Riool stroom in KZN-strandmere in

‘n Pa en dogter loop op Margate-strand, onbewus van die onbehandelde rioolwater wat in die see stroom. (Foto: Steve Kretzmann/GroundUp)

Deur Steve Kretzmann, GroundUp

Nie een van die 19 rioolsuiweringsaanlegte wat die Ugu-distriksmunisipaliteit bestuur, kan rioolafval behoorlik behandel nie.

Dié rioolvuil loop onbehandeld in riviere en strandmere aan die suidkus van KwaZulu-Natal in.

Gewilde toerismebestemmings soos Margate en Ramsgate is reeds besoedel met riool. By Ramsgate het lewensredders besoekers gewaarsku om nie in die besmette water te swem nie. Besoedeling hier is nie weens die rioolaanleg wat direk in die Bilanhlolo-rivier stort nie, maar eerder as gevolg van mangate wat oorstroom, pompstasie-onderbrekings en rioolpype wat gedurig lek.

Die aanleg hier produseer sowat een miljoen liter se rioolvuil wat in die klein Bilanhlolo-rivier, wat ʼn strandmeer sowat 500 m van Ramsgate vorm, gestort word. Omdat dié strandmeer nie ʼn hoofstrand is nie, word niemand hier gewaarsku om nie in die water te swem nie.

Daarbenewens is daar 15 rioolaanlegte in die Ugu-distrik wat onbehandelde, of gedeeltelik behandelde afvalwater, vrylik in riviere laat inloop. Die oorblywende vier aanlegte is verder in die binneland geleë.

Die Ugu-distrik strek van Scottburgh in die noorde van die provinsie tot by Port Edward in die suide.

Elke aanleg is veronderstel om rioolafval volgens die minimum nasionale standaarde te behandel. Die departement van water en sanitasie toets maandeliks die rioolafval en publiseer die uitslae in die geïntegreerde regulerende inligtingstelsel (IRIS).

Hierdie syfers skets egter ʼn donker prentjie.

By die Margate-strand, een van die grootste vakansiebestemmings aan die suidkus, word nagenoeg 4 miljoen liter gedeeltelik behandelde rioolafvalwater daagliks in die rivier gestort. Trouens, satellietkaarte toon dat die uitvloeisel van die rioolaanleg, tesame met stormwater wat heel moontlik ook besmet is, die twee hoofbronne is wat in die rivier vloei en direk by die Margate-strand beland.

Margate se rioolaanleg voldoen tans ook aan net 33% van mikrobiologiese vereistes.

Ugu-distriksmunisipaliteit, KwaZulu-Natal, riool, Margate, Ramsgate

Margate strand. (Foto: Steve Kretzmann/GroundUp)

GroundUp is in Maart vanjaar verhoed om dié aanleg asook die een in Port Shepstone te besoek. ʼn Werknemer wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het wel bevestig “alles hier is buite werking”.

Dit was slegs per toeval dat toegang tot die Ramsgate-aanleg verkry is deur ʼn hek wat oopgestaan het. Hier het ʼn werker uitgewys dat ʼn derde van toerusting nie werk nie en dat geen onderhoud- of opgraderingswerk oor die afgelope 14 jaar by die aanleg gedoen is nie.

Volgens die werker word rioolvuil bloot van die onderste dam gepomp sodat dit weer deur die stelsel kan gaan in die hoop dat die uitvloeigehalte sal verbeter.

Die Ugu-distriksmunisipaliteit het nie op enige navra van GroundUp reageer oor die gehalte van afvalwater nie.

Verskeie bronne het egter bevestig dat die munisipaliteit nie die watergehalte in die see of strandmere toets nie.

Daar is wel sekere plaaslike munisipaliteite, soos die Ray Nkonyeni-munisipaliteit, drukgroepe en private inwoners wat die watergehalte toets. Die uitslae van al die toetse is egter nie op openbare platforms beskikbaar nie.

Die burgerlike drukgroep Green Town, wat gereeld watergehalte in 12 strandmere toets (wat strek van Hibberdene tot in Port Edward), wou ook nie al hul syfers bekend maak nie.

