Ringe glo in hospitaal van pasiënt se hande af gesteel

Bettie de Kock se ringe wat gesteel is.

Bettie de Kock se ringe wat gesteel is.

“Ek was half by my bewussyn en baie deurmekaar. Al wat ek kan onthou, is hoe verskriklik seer hulle my gemaak het toe hulle my ringe van my hande af gepluk het.”

Dit is al wat ʼn 64-jarige pasiënt kan onthou nadat haar ringe, waaraan sy sentimentele waarde heg, voorverlede week in die Wilgers-hospitaal in Pretoria na bewering van haar hande af gesteel is ná ʼn epileptiese toeval.

Bettie de Kock, ʼn inwoner van Wapadrand in die ooste van die stad, is op 17 Augustus na die hospitaal se ongevalle-eenheid gehaas. Haar seun het by haar huis, waar sy alleen woon, gaan ondersoek instel nadat sy die dag nie vir werk opgedaag het en hy haar nie op haar selfoon in die hande kon kry nie. Hy het haar in haar bed aangetref en besef sy is deurmekaar, waarna hy ʼn ambulans ontbied het. Sy was tot vroeg die volgende oggende in die eenheid waarna sy na ʼn algemene saal oorgeplaas is. Toe sy drie dae later by haar volle bewussyn kom, was daar geen teken van haar ringe nie.

“Ek onthou nog toe hulle aan my gepluk het en ek vir hulle gesê het hulle maak my seer. Ek het in my deurmekaar toestand gehoop hulle haal dit af vir bewaring, maar dit het nie gebeur nie.” De Kock sê sy vermoed die voorval het in een van die algemene sale plaasgevind en dat twee vroue betrokke was.

De Kock verduidelik een van die ringe is ʼn erfstuk van meer as 100 jaar oud. “Dit is ʼn ou dik witgoud ring met die name van my ouers en grootouers aan die binnekant gegraveer.” Die ring wat aan haar ander hand was, is ʼn ring met ʼn robyn wat sy al sowat 30 jaar dra. Die ringe het ʼn waarde van sowat R40 000.

Volgens De Kock het sy die voorval by die hospitaalbestuur aangemeld wat onderneem het om ondersoek in te stel. De Kock het oor die naweek ʼn saak van diefstal by die Brooklyn-polisiestasie aanhangig gemaak.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisiestasie, het Maandag aan Maroela Media bevestig ʼn saak van diefstal is aanhangig gemaak. “Die dossier is oorgeplaas na die Garsfontein-polisiestasie [in wie se polisiëringgebied die hospitaal val] vir verdere ondersoek,” het sy gesê.

André Joseph, die hospitaalbestuurder, het aan Maroela Media gesê die hospitaal is bewus van die beweerde diefstal en dat die klagte as ernstig beskou word.

“Ons het reeds ʼn interne ondersoek van stapel gestuur en verklarings van personeel en dokters afgeneem. As deel van ons prosedure het ons gewag vir die saaknommer en die ringe se jongste waardasies om in die ondersoek gebruik te word,” het Joseph gesê.

Hy het gesê die klagte ontvang die nodige aandag en die nodige stappe sal gedoen word hangende die uitkoms van die ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Anton ·

Wanneer gaan ons leer? Jy vat niks van waarde hospitaal toe nie, ons lees elke dag van die dinge maar tog leer ons nie.

hallo ·

Regtig – so in ‘n noodgeval soos in die geval met die aanvalle wat sy gehad het moes sy eers gou haar ringe en waardevolle items afgehaal het? Deurmekaar toestand en al?

Sarita ·

Net soos “hallo” bo sê. Die vrou het to sy “drie dae later by haar volle bewussyn kom” agtergekom haar ringe is weg. Niemand wat nie by hulle volle besussyn is gaan onthou om ringe af te haal voor hul in nood hospitaal toe gejaag is nie ANTON

G ·

Die seun het sy ma in haar bed aangetref en het besef sy is deurmekaar. So dis vanselfsprekend dat syself nie daaraan sou dink om haar ringe af te haal nie. En die seun was tien teen een te bekommerd oor sy ma om nog aan die ringe ook te dink. Dis in elk geval onregverdig om die mense te beskuldig van nalatigheid, eerder as om die kriminele te veroordeel.

