Robbeneiland brand, maar geen rede tot kommer

Foto: Suné van Heerden

Foto: Suné van Heerden

Die stad Kaapstad het die publiek Woensdag gerusgestel dat ʼn brand wat tans op Robbeneiland woed, ʼn beheerde brand is en dat daar geen rede tot kommer is nie.

Wilfred Solomons-Johannes, ʼn woordvoerder van die stad se rampbestuureenheid, het Woensdag aan Maroela Media bevestig dit is ʼn ekologiese brand wat met opset gestig is om van indringerplante ontslae te raak. “Die brand is Dinsdagaand begin en mense sal nog tot Saterdag rook oor die eiland sien,” het Solomons-Johannes gesê. “Daar is egter geen rede om bekommerd te wees dat die brand buite beheer sal raak nie, al is hier ʼn effense sterk wind in die lug.”

Hy het gesê brandbestryders van die stad asook die stad se brandweerwaens is na die eiland gestuur om seker te maak die brand word onder beheer gehou. Brandbestryders gaan ook op die eiland oornag totdat die brand heeltemal geblus is en die situasie word fyn dopgehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.