Rietvlei se leeus grusaam gestroop

Maroela Media het die foto verbloem weens die grafiese aard daarvan. (Foto: Verskaf)

WAARSKUWING: Die foto’s in die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Vier leeus is Donderdagaand grusaam by die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria van kant gemaak.

Dana Wannenburg, lid van die burgemeesterskomitee vir omgewings- en landboubestuur, sê bewaarders het Vrydag vroegoggend op vier geskende leeukarkasse in ʼn kamp in die reservaat afgekom. Die diere se kake en pote is verwyder.

Volgens Wannenburg is die polisie na die reservaat ontbied en ʼn veediefstaleenheid is ontplooi.

“Hoewel die ondersoek in ’n vroeë stadium is, lyk dit asof die leeus vergiftig is en dat die liggaamsdele verwyder is vir moetie-doeleindes,” sê Wannenburg.

Die karkasse is nou na Onderstepoort geneem vir gedetailleerde ontleding.

Wannenburg sê dié gru-vonds is ʼn hartseer dag vir Tshwane. “Rietvlei se leeus was die trots van Tshwane en ʼn groot toeriste-aantreklikheid. Hul verlies sal nog vir baie jare gevoel word.

“Hierdie wrede daad sal nie ongestraf bly nie en die amptenare van die Tshwane-bewaringseenheid, die SAPD en die nasionale en provinsiale departemente sal onverpoosd werk om die oortreders te identifiseer en in hegtenis te neem,” sê Wannenburg.

Die vorige hooffoto is vervang aangesien dit misleidend was. Maroela Media vra om verskoning vir die oorsig. -RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johan ·

Destroy , rape , murder , loot……when is this going to stop???? I have no more words….cry the beloved country!!!!!

Francois ·

DIt is n baie hartseer dag ,die wreedheid hieraan verbonde kan nie beskryf word nie. Die personeel gaan nog lank hier die dag onthou.

Johan ·

Verskriklik…! Tot leeus is nie meer veilig in ons “demokrasie” nie…

Johan ·

Ai, lyk my dink die arme leeus was nog veilig in Pretoria, maar nie in “tswhane” nie…

HPV ·

So plunder hulle voort, alles moet eenvoudig vernietig word want daar is geen môre nie.

Elvira ·

Kyk net hoe maer is die leeu op die foto. Wat gaan in hierdie land aan?? Genoeg is genoehg

Cherokee ·

Dìt mede lesers, is Afrika. Geen mededeelsaamheid, geen diereliefde, geen besorgdheid, geen bewaring, geen sig op wat groter as slegs nòu en ‘n moontlike klompie geld vir môre en oormôre en nêvermaaind daarna. Stem DA, stem ANC, stem EFF, stem vir justfornow@buggertommorow, stem sonder waardering… òf stem met jou hoof gebuig aanbidding en waardering tot die Skepper van elke enkele skepsel.

jean ·

Bly jy het dit ook raak gesien!…. Was daar werklik niemand wat kon sien hoe uitgeteer die arme diere was nie?

Hendrik ·

Die leeus op voorbladfoto beslis nie Rietvlei se leeus. Maroela media behoort perspektief te gee sodat lesers nie verkeerde afleidings maak.

Net So ·

@ J – stem saam met jou! Die arme leeu is brandmaer!! Dis verskriklik.

Tania Heyns ·

Dagsê lesers

Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die hooffoto was bloot ‘n argieffoto en nié die Rietvlei-natuurreservaat se leeus nie. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania Heyns nms Maroela Media

Vlam ·

Maroela media behoort hulle te skaam vir die foto wat hulle opgesit het vir sensasie, daai foto van die brand maer leeus is glad nie ‘n foto vd Rietvlei leeus nie. Skande.. Julle maak julle self ongeloofwaardig.

