Robert McBride se skorsing onwettig

Robert McBride Dinsdag (6 September 2016) in die hof. Foto: ANA

Robert McBride Dinsdag (6 September 2016) in die hof. Foto: ANA

Die konstitusionele hof het Dinsdag bevind dat Nathi Nhleko, die minister van polisie, se besluit om Robert McBride as hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) te skors, onwettig en ongegrond was.

Die hof het ʼn bevel wat die skorsing ter syde stel bekragtig en die parlement beveel om binne 30 dae te besluit of hulle McBride wil dissiplineer. Daar is verder beveel dat Nhleko al die regskostes in die saak dra.

Nhleko het McBride aan die begin van verlede jaar geskors omdat hy na bewering gepeuter het met ‘n verslag oor ʼn ondersoek teen lt.genl. Anwa Dramat, die voormalige hoof van die Valke. Die verslag het verband gehou met die beweerde onwettige deportering van vyf Zimbabwiërs wat gesoek is vir die moord op ʼn polisieman in Bulawayo.

Die hooggeregshof in Pretoria het in Desember bevind dat die wette waarop Nhleko gesteun het om McBride eensydig te skors, ongrondwetlik was. Die skorsing is ter syde gestel, hangende ʼn uitspraak van die konstitusionele hof.

Die konstitusionele hof het die parlement Dinsdag opdrag gegee om die “tekortkominge in die wetgewing” binne 24 maande reg te stel.

McBride het na afloop van die hofverrigtinge gesê hy is dankbaar teenoor diegene wat hom gedurende die hofsaak ondersteun het. “Die hof het die onafhanklikheid van Opod bevestig, die beginsels is nou duidelik vasgestel en Opod kan nou sy werk sonder vrees, begunstiging of voordeel doen,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jakes ·

Hy is onaantasbaar en kom al vir etlike jare weg met enigeiets. Dalk weet sekere ‘hooggeplaasdes’ as hy ondergaan vat hy hulle saam met hom ondertoe. Belaglik en korrup.

Hennie ·

Hier is een van die voorbeelde wat keer op keer in die moeilikheid beland en later soos ‘n prop uitspring in ‘n ander top posisie. Hy is skynbaar onaantasbaar, vandaar die grinnik op sy gesig op die foto.

Scalla ·

Die bomplanter het met moord weggekom, nou is hy n comrade en onaantasbaar, hoe meer jy aanjaag hoe groter pos kry jy.

KarooKlong ·

Julle is almal verkeerd. Jy kan niks verkeerd sê van hierdie man nie. Hy kan ook niks verkeerd doen nie. Die regstelsel maak voorsiening vir sy soort. PUNT.

m ·

Untouchable soos gewoonlik. Hierdie tipes maak net soos hulle wil en sal altyd met alles wegkom……

GES ·

Dit lyk aanvanklik of die duiwel mooi na sy kinders kyk maar die dag gaan aanbreek en die val gaan bitter hard wees.

KarooKlong ·

GES, soms verwar ‘n mens die duiwel met sy kinders. Hierdie is hy.

Francie ·

Hoekom is ek nie verbaas nie. Hy kom absoluut weg met alles, maak nie saak wat hy doen nie.

Anne ·

Dis regtig tyd dat daardie grinnik van sy gesig af gehaal word, iewers gaan sy verlede hom inhaal.

Jan maak n plan ·

Hulle moes eintlik vir Mcbride toe gesluit het I.p.v om hom te skors. En Nhleko sal ook nie n sent uit sy sak uit betaal nie maar wel die belasting betalers.

Hennie ·

Verkeerd Karooklong, jy kan dalk niks se van hierdie man nie, ons kom verder as jy en weet presies wie en wat is hy. Ons kan alles van hom se, al beskerm die hof hom. Jammer maar jy praat uit jou beurt uit.

M A ·

Eish! As ek dronk bestuur, word ek afgedank en ek het nie n been om op te staan nie. Hoekom mag meneer nie geskors word nie?

Popeye ·

Op grond waarvan al die veroordeling jeens Mc B? Sy verlede ja, maar hierdie hofuitspraak het groot demokratiese waarde in geheel.

Pastoor ·

Hy kan met alles wegkom voor die graf. Anderkant die graf is die Regter n heel ander Persoon. Die mens is bestef om eenmaal te sterf en daarna die oordeel. Daar kom niemand verby nie. Dat hy smile

Carel ·

Jy is reg Pastoor. Hou sagkens in gedagte dat ons nie daardie oordeel oor ‘n persoon kan uitspreek nie. Die goeie nuus is dat daar wel ‘n skeiding kom tussen reg en verkeerd.

Frans C ·

Al wat ek van dit verstaan is dat sy skorsing ongrondwetlik is omdat die wette ingevolge waarvan hy geskors is ongrondwetlik was. Dit beteken mi nie dat dit wat hy gedoen het nie verkeerd was nie maar dat hy nie geskors kon word vir sodanige optrede in terme van die wetgewing wat gebruik is.

Skerp Spioen ·

Hierdie uitspraak gaan nie oor McBride nie maar oor die magte van die polisie minister vs die onafhanklikheid van IPID. Die parlement het nou 30 dae om McBride se doppie te laat klink. Die uitspraak is ‘n reuse oorwinning vir die land itv die onafhanklikheid van Artikel 9 instellings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.