Rits polisiemoorde het Popcru kwaad, bekommerd

Argieffoto. (Foto: SAPD, Facebook)

Die polisievakbond Popcru is diep bekommerd nadat ses polisiebeamptes die afgelope tien dae vermoor is.

Altesaam 38 polisiebeamptes is binne agt maande tydens die uitvoering van hul pligte in Suid-Afrika om die lewe gebring. Dit kom neer op byna een polisiemoord per week.

Konst. Madikitsi Mota Malinga van die Vrystaatse provinsie is op 21 Augustus verwurg. Sers. Pumlani Dastile verbonde aan die Oos-Kaapse eenheid vir georganiseerde misdaad is twee dae later aan diens vermoor toe hy inligting rakende ʼn rooftog opgevolg het.

Sers. Sharon Mogale en sers. Mapule Petje van die Tembisa-polisiestasie in Gauteng is drie dae later (26 Augustus) in ʼn winkel aangeval en beroof. Die sersante se wapens is by hulle afgeneem en Mogale is in die kop geskiet.

ʼn Polisiebeampte van KwaZulu-Natal is net die volgende dag vermoor toe hy op pad was om ʼn kollega te gaan haal.

Die aanvalle het nie daar geëindig nie.

Twee beamptes van die Padverkeersinspektoraat (RTI) is noodlottig gewond toe meer as 15 skote Maandag op hul diensmotor in KwaZulu-Natal afgevuur is.

Die string moorde volg ʼn maand ná die grumoord op konst. Simon Ngakaemang Ntsekeletsa en sers. Mojalefa Horatius Molete wie se liggame einde Julie in ʼn uitgebrande motor in Noordwes gevind is.

Zizamele Cebekhulu, president van Popcru, sê die moorde het polisiebeamptes wat dit sien gebeur het, getraumatiseer en het ʼn negatiewe uitwerking op die moreel van beamptes.

Cebekhulu meen daar is ʼn dringende behoefte om te ondersoek waarom moorde op polisiebeamptes op só ʼn hoë vlak voortduur en wat gedoen kan word om polisielede te beskerm.

Hulde aan gestorwe polisielede

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal die naweek hulde bring aan 34 van sy lede wat tydens die vorige boekjaar tydens die uitvoer van hul pligte vermoor is.

Bheki Cele, minister van polisie, sal Saterdag saam met die naasbestaandes van die vermoorde polisiebeamptes kranse by die Uniegebou in Pretoria neerlê.

Die polisiebeamptes se name sal ook op die Nasionale Gedenkmuur by die Uniegebou gegraveer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Delia ·

Kransleggings en inskripsies op gedenkmure is too little to late. Die moorde moet nie gebeure.
Wat word daadwerklik gedoen om dit te voorkom

Nie Verbaas ·

Cele het geen idee nie maar Cyril hou hom as minister.

marius ·

Jy kan maar kransies le en krokodiltrane stort tot die hoenders gaan slaap . Julle het aan moordenaars meer regte as gewone mense gegee . Punt

Persheks Adri ·

Hoedeman jy’t nóg bloed op jou hande en wapens is weg! Hoop jy’s trots op jouself. Daar is dan petters wat gesê het dit gaan gebeur en hoed doen niks! Wat van ons wat elke dag vermoor en gemartel word?

Hans ·

Julius Malema het mos in Brackenfell gesê dat hulle die polisie gaan aanval. Van daardie tyd af is meer en meer polisiemanne ver vroue vdrmoor.

Moeilikheid ·

Hey Hoedman jy moet versigtig wees en om jou kyk en jou hoed vas hou. want die geweld in jou land is baie hoog.

Nie Verbaas ·

Dit is ongelukkig die gevolg van gebrek aan respek wat deur die ANC gekweek is. Die krimineel het in vandag se tyd meer regte as die normale man op straat. Die polisie beskik ook nie meer oor die gesag soos in die verlede nie as gevolg van algemene siening oor huidige bevoegdheid. Bring doodstraf terug en miskien word meer respek daardeur afgedwing.

Baardman ·

Want kriminele soos malema wat vuurwapens in die openbaar afvuur, kom niks oor nie.

gatgogga ·

Maar Julias het dan in die openbaar daarvoor gevra, het hy nie?

Casper ·

Malema se uitlatings oor daai Brackenfel debakel.Wat het dit met hierdie sinnelose moorde te doen.Daai uitlatings wakker geweld teen polisiebeamptes aan en wat is aan hom gedoen.Hoedman het weereens bewys die kriminele oorskadu die regstelsels en hy is en was nog nooit in beheer nie.Nou wil hy hê ons mag onself nie verdedig nie.

Delilah ·

Dit is omdat die meerderheid polisiemanne onbevoeg en oorgewig is – dit gaan mos oor jou vel kleur En dan wonder hulle nie oor al die plaas moorde, kapings inbrake ens

Samuel ·

Hoedman gee net om vir sy eie lewe en sy salaris. Die polisielede tel geen duit.

Swerwer ·

En wat van die onskuldige mense wat vermoor word? Tel dit nie POPCRU. Kry vir julle voel hoe die res van ons voel oor onskuldige mense wat vermoor word en die ANC doen absoluut niks nie en julle haal ook nie vir Hoed uit sy pos nie!

Natasha ·

So sê vir Cele om sy maatjie Malema te gaan sien oor die saak. Hy’t mos gesê EFF sal hulle dood maak. Jammer as dit koud en ongevoelig klink, maar die polisie is meer korrup as die kriminele en doen niks aan plaasmoorde nie. Niemand verdien om vermoor te word nie, maar die polisie behoor beter opleiding te kry en strenger teen kriminele op te tree om die tipe ding te beheer.

Deon ·

Julle wag darem maar bietjie lank voor julle se julle raak bekommerd, nou wonder ek, hoeveel verder gaan sterf voor daar daadwerklik opgetree gaan word

Riekert Arend ·

Hulle kan nie optree nie want hulle weet nie hoe nie. Laat die polisie bietjie voel hoe ons voel, Ek voel Vreeslik jammer vir die minderheid Mag lede wat lewe en streef vir reg en geregtigheid wat nou onder ‘n korupte spul val en deur dieselfde kam geskeer moet word.
Maar ongelukig moet die onkruit saam met die goeie saad groei voor dit uitgetrek kan word.
Kry die persone wat verantwoordelik is in die hande vir Bulldog malema en kie.
ANC NET WAT JULLE SAAI SAL JULLE MAAI!!!!!!!!!!

Ria ·

Ons land is die grootste mislukking denkbaar. Ek kry skaam vir alles hier. Die regering is pateties, en alles, maar alles stort ineen. Geen wet en orde

Sarel ·

Die man wst gedreig het om Polidirledecte vermoor sit nog steeds in die Parlement. Verduidelik dit vir die families. Kranslegging….vervang nie ‘n Vader Moeder
En kan ook.nie kos koop nir

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.