Rob dood na diereorganisasies glo hulp weier

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Beseerde rob wat Sondag op ʼn strand in Richardsbaai gevind is, is ondanks verskeie pogings om sy lewe te red, deur die nag dood.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het in ʼn verklaring gesê die instituut is omstreeks 15:30 in kennis gestel van ʼn rob wat op die 5 Mile-strand lê. Omstanders het gesê hulle kon ondanks verskeie versoeke vir hulp aan dierereddingsorganisasies geen hulp van hulle kry nie en het daarom die NSRI genader.

Die NSRI het vrywilligers na die toneel gestuur waar die Kaapse pelsrob op die strand gevind is. Robbe kom nie normaalweg in Richardsbaai voor nie en die rob wat op die strand gevind was, was ontwater en verkluim. “Die NSRI het weereens probeer om ondersteuning by plaaslike diereorganisasies en veeartse te kry, maar alle pogings het misluk,” het die instituut gesê.

Die NSRI-vrywilligers kon uiteindelik daarin slaag om uShaka Marine World in Durban te kontak, wat ingestem het om die rob te behandel. Die rob is in komberse toegedraai en agterop die bakkie van ʼn vrywilliger gelaai wat die 200km-reis na Durban aangepak het.

Veeartse by uShaka Marine World het bevestig dat die rob ontwater en verkluim was en het die rob formulemelk gevoer en ‘n verwarmingsproses begin. Ten spyte van hul beste pogings, is die rob deur die nag dood.

Volgens die NSRI is dit nie duidelik waarom die rob so ver noord in die see was, waar robbe gewoonlik nie gevind word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gerhard ·

Wanneer ‘n mens dringend hulp nodig het vir ‘n wilde dier is dit beter om die plaaslike tak van ‘n jagtersvereniging te kontak. Díe ouens is gereeld bereid om ekstra moeite te doen, en het gewoonlik praktiese kennis, in teenstelling met sogenaamde diere-en diereregteorganisasies.

Shannon ·

Dis verblydend om te hoor. Is dit egter die geval dat indien die dier nietemin sou snewel, soos in hierdie geval wel die geval was, dat die vereniging dan die reg het om die rob as tophy te hou ?

Gerhard ·

Nee, eiendomsreg sal nie vestig in die vereniging nie. Die woord is “sneuwel”.

jhon ·

Mag die rob spook, by die mense wat hom of haar nie wou help nie.

Victor ·

Ek hoop dat dié mense, wat geweier het om dié rob te help, ook geweier sal word deur dokters/mediese personeel as húlle ernstig/dodelik siek is…!
Hoekom as mense vra vir hulp, moet dasr dadelik gespring word, maar wanneer n dier (in dié geval n rob) siek is of hulp nodig het, dan word daar in n ander rigting gekyk…??!!

Ek is bly daar is darem wel mense wat omgee vir die welstand van diere !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.