Van die toetsuitslae wat GroundUp wel in die hande kon kry, dui daarop dat daar E. coli gevind is in die monsters wat op 22 Januarie vanjaar by Ramsgate en Margate geneem is.

Dawn Bester, ʼn besturende lid van die BN Kirk-laboratorium wat die toetse gedoen het, sê sy het in haar 30 jaar lange loopbaan ʼn “besliste agteruitgang opgemerk in die gehalte van seewater langs die suidkus”.

Bester het gesê die besoedeling by veral Margate is kommerwekkend aangesien die rioolinfrastruktuur daar op 14 April verspoel het tydens die oorstromings wat ook die lewe van vyf mense geëis het.

Die Ugu-distriksmunisipaliteit het ook nie op enige vrae hieroor gereageer nie.

  • Hierdie berig het oorspronklik op GroundUp verskyn en word met vergunning gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

ekweetniks ·

totale vernietiging van die waarde van eiendom in hierdie streek, ek het geloer na ‘n sukkie grond naby Port Shepstone wat grens aan die see. nou die helfte geprys as verkoopprys 10 jaar gelede, hemelhoë rates en taxes maar zero dienslewering

miche ·

Binnekort wil die staat ons seker inent teen E -Coli of iets dergliks ook…

Adriaan ·

Hierdie is lánkal nie meer nuus nie.
Dit gebeur daagliks in feitlik ál die munisipale dorpe/stede in ons verwoeste land.

Pieter ·

Dit was n groot probleem nog voor die vloede in die Suidkus. Ons besoek glad nie meer die suidkus nie om hierdie rede. Die laaste vier keer wat ons daar was , was een of almal van ons gesinslede erg siek en het die hele vakansie in die bed gele. Jammer om te sien dat so n populere bestemming ook nou sy agterent gesien het as gevolg van ons regering se onbevoegtheid.

Olive ·

@Kokerboom. Let jy nie op nie? Hy is by die bouperseel in George.

JN ·

Nee man net n ekstra bruin booitjie vir die kinders om mee te speel op die strand..
Dit is n ekstra gewaarborg en gedoneer deur die Anc..
Hoe nice is hulle die Anc dan nie..

Susan ·

Ag asseblief. Minstens 32 miljoen liter onbehandelde riool word daagliks in Kaapstad se beskermde mariene gebiede gepomp deur uitlope by Groenpunt, Seepunt en Houtbaai. Maar dit word onder die mat ingevee, want beriggewing oor watergehalte by Kaapse strande sal die stad se beeld as ‘n toeristebestemming skaad, daarom die pogings om almal te flous.

tweeling ·

Nee Olive hy is nie George nie. Hy teken die NGV wet vandag en gaan môre in George wees

Di ·

Die hele land is onder RIOOL! Hulle moet SA se naam verander. Kan ongelukkig nie die nuwe naam hier noem nie want dit gaan nie geplaas word nie.

domheks ·

cANCer hou van bollie! Een van die dae kla hulle oor siektes …

Kokerboom ·

@Olive: Dit was sinies gestel. Ipv George waar al sy kaders reeds was ignoreer hy baie groter ekologiege rampe. Dit hou vir hom geen politieke waarde.

annie ·

Ons hoop nie skole en ouers laat nog hul matrikulante ná die eksamen in Margate gaan afkoel of opwarm nie.

Cherokee ·

Ek woon op die strand, maar sit nie ‘n voet in die see nie. Maar of dit seewater is en of dit kraanwater in Johannesburg of elders is, dit sal bevraagteken word, of dit bruibaar is. Maak seker dat julle waterfilters aan die krane in jul kombuise het.

cornelius ·

GEEN MEER BELASTING SAL BETAAL WORD AAN DIE IDIOTE NIE!!!!! MAAK NIE SAAK WATTER POLITIEKE PARTY HUL SOGENAAMD VERTEENWOORDIG. HULLE IS TOTAAL USELESS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.