Riool loop in die strate terwyl munisipale werkers staak

Foto verskaf deur VF Plus

Die munisipale loongeskil in die Rand West- plaaslike munisipaliteit in Gauteng wat al langer as drie weke duur, is besig om sy tol te eis met riool wat in die strate van Westonaria afloop en deur erwe vloei.

Charles Brough, VF Plus-raadslid van die munisipaliteit, het gesê stakende munisipale werkers veroorsaak verdere chaos deur vullisdromme in die strate om te keer en weier om terug te keer werk toe.

In Westonaria borrel riool uit ʼn mangat op die hoek van West- en Edwardstraat wat afvloei na verskillende woonbuurte.

“Die onvermoë van dié munisipaliteit om die loongeskil op te los, is nog ʼn voorbeeld van die ANC se onvermoë om munisipaliteite aan die Wes-Rand te bestuur,” het Brough bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Wurmpie ·

En so lyk dit in Carletonville en Fochville ook. Kan nie my kar lisensie uitneem nie

Grietjie ·

Randfontein lyk soos ‘n ashoop!! Gate oral, vullis stapel op, dreine stroom in paaie af. Maar ons moet betaal?? Ek wil ook strike en niks doen nie en nog betaal word daarvoor…

CFS ·

In Standerton lyk dit ook so,rou riool loop in die rivier in.Lekwa munisiepaliteit is seker van die swakste in die land,indien nie die heel swakste nie.

wilma ·

Dis maar hoe dit lyk wanneer onbevoegdes regeer. Hul sal nooit erken hul kan dit nie doen nie. Afrika se leiers het die mense gefaal. Die wolwe word aanbid in Afrika. SIES ONNOSEL VOLGELINGE

Renier Engelbrecht ·

Dis mos ook soos riool politiek bedryf word. Glo hulle voel tuis in die riool.

Suzette ·

Dan wil julle nie Northam in Limpopo beleef nie. Beslis voel hulle tuis in die vieslike plekke. As jy ingryp en skoonmaak is dit more erger….

Gemaskerde Sopbeen ·

As die munisipale werkers staak dan strooi hulle rommel in die strate. Ek hoop die oomblik wat die banke se werkers begin staak hulle in die strate gaan in vaar en rolle note strooi…..

Nettie ·

@Gemaskerde Sopbeen – DÍS NOU DIE ÉÉN SOORT STAKING WAT EK DAN BESLIS SAL ONDERSTEUN – as die bankwese-werknemers staak en rolle banknote in die strate begin rondstrooi. Hulle moet tog net seker maak dat dit R100.00 en R200.00 note is, asseblief en Jan Alleman in kennis stel, sodat ons sommer vroeg-vroeg in die strate kan gaan staan en kollekteer.

Bert ·

Dit moet baie goed met die stakers gaan.
Ek kon dit nog nooit bekostig om somer weke sonder inkomste te sit nie, dis nou as die munisipaliteite die beleid van geen werk geen geld toepas wat ek soms wonder want hulle besluit heeltemal te maklik om maar weer te staak.

Mieliestronk ·

Wat my laat dink in ons dorp Schweizer Reneke het die FV die kiesafdeling gewen maar daar word nog niks aan die munisipaliteit se probleme gedoen nie Dit laat mens dink om vir wie te stem .

Hagar ·

Hierdie VF+ van ons sal moet begin spark of hy sien sy alie.

Gert ·

Hagar, dis die korrekte optrede vir ‘n party wat nie die munisipaliteit bestuur nie, nl. om die foute van die meerderheidsparty uit te wys. Dit sal in ‘n normale samelewing veroorsaak dat kiesers die volgende verkiesing vir iemand anders stem wat dalk meer bevoeg gaan wees.
Ongelukkig is hierdie samelewing nie normaal nie, en die ANC wen in elk geval oor en oor.

Spook op thaba ·

@Suzette. Ek stem saam jou. Thaba lyk darem nog nie so. Was gister in Brits en dit het net vuil gelyk

ww ·

Watter stad of dorp in die land is nog skoon, almal is ‘n gemors

Nettie ·

@ww – “speak for yourself” – hier op plattelandse dorpe in die Wes-Kaap, lyk dinge darem nog heel gangbaar. Dis seker hoekom die Gautengers nou die Wes-Kaapse platteland oorstroom en inval van alle kante af.

Ook keelvol ·

Randfontein val ook onder Rand west. Hier heers net chaos. Paaie, riool en dienslewering is een groot gemors. Die laaste 2 maande is amper almal se water en krag rekening sommer verdubbel of nog meer. Met staking tel niemand fone op nie en jy kan hulle nie gaan sien om die rekening uit te sorteer nie… maar jy kry n dreigende sms dat hulle jou krag gaan kom afsit as jy nie opdok nie!?!? Wie van die wat op n stywe begroting lewe kan skielik 1 tot 2 duisend Rand ekstra bekostig? Ons wat niks met niks v hierdie gemors uit te waai het nie trek aan die kortste end terwyl die onbevoegde droogmakers doodluiters met hul grênd karre rondry en natuurlik gesorg het dat hul eie rekening nie verdubbel is nie. PLAAS RANDWEST OOK ONDER ADMINISTRASIE ASB!!!!

Vranet? ·

Ons dorp is nog skoon. Maar die roeloop van Oos Kapenaars (Lees Ciskei en Transkei) veroorsaak dat al meer rommel al langs die pad wat hulle beweeg, gestrooi word. Maar dis nie al nie. Die inbrake en dwelmhandel raak net al meer. 20 jaar gelede was daar minder ss 800 wat in die swart woongebied gebly het in steenhuise. Nou is daar duisende plakker wat hierheen aangery word sodat die dorp ook deur die ANC oorgeneem kan word om te vernietig wat nog werk.

barend v d westhuizen ·

ja en moet nie dink die da is altyd beter nie

GL ·

Burgersfort is net so nes. Riool in die strate en vullis ooral.

Johan ·

Waaroor kla julle so? Ons land is mos nou die “demokrasie” wat ons so graag wou gehad het?

Attie. ·

Elke ou wil nou sy eie dorp onder almal se aandag bring…kom ek vertel julle dat dit so gaan in elke enkele dorp. Tog sien niemand die voordeel nie, ons munisipaliteite hou immers die riviere aan die vloei.

Chris ·

In Bloemfontein loop die riool in elk geval of hulle nou staak of nie. Of dalk is dit seker maar n geval hulle staak al die afgelope paar jaar want riool in die strate is nie meer n uitsonering nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.