Karen van Zyl ·

Anton, wanneer gaan ons leer, ons is nerêns meer veilig nie, nie eers in ‘n hospitaal nie. Sy is hospitaal toe gejaag, dit is nie asof sy kon beplan om in die hospitaal te wees nie.

Mev P ·

Die laaste ding waaraan jy dink waneer jy deur trauma gaan soos die dame is om jou ringe af te haal Anton . Ek stem volkome saam waneer jy wel weet haal af en moenie kosbare goed saam neem nie . Maar sy was siek deurmekaar en haar seun seker ook.

Daizy Buitendag ·

My vriendin se ringe en oorbelle is ook gesteel in die hoë sorg eenheid in Krugersdorp hospitaal sy was ook bewus dat hulle dit van haar hand en ore afhaal maar sy kon niks doen nie. Ons het dit aangemeld en nog nooit niks daarvan gehoor nie

Marietjie ·

Daizy jy moet ‘n saak gaan oopmaak by die polisie en saaknommer kry! Ons het dieselfde ondervinding by Kdp hospitaal gehad 3 weke gelede en maak vandag ‘n saak teen hulle!

Sara ·

Dit kom nou van regstellende aksie, waar NET die regte velkleur tel om werk te kry. Opleiding tel NIKS. Selfs sonder waardevolle goed op my sal ek bang wees as sulke mense my in n hospitaal moet behandel

henda ·

ag nee sies, wat sou julle gedoen het in sulke omstandighede. sterkte bettie ek weet jy is jou ringe kwyt maar solank jy vir geliefdes gespaar is is ons baie dankbaar.

Lindi ·

Hoekom moet die ringe af gesteel word is die bleddie vraag wat julle mis!!!!
Hoekom dink iemand hulle het die reg om dit te steel???? wat het van respek geword hulle steel van slagoffers in ongelukke en lyke, wie gee hulle die reg?
As dit nie joune is nie los dit uit……..

Wat-ek-lees ·

Maklik om te kritiseer. My moeder is in Aug 2000 oorlede in ‘n ouetehuis in Pretoria. Na oorlye is haar ring ook weg. Nodeloos om te sê dat ons dit nie eers aangemeld het. Daardie een sal sy/haar straf kry.

DALEEN ·

My selfoon is ook onder my uitgesteel by Wilgers, ek het spesiaal bo-op hom gele dat hy nie wegraak nie maar nadat 2 vrouens my beddegoed kom omruil het was my foon net weg. Ek het dadelik gevra waar is my foon en hulle het in my gesig vir my gelag! Ek het dit ook gerapporteer maar nooit iets van gekom nie.

humor ·

In Eugene het hul my gehoorstukke se batterye gesteel, ek bedoel vir hulself geneem. Geeneen van hulle was skuldig nie, want hul het dit maar net geneem. Ek neem nie die seun kwalik nie,want daar is omstandighede waarin n mens nie aan ringe dink nie.

Yolandi ·

Ja wat! Die nuwe Suid Afrika. Alles moet toegesluit en weggsteek word. Help nie om klippe te gooi nie, in baie gevalle waar iemand dringend mediese hulp nodig het is daar nie tyd vir juwele afhaal en wegsit nie. En in noodgevalle is dit beslis die laaste ding waaraan jy dink as een van jou naasbestaandes siek is.

Lindy ·

Weet julle. Dis maklik. Waarom dink julle wat julle wil? Die dame was deurmekaar en was per ambulans hospitaal toe gevat. Hoe de oertel moes sy haar ringe by die huis los? ????

