“Die kragnetwerk is tans onder druk. Ons verwag dat die netwerk later vanmiddag nog meer onder druk sal wees en dus is daar ʼn hoë risiko dat beurtkrag vandag sowel as die res van die week toegepas sal word,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, gesê.
“Ons is tans nie besig om beurtkrag toe te pas nie, maar ons kan sien die druk neem toe op die kragnetwerk.” Phasiwe het ʼn beroep op verbruikers gedoen om alle nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.
Volgens Eskom los talle munisipaliteite hul straatligte aan gedurende die dag. Talle mense los glo ook hul huise se ligte gedurende die dag aan. “Straatligte moet in die dag afgeskakel word,” het Phasiwe gesê.
Eskom het Dinsdag van 18:00 tot 22:00 fase 1-beurtkrag toegepas.
Ek dink dit sal ook net regverdig wees as die Ministers,Zuma en Nkandla se ligte ook afgeskakel word vir beurtkrag. Hulle moet ook die frustrasies ondervind wat ons elke dag ervaar.
Stem saam maar hukom net sekere plekke en ander ni huveel mense het al gekla dat hul krag af is maar ni die volgende dorp ni of word daar ni beurtkrag toegepas waar hoe geplaastes bly ni
Twak my krag is gisteraand half 10 tot half 11 gisteraand afgesit, regtig Eskom beter by sy skudule hou.
Regtig waar moet die straat ligte af wees. Ons ligte brand al sedert September die hele dag lank, aand kom is daar nie `n lig in sig nie. Hou op om krag uit te voer na ander lande en sorg bietjie vir jou eie land en sy mense. Of is daar nou weer een of ander “slim” persoon wat nie kan dink nie……..
As al die nie-betalers se krag permanent afgesit word sal die helfde van die problem opgelos wees.
Hi daar
Ek verstaan nie regtig die beurt krag ding nie….Volgens my moet almal daardeur geraak word..HOEKOM MOET NET SEKERE GEBIEDE DEUR LOOP ONDER BEURTKRAG!!!!!!! Ek bly in Mountain View Pretoria kry gereeld beurt krag.. Daspoort Hercules en Pretoria-Tuine le in dieselde gebied maar hulle kry glad nie beurt krag . Hoekom?????????? wat maak hulle so spesiaal, wat maak hulle anders as die res van ons gebied. As daai gebiede ook ingetrek word hoef my krag nie 3 ure per aand af te wees nie, dan kan dit miskien net een uur wees……
Mense moet net onthou dat JHB en Pretoria n gedeelte van sy krag self opwek deur hulle eie kragstasies wat niks met EKSDOM te doen het nie. Dit kan dan gebeur dat sommige verbruikers dan nie so sleg benadeel word nie. As dit nou al so sleg gaan wat le vir ons voor want winter spitstye is die aanvraag baie meer as in somertyd MAW smeer julle boude solank vet.