Rina Hugo oor haar, man se stryd teen Covid-19

Rina Hugo en Johan van Rensburg.

Die sangeres Rina Hugo en haar musikantman Johan van Rensburg is albei besig om aan te sterk nadat hulle Covid-19 opgedoen het.

Hugo het Sondag in ʼn video op Facebook vertel sy is uit die hospitaal ontslaan en is tuis in self-isolasie, maar dat Van Rensburg nog in die hospitaal is.

Volgens Hugo is hy Saterdag van die waakeenheid na ʼn algemene saal oorgeplaas waar hy steeds vir sy longe behandeling kry.

“Die dokters sal hom hopelik binnekort gesond genoeg verklaar sodat hy by die huis verder kan aansterk,” sê Hugo in die video, waarin sy sonder grimering verskyn.

“Ek kon vandag stort. Ek is skoon. Verder doen ek niks aan myself nie. Ek kon eergister nie praat soos wat ek nou met julle praat nie, ek was té uitasem.”

Volgens Hugo het Van Rensburg weke gelede begin kla van rugpyn wat met ʼn groot operasie behandel sou word. Hy het egter positief getoets vir die virus in die week wat hy opgeneem sou word, en het dus nog nie die operasie ondergaan nie.

“Die Covid maak hom swak en dan het hy nou nog die rug. My ou mannetjie kry maar swaar, maar die Here se genade is groot. Ek het dit weer so ervaar die laaste ruk. Dankie vir almal se gebede. Ek voel van gister af heelwat beter en haal makliker asem.”

Hugo benadruk dat sy en Van Rensburg, albei in hul sewentigs, nie die Covid-19-inentings gekry het nie. “Ons het nie daarvan siek geword nie.”

Die egpaar se seun, Riaan (42), het ook glo intussen die Covid-19-virus opgedoen. Volgens Lydia Winchester, musiekbemarker en jarelange familievriendin, sterk hy goed aan.

Posted by Rina Hugo on Sunday, June 6, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ovelia ·

Hoe kan n mens die regering vertrou met di covid vaccine. ? Is dazr al genoeg navorsing oor dt gedoen. Wat is jul aanbevelling

VaalDonkie ·

Ek sal wag tot die hele ding verbywaai. Soos die eerse SARS, en al die diere-griepe en Ebola, ens.

ES ·

Ovelia, dit kan nie skade doen om die entstof te kry nie. As dit nie werk nie, sou jy in elke geval aan jou eie genade oorgelaat gewees het. My niggie is ‘n DPharm (dokter van aptekerswese) en sy reken dat die entstof goed genoeg getoets is om te bewys dat dit werk.

Dit is nie meer die 1950’s waar dit jare vat om entstowwe te toets nie.

SomeOne ·

sterkte aan ons mooi musiek makers
wat ‘n verskil kan kamoflering aan ‘n mens maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.