Rioolvuil verswelg inwoners aan Wes-Rand

(Argieffoto)

Terwyl munisipaliteite aan Gauteng se Wes-Rand weens die ANC-regering se beweerde finansiële plundering en wanbestuur inmekaarval, word inwoners van dié dorpe verswelg deur riool wat in strate, mangate en by die Randfontein-watersuiweringswerke uitborrel, het die VF Plus Saterdag gesê.

Munisipaliteite met rioolprobleme sluit in Merafong, Rand West en Mogale City.

Die VF Plus sê hy het op versoek van woedende inwoners van Randfontein en omgewing die Randfontein-watersuiweringsaanleg besoek.

Rioolvuil stroom vryelik in die Tweelopie- en Bloubankspruite in. Veral groenteboere gebruik die rivierwater vir besproeiing.

“Die bankrot Wes-Rand-distriksmunisipaliteit (WRDM) het reeds sy laaste stuiptrekkings gegee met werkers wat gereeld nie salarisse ontvang nie. Belangrike munisipale kwessies soos gesondheid, omgewingsbewaring en gemeenskapsveiligheid wat distriksaangeleenthede is, bly agterweë,” het Amanda de Langa, VF Plus-lid van die Gautengse wetgewer, gesê.

“Dit is duidelik dat die drie weke lange munisipale staking sy tol geëis het en met werkers se terugkeer is daar geen oënskynlike verbetering nie.”

Die VF Plus sê die situasie is onaanvaarbaar en die party gaan nie die kwessie daar laat nie. “Die voortslepende en knaende betogings en vandalistiese stakings van munisipale werkers van die Rand West- plaaslike munisipaliteit is en bly die verantwoordelikheid van die munisipale bestuurder en die regerende party op plaaslike en provinsiale vlak.”

Die party het die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Lebogang Maile, en die LUR vir gesondheid, dr. Bandile Masuku, gevra om in te gryp en die situasie te help beredder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Hendrik ·

0ns bly regtig lekker. #Kleinfontein. Jammer vir julle met probleme.

I must be staying? ·

Oooh-la-la… this is so exciting! Another azanian wonder. This of course makes we want to shout “#ImStaying”. Hahahaha

Hagar ·

Afrika, hier is ons in volle gewaad. Wees nugter denkend, wat is die kans vir n gesonde leefwyse in die volgende eeu onder die heerskappy van die anc.

Wonner ·

Dit is nie net daar nie dis oral in ons land so .In Vereeniging by die Riviera Hotel stink dit so dat mens wil naar word daarvan.Dit is rerig verby met skoon water in ons land…SA verdrink in die riool.

m ·

Dit lyk my die ANC se bestuursmetodes vloei nou letterlik in die strate af!!

Kolskoot ·

Sluit die mense in beheer toe as jy vir die ANC stem dan lyk dit so kry vir julle

KrokodilBotha ·

Dis nou blykbaar die eind produk van daai reenboog. Een Suid Afrika vir almal. Waars die DA nou ?

Leon ·

Ek het nou laas vir die VF plus gestem, Wanneer b.egin hulle eits doen of het ek my stem gemors. Word net wakker VF plus

Cherokee ·

So Leon, omdat jy VF gestem het, dink jy hulle moet nou toornaars word. Word wakker Leon. Niks anders aan jou stem nie. Nie spesiaals nie. Word wakker.

Johan ·

Sluit almal wat in beheer was van die geld toe tot dit terug betaal is om dienste te lewer nou moet almal ly onder die gierige klomp skelms

Johann cb ·

Dienslewering het in 1994 in ons land gevou toe die huidige Regering aan bewind gekom het.

Christy ·

Maar laat jy nou net nie jou rekening betaal nie, dan kom Mogale op n vrydag middag en sny jou krag, gmpfff

Elna ·

Ek dink nie dat dinge van nou af beter sal gaan nie. Als verkrummel by die minuut met die ANC aan bewind. Die hele land is lam gelê van korupsie en swak of selfs geen dienslewering die hele land deur.

Cherokee ·

Ek’t lankal vir julle gesê.. kry jul paspoorte reg en emigreer na Durban.

Julie Jansen van Rensburg ·

DURBAN, Cherokee? Jy grapseker – ons as gesin het 45 jaar daar gebly toe die stad nog skoon, vriendelik en veilig was en jy net saam met die visse in die see kon baljaar. Maar nou … ek is op ‘n “bakkiesboek-blad” geregistreer, getiteld ‘GATVOL BLUFF’, en loer elke wan en daar in – die drie skole waar my spruite doerie tyd hulle geleerdheid ontvang het was nog van die “ou-soort” waar dissipline in die ware sin van die woord toegepas is. Nou??? Moenie vra nie… Nee kyk, die Durban wat ons geken het bestaan lankal nie meer nie… wil ook nie weet hoe die eens pragtige Bluff strande daar uitsien nie… Welkom in FW de Klerk se “wonderlike “NUWE S>A>” … ’nuff said…

Ruiterwag ·

Dit is die gevolge van die Ja stemmers, die met beperkte visie en geen insig. Die wat geval het vir de Klerk, Meyer, Wessels en Viljoen se fee verhale.

Hannetjie ·

Dit gaan mos nou al vir jare so…..burgers moet die geagtes in die parrament dwing dit te gaan skoon maak…met emmers en lappe

HPV ·

Die ANC regime plunder en vernietig voort terwyl opposisiepartye magteloos toekyk. Ons het vir die partye gestem, nie om slegs toeskouers te wees, of te praat nie maar om te doen. Ons sien wat gebeur en wag in spanning dat die partye minder praat en meer tot aksie oorgaan.

Willehond ·

En so sink die land onder die ### in! Welgedaan! Viva anc!

Akademi Buktu ·

Dis nie onbekwaamheid of onervarendheid nie. Nee, dis inherente slegtigheid teen hoë salarisse in aksie.

AndrewL ·

Al wat werklik afgedwing word is Bee. Dis die resultaat as kolonialiste dink iets gaan onderhou word.

Thea ·

Ek soek my geld terug gir die kamitige dienslewering wat nie bestaan nie !! My gekd vat hul bitter vinnig maar die diens word nie gekewer nie!

Attie. ·

Ons getalle is tans ongeveer 4.5% van die totale bevolking. Agv lae aanwas en land verlaat, gaan ons waarskynlik oor tien jaar slegs 1% van die land se bevolking wees. Die groot groep in die land sal altyd by die stembus die res oorheers. Aanvaar ons woon in ‘n land wat nie aan ons behoort nie. Tydens die referendum van 1993 het ons sekere leiers vertrou met ‘n blanko tjek terwyl sommige van ons wat buite die NP gestaan het gewaarsku het teen die gevolge. Die gevolge is nou met ons en niemand moet huil nie, ons het gekry waarvoor ons gevra het, niks meer nie en niks minder nie. My innige dank aan ons leiers en onderhandelaars van destyds, ek hoop vir jul part julle was ordentelik vergoed vir die bloedlose oorgawe.

Cherokee ·

En dit alles Attie, ten spyte van oom Jaap se waarskuwings teen byna elke lamppaal en winkelvenster.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.