Rob, skilpad in visnet op strand gekry

Foto: NSRI

ʼn Rob en ʼn karetskilpad wat in ʼn visnet verstrengel geraak en op Langstrand by Kommetjie in die Wes-Kaap uitgespoel het, is Woensdag gered.

Lede van die publiek wat langs die strand gestap het, het op die diere afgekom en alarm gemaak, het Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.

“ʼn Reddingspan van die NSRI in Kommetjie het reageer en personeel van die Twee Oseane-akwarium het by hulle aangesluit.”

Foto: NSRI

Die rob en skilpad was in dieselfde net vasgekeer en volgens Lambinon was hulle waarskynlik ʼn hele ruk in die net vasgekeer voor hulle Dinsdagaand tydens ʼn storm uitgespoel het.

Die rob was baie getraumatiseerd en gespesialiseerde toerusting is gebruik om die diere te bevry. “Die rob het ongedeerd gelyk en onmiddellik na die see teruggekeer terwyl die skilpad na die Twee Oseane-akwarium geneem is.”

Volgens Lambinon het die akwarium laat weet dat die skilpad goeie sorg en rehabilitasie ontvang, in goeie gesondheid is en binnekort weer in die see vrygelaat sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lynette ·

Dit is so jammer, diere wat moet lei onder mense. Haal al die nette uit, die see is hulle bly plek.

Cherokee ·

Hoe kan diere ooit lei onder mense, Lynette? Hulle het tog nie daardie intelligensie nie. Maar verrassend, hulle het tog leiers onder hulself.

Gottlieb ·

Die hoë prys wat seediere betaal vir ons smaak vir seekos

Phillip ·

Ja so is hulle lewe gerd en die en die diere kringloop kan weer voort plant baie dankie vir oplenende mense en hulle lewe

Essa ·

Die stappers wat moeite gedoen het om betrokke te raak en die instansies wat reageer het, het gesorg vir ‘n storie met ‘n goeie einde. Dit sou andersins as nog ‘n misstap teen weerlose natuurlewe eindig. Dankie julle ????

WIEBO ·

Baie baie dankie aan almal wat die 2 diere gered het! Julle sal geseen word!

Rudolph ·

Alhoewel die oorblyfsels van visvang nette, lyne en toue verantwoordelik is vir meer as 40% van die plastiek besoedeling in die oseane bestel ons nou skielik ons Coke Light by Ocean Basket sonder ‘n strooitjie en ons wens onsself geluk met ons omgewings bewustheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.