Cherokee ·

As jy op die strand gaan na die kantoor waar alles bymekaar gehou word wat uitgespoel het kan jy meet en pas en weer ‘n stel verniet kry.

oulap ·

Toemaar mense, my arme seun se vinger is afgesny vir sy ring op die ongelukstoneel.

SNEL ·

Goeie aarde, Oulap, nou het ek als gehoor, dís erg. Hulle het wraggies geen genade nie. Nou moet ons nie net hospitaal toe gaan sonder juwele nie, maar moet ons eerder ook nie in n kar ry daarmee nie, want net nou…….

Piet Pompies ·

Skelms teiken die oues en swakkes, of die skelm arm en op straat is, hy doen dieselfde, al werk die skelm teiken hy ook die oues en swakkes. Het vandag weer ‘n video greep gesien waar ‘n skelm by ‘n winkel in Nelspruit instap, die toonbank is onbeman en hu stap dood luiters agter die toonbank in en probeer ‘n Laptop steel.

Grap ·

Ek hoop maroela doen ‘n opvolg oor wie die diewe in die hospitaal is ek weet die polisie gaan niks doen sal interessant wees om te sien wat die hospitaal doen om hulle pasiënte te beveilig en te beskerm

Cherokee ·

Hey, Maroela is ‘n koerant, nie ‘n sekuriteitsgroep nie.

Lulu ·

My ma se ringe en medikasie gesteel na sy oorlede is VOOR ons by die hosp kon kom. Dis deksels sad!

Erg verby ·

Nee kyk wat te erg is wraggies te erg. Hul sal seker nog jou tand krone ook steel Die arme vrou jammer vir haar groot skade. Dit lyk vir my mens moet maar sonder jou ringe en juwele gaan vakansie hou. Los dit maar by die huis vir inngeval mens in ongeluk kom. Ai ai waar gaan dit eindig ???

Karen van Zyl ·

Lag, daar is net nie ‘n wen wen situasie nie, los mens dit by die huis word dit besteel, sit mens dit aan word dit besteel? Nou hoe dan nou?

Karlientjie ·

Stem 100% saam met jou Karen, dit is eintlik pateties, dit is beter om deesdae nie eers juwele te besit nie.

Alida ·

Dit is omdat die verpleegsters net sommer aangestel word sonder opleiding. Met opleiding word hulle geleer om siek mense te respekteer en sodoende word integriteit gekweek

Gerd Lourens ·

Alida. Jy het beslis nie mooi gedink toe jy jou kommentaar gelewer het nie.

Ek hoor by Eugene maak die verpleegsters/susters/werkers ens. drips in die mikrogolfoonde warm en gebruik dit dan vir hul persoonlike verwarming onder die komberse waarmee hulle hulself alewig toedraai.

Integriteit en respek???

Lance ·

Intergriteit…. ASB! die woord bestaan nie vir hulle nie …jy kan dit inhammer maar dit werk nie …hulle staak dan al is dit teen die wet of die eed wat hulle afle …beteken niks !

John ·

Ons is nou by die waarheid der waarheids… Meisies met mooi hare moet oppas. Pruike is in. Mens wil nie kaalkop en kaalhuids huistoe nie. En dan moet jy die rekeninge ook nog vereffen…

Boetman ·

Dis dan n privaat hospitaal! Waar jy BETAAL om in vrede te herstel – ek dog dis net in staatshospitale waar pasiente besteel mag word. Dan gaan die besteling nog gepaard met ‘n aansienlike rekening ook! Selfs die hospitaal administrasie besteel hul pasiente.

Fritz ·

Sekere mense kan maar bly droom,maar daar is geen hoop vir die land nie.

Jan maak n Plan ·

Eerstens moet die hospitaal rekening glad nie betaal word nie en tweedens moet daar summier ‘n eis teen die hospitaal gemaak word.

