Riglyne vir wettige dagga saamgestel

Argieffoto

Argieffoto

Die medisynebeheerraad sal riglyne bekendmaak waaronder dagga voortaan wettig gekweek mag word vir medisinale en navorsingsdoeleindes.

Dr J Gouws, die medisyneregistrateur van die medisynebeheerraad, het gesê ná berigte in die media dat die beheerraad die gebruik van dagga vir medisinale doeleindes gemagtig het, het die persepsie ontstaan dat dié raad nou lisensies uitreik aan mense om dagga te kweek en te verbou.

“Die medisynebeheerraad wil dit duidelik maak dat dit nie die geval is nie; geen lisensies word in die stadium uitgereik nie. Die raad is nog besig om ʼn baie fyn en noukeurige raamwerk op te stel waarbinne lisensies vir die groei en verbouing van dagga vir medisinale doeleindes uitgereik sal word,” het Gouws gesê.

“Ons bevestig dat dagga steeds onwettig is, dit is dus onwettig om dit te vervaardig, in jou besit te hê, te gebruik of te verkoop vir medisinale of nie-medisinale doeleindes sonder die nodige toestemming van die direkteur-generaal van gesondheid,” het Gouws verduidelik.

Volgens Gouws maak die Medisynewet voorsiening daarvoor dat pasiënte toegang het tot geregistreerde medisyne en in uitsonderlike gevalle tot ongeregistreerde medisyne. Dagga is tans ʼn skedule sewe middel en dus is dit onwettig om dit in jou besit te hê.

“Tot op hede het die raad een medisinale middel geregistreer wat cannabinoïden bevat en dié middel as ʼn skedule ses produk geklassifiseer, dus is dit moontlik om die middel wettig te besit mits jy dit met voorskrif van ʼn mediese dokter in die hande kry,” het Gouws gesê.

Die wetsontwerp om dagga vir medisinale doeleindes te wettig is tans voor die parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid. Die medisynebeheerraad se riglyne sal voortaan beskikbaar wees vir kommentaar van die publiek. Sodra die wetsontwerp goedgekeur is en die nodige riglyne gevolg word sal ʼn lid van die publiek kan aansoek doen om dagga te kweek.

Die raad moet nog met die departement van landbou, bosbou en visserye konsulteer om die vereistes soos die kwaliteit van die grond, die saad se kwaliteit en die verskillende kultivars te bespreek. “Wanneer ons dit in ag neem sal die riglyne en aansoekvorms waarskynlik later vanjaar beskikbaar wees,” het Gouws laat hoor.

Die wetsontwerp is voorgestel deur die IVP-LP Mario Ambrosini, wat in 2014 aan kanker dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johann ·

Hierdie saak wys maar net weereens hoeveel veld wen die satan, huwelike van die selfde geslag, rede vir dwelms, wat is volgende?

Annatjie ·

Nee Johan ek stem nie saam nie. Omtrent al die dwelms wat vandag misbruik word was in die vorige eeue as medisyne gebruik. Weereens het die mens dit wat veronderstel was om te genees vir iets heeltemal anders misbruik.

Chewy ·

Nee Johann, ek stem ook nie saam nie. Jy is seker tog bewus daarvan dat hierdie “dwelm” n plant is wat deur God geskape is. Dit het niks met satan te doen nie.

Hasie ·

Ag asseblief. Ek worry veel meer oor mens wat drank suip om dronk te word as mense wat dagga olie gebruik omdat hulle siek is.

Duineboer ·

Ek stem nie saam nie. Ons met dagga volledig wettig. Alkohol is ook ‘n verdowingsmiddel. Dit sal die hele industrie van bendes ‘n knou gee. Beheer net soos vir alkohol.

Nellie ·

Daar is soveel mense wat dagga kweek om die olie te onttrek, sonder enige kennis oor hoe om dit te doen, ens. Wees asb. baie baie baie versigtig as jy dagga olie by iemand koop – dit kan baie ernstige nagevolge inhou vir jou gesondheid.
Hopelik, in die nabye toekoms, sal die riglyne help om die produkte op die mark se veiligheid te waarborg.

Ano ·

Nellie, het jy ‘n slegte ervaring gehad? Uh uh dis dieselfde of jy koop dagga op straat by Nigeriers. Natuurlik sal dit nie die odentlike produk wees nie. Doen jou navorsing ordentlik en glo my – jy sal nooit weer schedule 5+ pharmaseutise middels gebruik nie. En daar is GEEN nagevolge vir jou gesondheid nie (behalwe pyn beheer en baie beter word). Moral of the story? MOENIE op die straathoek olie koop nie.

