Ritueelmoord: Beskuldigde laat vaar borgtogaansoek

Edward Raatji in die Mokerong-landdroshof op 20 Julie 2016 (Foto: ANA)

Edward Raatji in die Mokerong-landdroshof op 20 Julie 2016 (Foto: ANA)

Een van die beskuldigdes wat glo ʼn vrou vir haar liggaamsdele vermoor het, het sy aansoek om borgtog laat vaar. Sy medebeskuldigde voer egter aan hy het slegs die liggaamsdele vervoer, onbewus van dit wat in die sak was.

Stanley Mohlake en Edward Raatji het Woensdag in die Mokerong-landdroshof naby Mokopane (Potgietersrus) verskyn.

Mohlake het aan landdros Charity Kekana gesê hy wil nie meer aansoek doen om borgtog nie. Hy het sy aansoek teruggetrek ure ná die saak van die Polokwane-landdroshof na Mokerong oorgeplaas is.

Raatji, die eerste beskuldigde in die saak, het met sy borgtogaansoek voortgegaan. Hy is ʼn tweedejaar regstudent aan die Universiteit van Venda.

Die twee mans is op 10 Julie in hegtenis geneem nadat hulle “ongewone produkte” by ʼn taxistaanplek in Polokwane (Pietersburg) verkoop het. Die staat voer aan die twee mans het ʼn onbekende vrou vermoor en haar kop en liggaamsdele afgekap.

Raatji het tydens sy aansoek om borgtog aan die hof gesê hy het slegs ʼn rygeleentheid vir Mohlake aangebied. Hy het nie geweet wat is in die sak nie.

Die kop en geslagsdele was in ʼn koerant toegedraai.

Die saak is tot 27 Julie uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor die Limpopo-ritueelmoord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

Rassisme moet die rede wees… of apartheid… of … Jan van Riebeeck…

Theresa ·

Dis afskuwelik dat sulke barbaarse rituele nog uitgevoer voer in hierdie eeu. Nie ‘n wonder daar is soveel name wat rond geslinger word nie.

Joann ·

John ek stem saam. Agtergeblewene,Jan Van Riebeeck,apartheid,onderdrukking. Ha ha ha ha

Pam ·

Nogal ‘n regstudent !!!!!!! Hy moet maar liewer opskop want van “REG”weet hy absoluut niks en mors sy tyd en wie ookal se geld. Hoe kan n mens n sak dra en nie weet wat daarin is nie. Hy klink maar vir my heeltemal te onnosel om regte te studeer !

Frederik ·

Ek wonder self hoekom hy die sak moes dra, want hy is byna dubbel die ander een se ouderdom.

Nita ·

Pragtige voorbeeld van ons land se beskawingspeil, hahaha! Regsstudent handel in stukke mens. Red nou n volk met so n nasie.

snoefie ·

as mens round vleis in koerantpapier toedraai syfer die blied deur due koerant. mens kan seker maar dink jy dra n sak met vleis in.

annette duvenhage ·

Beskaafd…? wat n understatement. Barbaars verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.