Wonder maar net ·

Ja so voorval het met my ma in Pretoria Oos oorgekom. Sy was in intensiewe eenheid. Toe sy oorgeplaas is, is haar nuwe skoene gesteel. Ons moes toe hoor dit is ‘n opleidingshospitaal en dat die verpleegsters nie indiens van die hospitaal is nie. Hulle teiken ou mense omdat hulle “deurmekaar” is…………

Elsie moller ·

Mense wat so kla oor Staatshospitale moet kennis neem dat jou besittings ook nie meer veilig is by Privaat Hospitale nie Die diens wat jy van die verpleegpersoneel kry is ooknie beter as van die Staatshospitale nie

danie ·

Kan iemand vir my die logika verduidelik, dat die hospitaal wag vir n saak nommer en wardasie voor hulle begin ondersoek in stel. Dis mos eenvoudig, kyk op die kameras en doen leun verklikker toetse. Klink vir my of hulle nie heeltemal die klaagster glo nie.

Vlooi ·

Danie, ek wil ook graag weet hoekom moet die hospitaal eers wag vir die saak nommer en wardasie. Dis belaglik.

Serena ·

Maak asb voorbeelde van daardie kriminele…dit moet STOP in ons mooi land…wat nie aan jou behoort nie..LOS DIT UIT! Hoop dit word terug gevind om die legkaart weer te voltooi geld kan nie…jammer vir die dame hoop dit gaan beter met haar.

Liendempers ·

Ek het een op heterdaad betrap wat pille uit my pa se kas, uit sy tas uit steel. Toe ek haar konfronteer, toe word daar vir my gese sy “leen” net solank die pille vir n ander pasient. Ek het dadelik al die medikasie in die sak nagegaan (ons het al die medikasie wat my pa by die huis drink, saamgeneem ongevalle toe). Raai wat, van die boks pynpille was daar slegs die een foil oor wat reeds oopgemaak was. 8 foils was weg……en dit is verskriklike sterk pynpille. Hoof van die susters se hulle steel dit en verkoop dit. Hospitaal bestuur is hiervan bewus gemaak, maar daar het dadels van gekom.

Theresa B ·

Wat ‘n afskuwelike daad. Duidelik het mense geen respek vir hulself nie. Daarom nog minder vir jou mede-mens en die se besittings. Dis hoekom dit so gaan in hierdie land……………………..

Joanie ·

My dogter (4) se oorbelletjies is uit haar oortjies gesteel.

Marietjie ·

Presies dieselfde het nou gebeur by Krugersdorp Privaat hospitaal. 3 Ringe van my ma se vingers die week voor sy oorlede is, 3 weke gelede gesteel, en niemand kan antwoorde gee nie.
Ons maak ook nou ‘n saak teen hulle.

Marietjie ·

dieselfde het nou gebeur by Krugersdorp Privaat hospitaal. 3 Ringe van my ma se vingers die week voor sy oorlede is, 3 weke gelede gesteel, en niemand kan antwoorde gee nie.
Ons maak ook nou ‘n saak teen hulle.

THEA SWART ·

meskien moet almal maar oorweeg om tattoo ringe en oorbelle op te sit die skelms kan anyway niks met ‘n ge-tattoode ring of oorlel iets doen nie ek tattoo eerder alles op

Nico ·

Wilgers Hospitaal beter die dief aan die kaak stel anders sien hulle my of my familie nie weer nie.

Goeie Gedorie! ·

Dit is ‘n skande dat dit so in van ons land se sogenaamde “top” hospitale gaan! Dink net bietjie hieraan mense.. is hospitaal personeel ( verpleegsters, susters, dokters, portiere, man en eintlik van die bestuurder reg tot onder by die skoonmakers) nie eintlik veronderstel om ‘n spesiale plek, passie, meegevoel vir pasiente en siek mense te he nie? En nou kom mens daar in een van die beste privaat hospitale in Pretoria.. en diefstal van jou erfstuk juwele is die laaste ding waaraan jy dink of wat jy verwag van alle slegte ervarings wat moontlik met mens KAN gebeur! Die tannie het tien teen een in al die jare nog nooit haar ringe afgehaal nie, en hier kom die sogenaamde passievolle personeel en stroop haar hande kaal.. en maak haar in die proses seer! Is hierdie hospitale nie veronderstel om die room van die beskikbare personeel aan te stel nie? Daar moet seker iewers rekords wees van wie daardie dag aan diens was.. en waar is die sekuriteitskameras sodat die skuldiges uit kan kom?!!!

