Robinsonpas by Oudtshoorn gesluit ná ongeluk

(Foto: Greater Oudtshoorn Municipality/Facebook)

Die Robinsonpas is Sondag vir verkeer gesluit ná ʼn vragmotor op die R328 net verby Ruiterbos uitgebrand het.

Brandbestryders van Oudtshoorn het net voor 11:30 die brand geblus waarna die Tuinroetedistrik se brandweer die toneel oorgeneem het om die dieselstorting te hanteer, sê die Oudtshoorn-munisipaliteit.

Adel Supra-Vertue, bestuurder van rampbestuur, het namens die spanne hul dankbaarheid betuig aan hul eweknieë in Mosselbaai vir hulp en bystand met die toneel vanoggend.

Die Tuinroete-munisipaliteit verwag dat die pad tot minstens 15:30 gesluit sal bly.

Die R328 is van Hartenbosheuwels gesluit en verkeer word van Hartenbos op ʼn alternatiewe roete na Oudtshoorn herlei.

Motoriste word aangeraai om van die Outeniekwapas gebruik te maak.

Geen beserings is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.