Robertson-moordenaar kry lewenslank

Argieffoto.

Argieffoto.

Jaylin Karelse (20) is Donderdag gevonnis vir die verkragting en moord op Marlene Standaar in 2012 in Robertson in die Wes-Kaap.

Karelse is in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis ná die moord op 1 Januarie 2012.

Volgens Eric Ntabazalila, ʼn woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het Karelse in Oktober 2011 vir die eerste keer by die slagoffer, Marlene Standaar, se huis ingebreek en haar probeer verkrag. “Sy het gegil, terugbaklei en na haar bure se huis gehardloop,” het Ntabazilila gesê. “Karelse het uit ʼn venster ontsnap en Standaar kon hom nie ná die voorval identifiseer nie.”

Karelse het Standaar op 1 Januarie 2012 deur ʼn venster gesien waar sy lê en slaap het. Hy het deur ʼn oop venster toegang tot die huis bekom. “Hy het haar verkrag, ʼn tou om haar nek vasgebind en haar verwurg. Hy het haar selfoon en ʼn goue horlosie gesteel,” het Ntabazalila bygevoeg.

Karelse het aan die polisie erken hy het Standaar vermoor. Hy is ook deur DNS-toetse aan die verkragting verbind. Hy het in ʼn pleitooreenkoms skuldig gepleit op twee aanklagte van poging om te verkrag, en ʼn aanklag van verkragting, moord, poging tot moord en diefstal.

Karelse is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord met ʼn bykomende 35 jaar vir die ander misdrywe. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PR mc Kay ·

Was hy maar n bekende atleet ,uit n ryk familie wat die finansieele rugsteun vir n reuse media oortuiging ,tv. ens . Het hy glad nie aan sport deelgeneem nie ? Jammer

Tokkie ·

PR

Ek voel jammer vir Reeva se ouers – my seun is ook doodgeskiet en die persoon wat hom geskiet het het ook losgekom omdat sy ouers die “regte” mense geken het. Die hof het beslis en ons het met tyd daarby berus.
Maar om bg saak met OP se saak te vergelyk is nie regverdig @ OP nie – dit is om soos pere met appels te vergelyk.

Paul ·

Ja, want om by iemand se huis in te breek, die persoon te verkrag en items te steel, is mos presies dieselfde as die Pistorius-saak… Ai…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.