Riool-probleme in Mpumalanga

toiletpapierʼn Kwart van rioolaanlegte in Mpumalanga het twee jaar laas gewerk, en minder as ʼn derde van die aktiewe aanlegte het geldige waterlisensies om die riool te verwerk, aldus die minister van water en sanitasie.

Minister Nomvula Mokonyane het Donderdag in ʼn geskrewe antwoord in die parlement gesê daar is 167 afvalwateraanlegte in die provinsie, waarvan 38 oor geldige watergebruiklisensies beskik en 125 tans operasioneel is.

Altesaam 42 aanlegte is al sedert 2012 nie meer operasioneel nie. Sy het bevestig dat haar departement die munisipaliteite bystaan om 13 van dié aanlegte op te knap. Die departement het ook in Julie by die nasionale tesourie aansoek gedoen om die ander 29 aanlegte op te gradeer.

“Na verwagting sal die opgraderingswerk van 13 van die aanlegte teen Maart 2017 afgehandel wees,” het sy gesê. “Die aanvang van opgraderingswerk by die oorblywende 29 hang af van die reaksie van die tesourie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Peter Says ·

Alles verval in die land, tot op die vlak van toilet, dit is waar…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.