Right2Know: ‘Hlaudi en Muthambi moet gaan’

Faith Muthambi. Foto: GCIS

Faith Muthambi. Foto: GCIS

Die Right2Know (R2K)-veldtog het die SAUK se raadsvoorsitter en uitvoerende bestuur daarvan beskuldig dat hulle probeer om die ondersoek na die bevoegdheid van die SAUK-raad te ontspoor.

Maroela Media het vroeër berig ʼn dagvaarding is vir die voorsitter van die SAUK-raad, Mbulaheni Maguvhe, uitgereik om voor die ad hoc-komitee te verskyn wat aangestel is om die bevoegdheid van die raad te ondersoek. Maguvhe het Woensdag uit die sitting van die komitee gestap en Donderdag nie weer opgedaag om komiteelede se vrae te beantwoord nie.

Die SAUK-bestuur het ook geweier om dokumente wat betrekking het op die ondersoek aan die komitee te verskaf, omdat die uitsaaier beweer het dit is “kommersieël sensitief” en sommige van die dokumente het weggeraak.

R2K het in ʼn verklaring gesê dit is geen wonder Maguvhe en ander lede van die SAUK-bestuur het uit die sitting gestap nie, aangesien verskeie getuies “skokkende voorbeelde van wanbestuur, bedrog en politieke inmenging by die SAUK” aan die lig gebring het.

“Die vlak van inmenging deur Faith Muthambi, [minister van kommunikasie], is geopenbaar toe Vusi Mavuso, voormalige uitvoerende hoof, getuig het hoe die minister Hlaudi Motsoeneng se onwettige aanstelling op die raad deurgedruk het. Sy het getuig hoe sy dreigemente van SAUK-personeel ontvang het omdat sy voor die komitee verskyn en hoe sy geteister en geboelie word deur Motsoeneng. In die lig van wat met die SAUK8 gebeur het, is dit net ʼn bewys van hoe ver die mafia-taktieke in die SAUK ingesypel het onder Hlaudi se mag,” lui die verklaring.

R2K sal Woensdag sy voorlegging aan die komitee lewer en weereens beklemtoon die openbare uitsaaier moet onafhanklik, geloofwaardig en goed bestuur word. “Die eenmanraad moet ontbind word. Hlaudi moet gaan. Faith Muthambi moet afgedank word omdat sy die onafhanklikheid van die openbare uitsaaier ondermyn. En van daar af kan Suid-Afrika begin om ʼn ware openbare uitsaaier te bou, wat die behoeftes van die mense dien.”

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

piet ·

Geen wonder multichoice verhoog net sa decodeerders volgens rapport kry hlaudi 30 miljoen om multichoice te bevoordeel

Jan ·

Maar ons weet mos van die begin af dat sy die poppemeester is. Dis maar ‘n kort lyntjie, Zuma, Faith, Glaudi.

Tambotie Orpen ·

Weg met sulke misdadigers . Waar gaan dinge heen ???. Verrot .

Rabes ·

Di’s ongeloofwaardig om elke dag te lees oor al die bedrog wat in die land aangaan. Ek wonder is daar enige eerlike mense in beheer oor. Almal kan nie korrup wees nie.

Kobus ·

In die Parlement?Dalk n handjievol…totdat my vertroue daar ook tot n val kom met nog korrupsie aantygings teen wie ek nog vertrou

Jaco ·

Ek stem nie saam nie, hulle moet nie net van hulle poste verwyder word en afbetaal word nie, maar hulle moet die volle gereg ervaar en tronk toe gestuur word vir dade. Dis die enigste manier hoe die skurke en ander korrupte kaders gaan begin sien dat jy nie net kan geld steel soos jy wil en weg kom daarmee nie!

al ·

Hlaudi is n legend in his own mind en wat die minister betref sy is onbevoeg

Alfonso ·

Hlaudi en sy minister is maar net nóg voorbeelde van die verrotte regstellende aksie beleid van die ANC regering. Totaal onaanvaarbaar.

John ·

Hoekom word die voorsitter van die SAUK-raad nie van naderby bekyk nie. Hy is arrogant verby. As hy nie kon sien wat aangaan nie en alles toegelaat het, is hy nie bekwaam genoeg vir die pos nie. Hy moes die afdankings en aanstellings tog bekragtig het en sekerlik tog ‘n goeie verhouding he met die minister om vol te hou met sy standpunt van onaantasbaarheid… of is hy ook onsigbaar?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.