama, my ouma het jou ook lief xoxo. Bertha – Klaasen De Bruyn 1926-2012
my ouma mag u siel in vrede rus…leker ou Jan sal altyd lekker wees …kan net die Here se dankie dat Hy iemand soos U aan ons geleen het…rus in vrede my oums <3
Ouma – ……. wat kan n mens sê? Haar stem is stil en haar glimlag is weg, maar ons voel so seer. Dankie vir jou bydrae tot Afrikaans en menswees. ‘n Mens kan nie anders om jou net lief te hê vir altyd. xxx
die engele sal die riel dans en die orkes sal lekker ou jan speel.rus in groot vrede
die engel sal die riel dans en die orkes sal lekker ou jan speel.rus in groot vrede,ou moeder.
Ouma soos ‘n weerligstraal het jy gekom en bekendheid verwerf vir jou rieldans en veral u Lekker Ou Jan. Ouma het in baie van ons se harte gekruip. Ouma het ons laat oormekaar bel want Ouma Grietjie is op TV. Ouma c stem is stil. En u sitplek is leeg. Mag u siel in vrede rus. Alle sterkte aan die familie wat die gevoelige verlies gely het. Ons het almal groot verloor.
Ons gaan jou mis Tant Grietjie – niemand kon “Lekker Ou Jan” beter sing nie!
Dit is n groot verlies. Mag sy in vrede rus!