Rob Packham hoor sy lot

Rob Packham in die hof. Foto: Courtney Africa/African News Agency(ANA)

Rob Packham, die sakeman van Constantia, is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op sy vrou.

Regter Elize Steyn het Packham ook skuldig bevind op aanklagte van dwarsboming van die gereg.

Steyn het Packham se weergawe van die gebeure verwerp en bevind hy het sy vrou Gill vermoor. Volgens Steyn was Packham se gedrag na sy vrou vermis geraak en later dood gevind is nie die tipiese gedrag van ʼn ontstelde man wie se vrou vermis was en dood gevind is nie.

Steyn het ook gesê Packham het snedige en sarkastiese reaksies gegee op vrae wat aan hom in die hof gestel is. Steyn het bevind die staatsgetuies se getuienis was eerlik, konsekwent en geloofwaardig. Packham se reaksie op hul getuienis was volgens Steyn onpersoonlik, onredelik en word daarom verwerp.

Packham (58) het reg deur sy verhoor volgehou hy is onskuldig. Steyn sou Donderdag al uitspraak lewer, maar die saak is toe tot vandag uitgestel aangesien sy nog nie gereed was nie.

Rob en Gill Packham. Foto: Facebook

Gill Packham het op 22 Februarie verlede jaar, die dag waarop sy as vermis aangegee is, nie soos gewoonlik omstreeks 07:30 by die werk opgedaag nie. Haar liggaam is later in die kattebak van ʼn uitgebrande BMW naby die Dieprivier-treinstasie gekry.

Die staat het aangevoer Rob het haar met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan en toe die BMW met haar liggaam daarin aan die brand gesteek, in ʼn poging om die polisie se ondersoek in die wiele te ry deur bewyse te vernietig. Twee getuies het Packham ook geïdentifiseer as die man wat in ʼn wit Audi van die moordtoneel af weggery het.

Daar is tydens die verhoor ook verwys na bloedspatsels wat in die motorhuis en badkamer van die Packham-woning gekry is. DNS-ontleding daarvan het gewys dit was Gill se bloed in die badkamer, sowel as aan die deurhandvatsel aan die binnekant van Rob se motor. Rob se bloed is onder die wasbak in die badkamer en op ʼn handdoek of badmatjie gekry.

Packham het tydens die verhoor gesê dit is moontlik dat sy vrou gekaap en vermoor is. Die staat het egter die bewering verwerp en gesê Packham het sy vrou die vorige aand twee keer met ’n stomp voorwerp geslaan. Hy het homself daarna in ʼn moeilike posisie bevind weens sy buite-egtelike verhouding en sy vrou se ongelukkigheid oor sy ontrou.

Die egpaar het huweliksprobleme gehad en berading ontvang, nadat Packham oor sy ontrou gebieg het. Die nag voor Gill se verdwyning het hulle ʼn beradingsessie gehad, teruggekeer huis toe en die res van die aand daar gebly, het Packham aan die hof gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Engela de Klerk ·

Hierdie is ‘n uiters siek en gevaarlike man. Hoop hy sien NOOIT weer daglig!

jannie ·

Kan nie glo jy kan so oulike vrou so wreed dood maak nie……vat hom vir altyd uit samelewing…sy arme dogters.

ES ·

Het hy nou regtig gedink hy gaan wegkom daarmee?

Ysingwekkend… vermoor iemand net omdat jy met jou skelmpie wil wees? Skei eerder man!

Daar is darem maar siek mense daar buite. Vrot in die tronk!

Of Sieker ·

Maak jou ander helfte se lewe so hel dat sy selfmoord pleeg. Dan kom jy skotvry daarvan af en almal voel boonop jammer vir jou oor jy die arme man is wat moes sukkel met die mal vrou….dit verg net ewigdurende aftakeling, isolering en die breinspoeling van die mense om julle.

Agie ·

Nou is ons land se wette ontoereikend. Die galg is hier van toepassing. Susan Galloway is puik.
Smyt daai tronksleutel in die see.

Koos de Meyer. ·

Ten minste een regter wat integriteit het en regverdig is. Hy sal eendag ook voor die allerhoogste moet staan en hoekom hy sy belofte verbreek toe hy ‘n belofte gemaak het op sy troudag.

Thelsa ·

Hy kan lekker op Jason Rohde se skouer huil. Hietdie is ‘n carbon copy.