Jean ·

Hoe moeilik is dit om vas te stel wie aan diens was – wie het haar ringe gesteel by die hospitaal? Of beskerm die maatjies weer mekaar? Ek stem saam met Goeie Gedorie, daar is tog sekerlik ook kameras wat hulle dophou. As dit verpleegpersoneel of enige ander personeel is, kan hulle tog seker die tye aan die persone koppel wat aan diens was en die afskuwelike dade pleeg. Weereens hoe langer hulle daarmee wegkom, hoe langer sal hulle dit doen. En diegene wat die arme tannie skuldgee, dis nie asof jy WEET jy gaan nou ‘n epileptiese aanval kry en gou jou ringe afhaal en in die juwelekissie bere nie. Wees bietjie realisties.

SuzieQ ·

Ek ken die betrokke dame baie goed. Dis ‘n hoogs intelligente vrou met ‘n Meestersgraad, nie ‘n palooka wat hospital toe is met haar juwele aan nie.
Ons (haar familie , vriende en kollegas ) is baie dankbaar dat sy nog met ons is.
Die ringe het BAIE sentimentele waarde sowel as finansieële waarde vir haar.

Scalla ·

Dit is net nog n bewys van geen respek, integriteit en werkstrots nie. Die salarisse word op die manier aangevul.

Lyn ·

Iemand het my melk uit my koffie gesteel. Dis hoe dit nou gaan.

Marco ·

Stem saam met die meeste hier, jy weet nooit wanneer gaan daar noodgeval wees nie. Meskien die van julle wat se jy moet als afhaal en niks waardevol saamvat is die wat seker n afspraak boekie het en weet presies wanneer jy gaan flouval, in kar ongeluk wees en al die goed, seker selfs wanneer jy gaan sterf, so julle is voorbereid vir als, ry met jou tassie in jou boot, geen juweliersware, meskien moet jul sommer nou al reel dat ons vir julle kan blommetjies bring. Regtig mense, die wat so slim is, WAT IS N NOODGEVAL????

charlene ·

ek wonder hoeveel mense het die hele berig gelees?? Die tannie was deurmekaar en NIE by haar volle bewussyn NIE!!! Lees en lewer dan kommentaar!!! En dan is dit nog in `n hospitaal wat veronderstel is om Wow te wees, wys jou net!! Tannie ek hoop waar hulle daai ringe ook al gana verkoop sien die berig en die name in die ringe en dat die ringe aan tannie terug besorg kan word. Ons vrouens heg baie waarde aan ons ringe en wil dit eintlik nooit afhaal nie omdat dit vir ons `n betekenis het. Ek hoop ook tannie word gou gesond! Maar doen aan ander wat jy wil hê ander moet aan jou doen, mag dieselfde hulle tref, dan sal hulle weet hoe voel tannie nou.
En vir die ander mense, sy is 64 en sy werk nog, so duidelik is haar verstand nog baie helder, en sou sy nie onder normale omstandighede haar ringe aan gelos het nie (My mammie was nou met ringe en al in die hospitaal vir `n week omdat haar ringe nie meer kan af nie) so moenie so gou oordeel nie!

Ina ·

My tannie is per ambulans vervoer na ‘n hospitaal. Sy was by ‘n outehuis en baie siek. Toe my sussie by die hospitaal aan kom en vra waar is haar ring…… toe weet nie een waar dit is nie. Nodeloos om te sê, sy is oorlede en haar ring is net weg, het by die hospitaal uitgeloop. Dis siek. Almal is onskuldig…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.