Francois ·

RIETVLEI SE LEEUS IS GESOND EN GLAD NIE MAER NIE DIT WYS MAAR NET DAT ONS MENSE ALTYD SLEG IN ALLES EN ALMAL RAAK SIEN. Julle weet absoluut niks van diere af nie of is jul ewe skielik almal gekwalifiseerde natuurbewaarders.

Francois ·

DIE LEEUS KRY MEER KOS IN EEN WEEK AS WAT JULLE IN MAANDE EET.

Christa ·

Teleurgesteld in Maroela Media se valse beriggewing.
Dit maak jul ongeloofwaardig!!! Hoe word sulke skade reggestel ????????

Dassie ·

Nou is almal weer op hol oor die foto, wat gebeur het is nou klaar vergete…

Ilse ·

Watter veiligheidsmaatreels was daar vir die leeus se beskerming, veral wanneer mens in ag neem dat hulle beskou is as ‘n aanwins en toeristebate vir Tshwane? ( en ons almal wat omgee! )
Stropery is so algemeen hulle moes tog as ‘n teiken geag word.

Francois ·

Ek kan sien dat die mense sommer en lekker twak praat, om die Leeus aan te hou beteken dat daar n permit moet wees met n jaarliks inspeksie deur DGARD wat onder andere na die veiligheid van die Leeus en elektrisi heining kyk.

RONEL ·

Dis hartseer dat die mensdom tot hierdie lae vlak gedaal het. Gn wonder ek is meer lief vir diere as die mens nie. Geen respek vir dié spesie nie. Meeste mense is net suurstof diewe.

Johan ·

My arme land is vernietig!!! Waar moet ek gaan om weg te kom van die euwel???

Johanna Botha ·

Hulle het die renosters ook by rietvlei vermoor …maar die mense daar leer nie !

Ella ·

Ek wil weet hoekom was daar nie beter beskerming vir die leeus ín Rietvlei. Almal weet dat leeus enige tyd gestroop kan word.
Renosters het ook al deurgeloop in Rietvlei.
Dit is waar: mense sonder gewete sal alles tot niet maak want hulle verstaan nie van natuurbewaring en hulle gee ook niks om daarvoor.
Sover ek weet is Tswane die middestad van Pretoria. Die hele plek is nie Tswane nie. Tswane bestaan nie vir my nie.

Francois ·

Weet jy watter veiligheid maatreels word verlang om die LEEUS aan te hou. WEET jy wat in plek is. INDIEN NIE bly still julle weet nie een waarvan julle praat nie

Jana ·

Ons bly naby die reservaat. Soms in die nag het die leeus kliphard gebrul!! Ons het altyd by almal gespog dat ons nie wildtuin toe hoef te gaan om leeus te hoor brul nie. Hierdie is ontsettend hartseer. Mens voel magteloos kwaad. Wat gaan aan met mense!!? Natuurlik was daar gereken dat die leeus nie opgepas hoef te word nie want hulle sal jou eerder opvreet, maar mense wat alles wil verwoes wat lewe kry blykbaar altyd ‘n manier…

Fanie ·

Jana
Ons is hier na Grootfontein se kant toe – ek gaan die gebrul mis
Ons was nou die dag met ons seun daar – die mooiste fotos en herhinderinge…
en nou is dit as

Rina ·

Muti so naar vir al die slagtings vir muti. Die kultuuur …. arme leeus … . Hoop jul wat dit gedoen het kry die gifdampe …. vieslik

Francois ·

Dit is vir my hartseer dat die mense so vinnig oordeel, en dan ook sommer oral fout wil vind. Die ouens wat die Leeus geslag het moet skuld dra en kry. Rietvlei se leeukamp is gedurende Oktober deur DGARD goedgekeur en permit uitgereik. WYS MY EEN PLEK WAAR VEILIGHEIDSMAATREELS IN PLEK IS EN N BOEF NIE KAN IN KOM NIE. ONS MAAK DIT NET MOEILIKER MAAR HUL KOM IN.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.