Riool oorstroom Kaapstad-pad ná diefstal van diesel

Argieffoto

Argieffotol

Rowers het Donderdag in die vroeë oggendure veiligheidswagte aangehou en diesel vir masjinerie, wat gebruik is om ʼn groot rioolverstopping in Hazeldene in Kaapstad te herstel, gesteel.

Ernest Sonnenberg, woordvoerder van die burgemeesterskomitee, het Donderdag in ʼn verklaring gesê werk aan die verstopping is weereens gestaak nadat dit voorheen ook vertraag is weens die diefstal van diesel daar.

“Weens hierdie ontwrigting het die pad weer met riool oorstroom, maar gelukkig het dit glad nie in huise ingegaan soos voorheen nie,” het Sonnenberg gesê.

Hy het gesê die stad veroordeel die herhaalde kriminele aktiwiteite en dat inwoners van Hazeldene die uiteindelike slagoffers is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.