Rob Packham kry 22 jaar tronkstraf

Rob Packham. (Foto: Armand Hough/ANA)
ANAPix

Die hooggeregshof in Kaapstad het die veroordeelde moordenaar Rob Packham, wat sy vrou Gill wreed vermoor het, Woensdag 22 jaar tronkstraf opgelê.

Gill Packham het op 22 Februarie verlede jaar verdwyn en het nie soos gewoonlik die oggend omstreeks 07:30 by die werk opgedaag nie. Haar liggaam is later in die kattebak van haar uitgebrande BMW naby die Dieprivierstasie gekry.

Rob Packham het aangevoer dat Gill dalk die slagoffer van ʼn kaping was, maar die hof het vroeër sy weergawe van gebeure verwerp.

Regter Elize Steyn het die sakeman tydens sy skuldigbevinding as ʼn vernuftige leuenaar bestempel wat ʼn dubbele lewe gelei het.

Sy het hom op 20 Mei skuldig bevind aan die moord op Gill, asook op ʼn aanklag van regsverydeling.

Kerry Meyer (28), een van die Packhams se dogters, het vroeër ter versagting van vonnis vir haar pa getuig. Sy het by die hof gesmeek om haar pa nie “vir ewig” agter tralies te sit nie, omdat sy wil hê hy moet daar wees wanneer sy en haar 26-jarige suster, Nicola, eendag kinders kry.

Steyn het Packham tot 20 jaar tronkstraf vir moord en vier jaar tronkstraf vir regsverydeling gevonnis. Twee jaar van die vier jaar-vonnis sal samelopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

wilma ·

Die laaste paragraaf moet seker lees “Packham is tot … gevonnis”.

Sune van Heerden ·

Dagsê Wilma

Ons vra om verskoning vir die fout!
Die berig is intussen gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

ES ·

Hy verdien elke sekond wat hy in die tronk deurbring. Hy gaan amper 70 jaar oud wees as hy in aanmerking kom vir parool…

Landie ·

Kry maar vir jou ou man!!! Jy kry wat jy verdien. Dink 20jaar is te min vir die moord of die leuens wat jy agterna opgemaak het om jou aandeel toe te smeer.

Gert van Wierdapark ·

Packham het homself destyds in ‘n “Catch 22 Situasie” bevind tussen sy meisie en vrou! Hy is gevang (ge-“catch”), en nou is dit 22 jaar sonder sy meisie EN sy vermoorde vrou. Hy gaan nog baie strepies op almanakke in sy Oranje-pakkie in die tronk trek!!

Adel ·

Beste van alles is as jy iemand verkrag kry jy lewenslank maar as jy iemand vermoord dan kry jy net n paar jaar……..hy moes lewenslank te gekry het !!!!!!!

charmaine ·

Hoe hy sy vrou vermoor het en gelieg het moes hy lewenslank gekry het.

Loraine ·

Kan nie glo dat sy dogter pleit vir versagting vir hul pa net dat hy daar moet wees om eendag daar te wees as hulle kinders het, nadat hy hul ma op so n wreedaardige manier vermoor het nie. Wat van hul ma, sy sou ook graag daar wou wees en die voorreg te he om n ouma te kon wees.Hy verdien eintlik lewenslank.

Spatare ·

Nee jong daai verstaan ek ook nie, daai klink net nie vars nie.

Valerie ·

Inderdaad. Sê hallo vir jul oupa, jul ouma se moordenaar. Klink fantasties normaal . . . not.

Vania ·

die feit dat hy sy daade toe smeer se my een ding, hy nie jammer nie, hy is jammer hy is uit gevang !!!!

Carol ·

Lewens het goedkoop geword as dit by vonnisse vir moord kom!!!

Theresa ·

Dis nie genoeg (22 jaar) vir wat hy aan die arme vrou gedoen het nie. Hy gaan nie eers die hele 22 jaar sit nie. Uit die tronk kom, met sy lewe aangaan asof niks gebeur het nie. Sy dogters wil hul pa daar he vir hul kleinkinders – wat van hul ma. Dit is haar alles ontneem deur hierdie buffel!! Hoop jy kry wat jy verdien in die tronk!!

Lizzie ·

Ja ek verstaan ook nie ons regstelsel nie. Dit is hoekom daar soveel moorde gepleeg word. Strawwe nie swaar genoeg nie.

Miekie ·

Ek wil nou net graag weet hoekom kry hy net 22 jaar. Rhode het lewenslank gekry en nog klomp jare oor hy gelieg het. Ek weet die een is verbrand en Susan Rhode is verwurg maar altwee mans het vir die hof gelieg. Hoekin kry ou Packman so min. Hy verdien mos ook lewenslank. Ek kan nie dink die dogters wil so monster by hulle kinders loslaat nie.

