Rioolwerke in Suid-Afrika ’n groot bron tot kommer

Die Koster-rioolverwerkingsaanleg (slegs ter illustrasie) (Foto: Willie Jones)

AfriForum verwelkom dat die regering vir die eerste keer sedert 2013 sy Blou- en Groendruppelverslag bekendgemaak het. Dié verslag beklemtoon egter munisipaliteite se water- en rioolprobleme wat AfriForum jaarliks in sy eie blou-en-groendruppelverslag aandui.

AfriForum is sedert 2013 genoodsaak om ’n blou-en-groendruppelverslag saam te stel omdat die departement van water en sanitasie dit ondanks AfriForum se jaarlikse versoeke nie gedoen het nie.

Luidens die regering se bloudruppelresultate is:

  • 48% (566) van die voorsieningstelsel in die laerisiko-kategorie;
  • 18% (217) van die voorsieningstelsel in die mediumrisiko-kategorie;
  • 11% (136) van die voorsieningstelsel in die hoërisiko-kategorie; en
  • 23% (267) van die voorsieningstelsel in die kritiekerisiko-kategorie.

“Die verslag dui aan dat baie van die waterdiensowerhede nie vloeimeters het nie, wat beteken hulle kan nie die kapasiteit van aanlegte meet nie en dus is data nie akkuraat nie. Die gebruik van vloeimeters om akkurate data te bekom, is kragtens die Wet op Waterdienste ’n vereiste en die gebrek daaraan hou groot risiko’s in,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir omgewingsake.

Volgens De Klerk is die ander groot bekommernis die tekort aan tegniese vaardighede by heelwat aanlegte. Slegs 12% van aanlegte het uitstekende tegniese vaardighede terwyl 61% uiters swak tegniese vaardighede het.

“Die verslag toon duidelik dat die gehalte van die land se water op die afdraande pad is en dat die departement van water en sanitasie en die departement van samewerkende regering en tradisionele sake baie nou sal moet saamwerk om die waterprobleme uit die weg te ruim,” sê De Klerk.

Die groendruppelverslag skets ’n baie donker prentjie aangesien slegs 23 van 850 (2,3%) rioolaanlegte aan die groendruppelstandaarde voldoen. Die slaagpersentasie vir rioolwerke is 90%, maar 334 rioolwerke (64%) het minder as 31% behaal terwyl die gemiddelde nasionale telling 37% is. Die rioolwerke in die Vrystaat het ’n gemiddeld van 26% behaal terwyl Noordwes se rioolwerke 30% en Limpopo 29% behaal het.

“Dit is ’n groot bron tot kommer en die departement van water en sanitasie sal moet fokus op die aanlegte wat nog ‘gered’ kan word. Die departement het nou geen ander keuse as om die privaat sektor en gemeenskappe om hulp te nader nie. As ’n mens na die Koster-saak kyk, is dit duidelik dat die antwoord in die krag van gemeenskappe lê.

“Die grootste vraag is egter of daar enige gevolge gaan wees vir die munisipaliteite wat die land se waterbronne al vir jare wetend besoedel. Die departement moet nou tande wys en byt waar hulle kan om diegene wat besoedel krimineel te vervolg terwyl hulle probeer om van die aanlegte te red,” sê De Klerk.

AfriForum sal ook sy moniteringsrol bly vervul en aanhou om jaarliks ’n blou-en-groendruppelverslag te publiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frederik C ·

Raar maar waar . Nêrens in Afrika kan ‘n rioolplaas of kragstasie bestuur word nie. Dit moet altyd deur buitelanders( lees Blankes) bestuur word. Dit is ook tans die geval in SA.

Daniel ·

Hulle sal dit eerder tot niet laat gaan as om ‘n blanke aan te stel.

Anel ·

Wys my iets in hierdie land wat werk wasr die ANC aan die stuur is? Hulle kerm oor put toilette maar om elke hoek en draai kry jy een wat ‘n muur of ‘n boom gebruik, so hoekom sal hulle nou moeite doen om ‘n rioolplaas behoorlik te bestuur. Duidelik verstaan hulle nie hoe dit werk nie en môre k.. en kerm hulle dat daar nie skoon water uit hul krane kom nie!!!

Elize ·

Hoekom sal hulle omgee oor rioolstelsels wat werk? Elke flippen muur is ‘n pee plek vir hulle. Moes nou die dag ‘n kind in skoolklere by ‘n mall aanspreek om nie teen die muur te pee nie maar binne toe te gaan en die toilet daar te gaan gebruik. Peste en ellendes se die Bybel dis waar maar hier word dit aangebring deur die vullis wat oral rondle en higieniese toestande wat daar min kennis van is.

Blikkies ·

Niks gaan gebeur nie, die ANC steur hulle nie aan wat die mense dink en sê nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.