Risiko hoog vir beurtkrag; Koeberg-fout kos miljarde

Suid-Afrika se Koeberg-kernkragstasie

Suid-Afrika se Koeberg-kernkragstasie

Eskom het Dinsdagoggend gesê daar is ʼn hoë risiko dat beurtkrag later die dag toegepas gaan word.

“Die kragnetwerk is onder druk en die kans vir beurtkrag is hoog. Ons sal later verbruikers inlig oor hoe laat beurtkrag in werking gestel gaan word,” het Khulu Phasiwe, ʼn woordvoerder van Eskom, gesê.

Intussen het Beeld Dinsdag berig dat die besluit om eenheid 1 by Koeberg verlede Sondag van die netwerk af te haal, die ekonomie R7.5 miljard gekos het, aldus ʼn energiespesialis.

Phasiwe het aan die dagblad gesê werkers het ’n stellasie opgestel ter voorbereiding vir die afskakeling van ’n reaktor by die eenheid vir beplande instandhoudingswerk. Tydens die opstel van die stellasie het dit per ongeluk aan ’n omskakelaar geraak wat toe ’n beperkte aardfout veroorsaak het. Die reaktor moes onmiddellik afgeskakel word om te voorkom dat dit uitbrand. Eskom moes sy gasturbines, wat met diesel aangedryf word, inspan om die eenheid se 900MW op te maak.

Die ekonomie het ʼn verlies van R7.5 miljard gely nadat Eskom fase 2-beurtkrag die Maandag daarna begin toepas het.

Phasiwe het Dinsdag gesê hy kan nie kommentaar lewer oor die finansiële implikasies daarvan nie.

Eskom moes Maandagmiddag fase 1-beurtkrag van 16:00 tot 22:00 toepas  weens ʼn tekort aan kapasiteit, en het die naweek landwyd fase 2-beurtkrag toegepas.

Die kragvoorsiener het Maandagoggend gesê die kragnetwerk sal die week steeds onder druk wees en die moontlikheid van beurtkrag bly hoog. “Daar is ʼn tekort aan opwekkingskrag weens eenhede wat tans weens beplande en onbeplande instandhouding nie krag aan die netwerk kan voorsien nie,” het die kragvoorsiener toe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Wonder maar net.
Eers toe daar ‘n moer in die reaktor laat val is was ons “gloriuos leader” se reaksie Sabotasie
Toe daar nie genoeg krag opgewek kon word nie was armige ou Jan van Riebeeck die oorsaak.
Eksdom was mos die eerste organisasie wat tenvolle BEE AA ens ens is asook die enigste grootmaat steenkool kragvoorsiener wat padvervoer gebruik vir sy steenkool (en in die proses die padinfrastruktuur totaal op$%##) .
Wonder wat nou die oorsaak van die ou R7.5 bn foutjie sal wees. Seker maar apartheid of dalk dat Jesus nog nie weer gekom het nie?

Francois ·

Hulle kon al die tolpaaie met die geld afbetaal het…go figure!

anet ·

Eskom het elke dag ‘n ander storie en verskoning. Ek glo nie meer al hulle tierlanteintjies en
stories wat hulle elke dag vir ons voorsit nie. Die probleme kom bloot neer op die feit dat die werkgewers en werknemers nie hulle werk gedoen het die afgelope 21 jaar nie. Hulle voeter net die reeds kwynende ekonomie verder in die graf in

boer ·

Mooi so ouens, hierdie jaar kry julle nog n groter “performance” bonus,
vir die briljante werk wat julle doen.

Ek wonder of Eskom ons sal inlig as die kragnetwerk nou werklik gaan omval???????? Sal die krag maar net af gaan, terwyl ons dink dis beurtkrag?

Wat gaan in hierdie land gebeur as ons nie krag het nie, ek dink dit sal die begin van n “civil war” wees???????

Dave ·

Op ‘n manier sal daar seker ‘n weg gevind word om om Jan vir die 7½m verlies te blameer.

Paul ·

“Die ekonomie het ʼn verlies van R7.5 miljard gely nadat Eskom fase 2-beurtkrag die Maandag daarna begin toepas het.”

Volgens wie? “Show your calculations…”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.