Trudie ·

Die woede sal seker eers later kom as die stof gaan lê het en hulle na hul Ma verlang. Ek wil sê bloed is dikker as water….. maar wat dan van die Ma? Vergifnis is goed. Dit beteken nié jy sê dit is OK wat hy gedoen het as jy vergewe nie. Onvergewingsgesindheid bring bitterheid. Dit maak jou sielsongelukkig en vreet jou van binne af op. Dit maak jou geestelik en liggaamlik siek.

Niklaas ·

Ek dink die 22 jaar is gepas al sal daar vir goeie gedrag n heel aantal jare afgeskryf gaan word. Dit werk maar altyd so. Maar ek is ook verbaas oor sy dogter se gepleit. Dink sy nie eers aan wat haar eie ma ontneem is nie ? Baie vreemd.

Right said Fred ·

Sy weet dalk van wat alles in haar ouerhuis aangegaan het…

Issabelle ·

Ja nee …. what comes around …. goes around …. kan nie glo die man wat sulke wrede dade aan sy vrou gedoen het nie…. ek glo nie sy kinders besef die pyn wat sy vrou moes deur gaan voordat hy haar vermoor het nie …. hoekom dan nog lieg & oneerlik wees oor alles ….

Lana ·

Susan is ongelukkig nie net vir 22 jaar lank dood nie.
Daarom moes hy ook maar “vir ewig” sit!!

Blackie ·

Hoe vertrou ‘n mens ‘n moordenaar by jou kinders? As hy sy vrou kon vermoor wat sal hy tog voel vir sy kleinkinders? Hy moet nooit weer vryheid sien nie!

Linda ·

Na Oscar se vonnis kry al hierdie ouens wat hul vroue vermoor het net 20 of 22 jaar vonnis !!! wat nie reg is nie !!!

Liewe Heksie ·

Die kinders pleit vir die hof om hom nie lewenslank toe te sluit nie, maar het hy aan hulle gedink toe hy rondgeloop het en toe sy vrou vermoor het? Nee wat hy kan maar gaan sit, nou het hy genoeg tyd om aan alles te dink. Hoop die skelmpie voel darem net so bietjie skuldig.

Christel ·

Wat ek nie kan verstaan in al hierdie gevalle waar pa vir ma doodmaak of ma vir pa nie is die kinders wat nie wil hê die oorlewende een moet lank tronk toe gaan nie, dit was `n brutale moord op jou ma, hy het hulle lewenslank ontneem van hul ma hoe op dees aarde regverdig dit dat hy nie lank tronk toe gaan nie jammer ek is seker `n lelike mens maar as my pa my ma doodmaak vir sy eie selfsugtige redes wil ek niks met hom te doen he vir die res van my lewe nie

waarheid ·

Hoop die vrou waarmee hy gelol het en sy vrou voor vermoor het word ook aangekla.
Sy is deel van die grusame pakket sou ek se. Sy het gehelp om almal se lewens te verwoes.

Wonder ·

Ek wil nog steeds weet wie het hom by die stasie opgelaai nadat hy die voertuig daar aan die brand gesteek het?

PaulV ·

Wonder; niemand het vir Packham by die stasie opgelaai nie. Ooggetuies het hom in sy Audi sien wegry, dus het hy eers Gill se BMW [met haar liggaam in die kattebak] stasie toe gery en toe seker ‘n taxi gehaal tot by sy huis om sy kar te gaan haal. Hy het stasie toe gery en haar BMW aan die brand gesteek en toe met sy voertuig weggery.

Hanlie ·

Seker ‘n Uber gereel. Hierdie keer gaan hy lekker in ‘n polisiewa – nie huis toe nie, maar tronk toe!!!

Leser ·

Kla die skelmpie ook aan.
Sy weet dalk baie!!!!
Hoop sy kry skaam oor die verwoesting waarvan sy deel was.

JAN ·

Die ergste ding wat mens kan oorkom is om uit te vind ‘ / besef dat jy met jou enigste vyand getroud is.
Gesinsgeweld is ergste in SA

Wonder ·

SA regstelsel n reuse grap. Kyk hierdie ou, sy vrou sou maklik nog 30 jr gelewe het, hy het dit weggevat v haar. Die hof ‘vat’ net 20 jr by hom maar hy lewe nog. Oscar Pistorius se slagoffer so seker nog 60 jr gelewe het, hof vat net n paar jaar van hom en hy is n celebrity in die tronk. Belaglike stelsel. Hulle kyk na die moordenaar se sg persoonlike omstandighede maar vergeet skoon v die lewe en lewensgenietinge wat die slagoffer permanent ontneem is. Beplande moord soos Packham, Pistorius, Rhode ens ens moet lewenslank kry met minimum 40 jr in my opinie

Lynette ·

Dis ‘n skande dat sy dogter nog.haar pa bystaan nadat HY HÀR MA VERMOOR EN AAN DIE BRAND GESTEEK HET. Dit is ‘n konkrete bewys van die totale invloed en beheer wat n narsissistiese psigopaat op die mense om hom kan hê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.