Gert van Wierdapark ·

Die man het mos besluit: Gaan GROOT, of gaan huistoe. Toe kies hy die Groot en nou gaan hy na n ander tuiste toe! Boontjie kry sy loontjie. Dis n wonder sy skelmpie het nie om strafversagting getuig nie!

MARYNA ·

Dalk moet ons ou mensdom,eers meer volwasse raak,voordat ons trou?
Dalk moet ons,dit eerder meer n geloofsaak maak en berading deurgaan voordat ons in die huwelik tree?
STERKTE AAN DIE KINDERS en naby famielie ?

PJC ·

Dit het nou ń gewoonte geword vir sommige mans om van hul vrouens ontslae te raak deur hulle te vermoor. Al raad gaan wees om hulle vir ń baie lang tyd toe sluit. Skink vir daai regter ń dubbel “Bells”.

Wielspore ·

In die verdediging se aansoek ter versagting is gevra vir ‘n opgeskorte vonnis omdat die beskuldigde gewoond is aan ‘n luukse leelstyl en die tronkstraf hom persoonlik sal benadeel.
Dit wys net weereens uit watse stofasie die man is en hoe hy neerkyk op mense en die regs stelsel.
Stuur hom tronk toe, hy verdien dit!

Linda ·

Good Riddens !!! Gooi die sleutels in die diep see !!! Hoeraaaaaa !!!!

Linda ·

As jy op 58 nog nie volwasse is nie, en nie jou seksdrange kan beheer nie sal jy nooit volwasse raak nie ! Nes n jakkals wat gereeld die boer se hoenderhok oopbreuk en die hoenders vang !!!

Pappa Wag ·

Wys maar net , jy hoef nie arm te wees om “common” te wees nie. Geld maak jou nie beter as ander nie. Wat jy pay, waar jy bly en wat jy ry, maak nie saak nie. Sakeman, maar ook moordenaar!

Theresa ·

Dis juis geld wat sulke dinge ook laat gebeur. Kyk maar ook vir Rhode. Pleks dat hulle skei en alles deel wil die een alles hê en vermoor eerder maar die ander een.
Geld maak ‘n mens baie dom. Gedink hulle kan wegkom met dit en nou is daar soveel lewens verwoes want daar is in albei gevalle kinders wat met die wete dat my pa my ma vermoor het.

Net so ·

Theresa – Hy het duidelik vergeet van een skakel , Susan Collaway . Sy is briljant en sy maak seker die son skyn voordat sy dit in die hof gaan se . Haar werk is baie deeglik . Die man het gekry wat hom toekom , om sy vrou en die ma van hulle kinders te vermoor en op so wyse is siek verby . Ek wonder maar net of die ander vrou die man sal gaan besoek in die tronk , ek twyfel ?

Louis Botha ·

Theresa ek dink weer geld maak baie mense arrogant. Hulle dink omdat hulle geld het geld die reels nie vir hulle nie. Ek ken n paar sulke mense …hulle almal het affairs, dink hulle is onweerstaanbaar vir vrouens en so vol van hulle self.
Kry vir jou meneer…die wiel draai.

Von ·

Laat hierdie n waarskuwing wees vir die mensdom……wat het hy nou van sy eskepades net mooi niks…….nou moet hy verder sy misrabele lewe leef en sy gewete sal hom hopelik ry tot in ewigheid……….hoe hartseer

Domvraag ·

En nou dat hy skuldig is en sy liegstories nie gewerk het nie, nou word die sielkundiges nader geroep om te getuig hoe wonderlike mens hy is en dat dit sy omstandighede en ongelukkige en mishandelde kinderjare is wat dit veroorsaak het, nie hy nie.
Nou word gevra vir versagting en dat hy so jammer is. Sy vonnis moet egter verswaar word want hy het gelieg vir die hof onder eed en het geen rou betoon.

Attie. ·

Rof, rowwer, RSA. As hy korter moet sit as 20 jr dan weet ek nie. Om te dink hy hoef nooit weer te werk nie, sy verblyf en Gim is gratis en hy kry klere op staatskoste. Lekker vir hom. Ek hoor jou vriende in die tronk misbruik jou. Ek gun dit vir niemand nie, en dit vir 20 jaar. Dis ‘n baie lang tyd.

Anoniem ·

Geen vrou, geen man, NIEMAND verdien om vermoor te word as gevolg van ‘n ander se wellus of boosaardigheid nie. Al is die straf hoe swaar vir hom om hom as voorbeeld te stel, dit sal aanhou want die inherente boosheid van die mens sonder God sal altyd na vore kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.