Andre ·

Ek glo nie n daggaplant kan met satan ens. ens. vergelyk word nie.So ook nie n bottle wyn nie.Die probleem by die gebruiker daarvan.
As dit werk,en volgens baie mense wel,kan hulle dit maar wettig.
Dis eintlik nie nodig dat department van landbou die plant se vereistes ondersoek nie ,hy groei op enige grond met min water

Wanda ·

Ek stem so saam Johann, ons voorouers sal in hulle grafte omdraai met al hierdie duiwelse wette wat so gereverdig word. Dan vra almal hoekom word ons so gestraf wat gaan aan in ons land? Kyk net om jou en jy sal jou antwoord vinnig kry.

Henry ·

Daar is geen wet teen drank of sigarette wat miljoene mense se lewens verwoes nie, dagga was onwettig verklaar omdat dit met die katoen mark gekompeteer het in die vorige eeu en as n dwelmmiddel geklasifiseer , ons slim voorouers het dit vir medisyne gebruik ,JA oupa grootjie het sy pypie gemaak ,die bybel praat van dagga in exodus 30 , mense gaan nie dood van dagga nie en net die teendeel ,mense word gesond van kanker en alle soort siektes met daggaolie ,hoekom is dit onwettig?

Karin ·

Wanda, dagga red ongelooflik baie mense se lewens en dit is hartseer dat mense dit tans onwettig moet gebruik om net te kan lewe en nie vasgekluister lê in ‘n bed vir maande weens pyn en siekte nie…bid dat jy of een van jou kinders nooit daardeur hoef te gaan nie. Dagga red lewens. Suiker verwoes meer lewens om nie eers te praat van sigarette ens nie…

Johann ·

So wat is volgende? Wat nog om soveel as moontlik van die populistiese politiekery se stemme te “koop”? Intussen word my sg reg tot assosiasie of dis-assosiasie eenvoudug onder n mat van verskonings gevee? Ek MOET ander se keuses aanvaar as deel van die wye samelewing se “aanvaarbaar”. Durf ek verskil…my eie mening het; is ek rassisties; homofobies; zenofobies; n boelie; ver regs of ver links; etc etc etc. Jan van Rieveeck; Apartheid gesind;;;;;;;;;; En so ruk die ANC se “revolusionere” siening die hoender se gwar deur sy eie neus! Wel…hierdie “individu” is deel van n paar “saamdenkendes” wat goed deHOENNER in raak vir ALS wat bloot onder die versukelde verskoning van “demokrasie” regverdig word. Mens spel die growiende beweging die VERENIGING VAN GATVOL burgers!

Elisabeth ·

Dis ‘n sekere spesie van die plant groep wat die brein help om pyn onderbeheer te bring. Dus sterker/beter as die ander wat op die mark tans is. Maar met soos die ander medisyne is daar risiko’s wat van geval tot geval moet oorweeg word as ‘n Dr dit sou voorskryf wettiglik in die toekoms.

Dis evolusie in wetenskap – chemie en farmaseutiese. Inderdaad Mario Ambrosini ‘n kanker patiënt wat baie lyding [pyn] ondervind het.

Kom ons benader dit op ‘n akademiese wyse i.p.v. satan, duiwels ens.

Johann ·

Dis assof ek elke dag die teenoorgestelde lees van “en laat kom ons NIE in die VERSOEKING….MAAR VERLOS ons van die BOSE”…? Volgende gaan daar sekwr n WAARSKUWING en GEBRUIKS RUGLYN op die verpakking wees soos met drank? Gebruik verandwoordelik….ja shure! Maar net NOG n waenhuis deur die “bose” oop maak vir versoeking om rondom ons te baljaar. MAROELA: enige manier wat julle vir ons n platvorm kan skep om teen die wetgewing te staan? PETISIE?

Anoniem ·

Sjoe maar di man is omgekrap ken nie die daggaolie nie MAAR weet wel daar word al jare navorsing gedoen ivm mediese doeleindes vir menslike gebruik.
Ons is almal mense besit geringe wysheid genoeg om aan te gaan, maar as paar persone die wysheid het om siekte te genees of pyn te verlig met daggaolie dink ek hulle is reg
Dit gaan in elk geval baie duur wees…….

botterblommetjie ·

Is dit onwettig om ‘n skedule 7 medisyne by jou te hê?

Ano ·

Nee botterblommetjie – ek het ‘n hele kas vol! MET die regering en dr se toestemming! Ek sal vir die res van my lewe baklei vir die gebruik van MEDIESE cannabis olie.

Johan, gaan stig jou eie platvorm en kyk hoe ver kom jy!

Susan ·

Stem 100% saam met jou Ano, ek dink rerig dis vir elke persoon om self te besluit of hy/sy cannabis vir siekte toestande/kwale wil gebruik.
Wettig dit asb, sodat die wat dit vir siekte wil gebruik(in die geval my pa), sal weet waar om dit te kry.

Johann ·

Van al die plante in die tuin mag julle vry eet, maar van die sekeres wat uitgewys is nie, en toe het die duiwel net so baie slim praatjies soos ek nou van gelees het en toe,

Johann ·

Die wat so.PRO dagga gebruik is…wat is julle verweer oor die MISBRUIK en AFHANKLIKHEID vormende kenmerke van die DWELM…DAGGA? Dis tog deel van die nagevorsde wetenskaplike kenmerke van.die “produk”? Dis niks anders as n versoeking wat gewettig word nie. Snaaks dat iemand nie eers sy/haar naam.noem by n kommentaar nie? ANON….? Johann

Willem ·

Die grote wat n dagga plant vat om tegroei in 6maande groei die onwetige verskaffers in 6weke die goed wat hulle bygvoeg maak dit gevaarlik en onwettig
Daar word elke dag gelees van sterftes agv drank maar daar oor is min of geen kometaar nie
Dagga is nie die antwoord nie maar gaan kyk na amsterdam se misdaad statistieke waar dagga wetig is

Letitia ·

Ek is meer bekommerd oor die MISBRUIK van oor-die-toonbank pynmedikasie as oor die GEBRUIK van cannabis vir MEDISINALE doeleindes.

Mariette ·

Ek glo in my hart dat daar nie een siekte of ongesteldheid op aarde bestaan waarvoor die Here nie deur middel van plante vir ons gesorg het nie. Daar is natuurlike genesing in die ongewing om ons en daar is teen fout om natuur toe te gaan vir genesing. Johann jy moet ook onthou dat die plant nie gerook word nie maar wel die olie gebruik word. Die farmaseutiese industrie is so ongelooflik korrup en ‘n geldmaak skema dat dit groot geveg gaan neem om alternatiewe geneesmiddels gereguleer te kry. As daai outjies met hulle wit jassies besef dat ons slegs na die natuur kan draai vir genesing sal hulle broekies bewe

Elisabeth ·

Morfien se chemie is C17H19NO3 [opium] dit word in die hoof stroom gebruik.
Hier word nie verwys na THC vorm nie.

Dit is om pyn te behandel in die hoof stroom.

John ·

Johann stadig, dagga help nie vir beroertes nie… of help dit? Duisende hande sal seker opgaan daarvoor. As ons hierbo lees en uit die mond van ander Afrikaners, boer baie reeds op klein skaal daarmee of boer by hul plaaslike slamaaierwinkels vir sulke towermiddels teen die daaglikse skete, vir ‘kicks’ en optimale ‘overdrive’. Die’ proses vir die sg riglyne is ook aan die gang elders in die wereld, glo net omdat sekere medisyne-vervaardigers eiendomsreg probeer bekom oor ‘n produk wat miljarde sal in. Ons beweeg in ‘n tyd waarin erge middels gewild word wat die beskermende laag van die menslike brein binnedring en die ingewikkelde en meestal onbekende werking (dokters erken dit maar gebruik dit ook) teestaan of wysig. Breinskade word aangerig, persoonlikhede verwring en die werklikheid vervonkfaai tot drogbeelde. Johann is reg. Armagedon le net om die draai.

Roelof ·

O nee mense lyk vir my ons ruk nou die dam onder die eend uit…. Kom ons los die godsdiens uit die gesprek , onthou daar was water in wyn verander en die party het nog n week aangehou ….Koffie is net so sleg vir jou bv kanker en al daai goed . Nog nie gehoor van die man wat hoog was op die dagga n ander ou oor n dagga zol dood gemaak het nie , so my 5c as jy dit nie rook nie moet nie dat dit jou pla nie ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.