Robot gee toekomsgerigte blik op onderrig

pepper-en-gp-van-rheede-van-oudtshoorn

Pepper deel die verhoog met die motiveringspreker GP van Rheede van Oudtshoorn. Foto: Reint Dykema.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se onderwyserskongres bevat vanjaar vir die eerste keer ’n baan oor die klaskamer van die toekoms, wat handel oor die vierde industriële revolusie. Daarom het die vermenslikte robot Pepper ook vanjaar ’n draai by die kongres kom maak.

Pepper is een van die eerste van haar soort in Suid-Afrika en word deur Nedbank gebruik om met kliënte te kommunikeer. Die robot kan geprogrammeer word om bepaalde vrae te beantwoord en menslike emosies en stemme te herken. Sy kan selfs dans. Sy het onderwysers op die kongres Donderdag toegespreek oor die gebruik van tegnologie in die klaskamer en onderwysers ook tydens teetyd vermaak.

Inligtingsessies oor die klaskamer van môre wat op die kongres aangebied is, sluit die toekoms van onderrig oop en leer en hoe om tegnologie in die klaskamer aan te wend.

Valentyn van der Merwe, hoof van innovasie aan die SOS, sê die toekoms van onderwys lê in aanlyn-leer.

“Tegnologie het die onderwys drasties verander. Binnekort gaan die gebruik van tegnologie in die klaskamer die norm wees,” sê Van der Merwe.

Volgens hom kan onderwysers met behulp van platforms soos die SOS se Wolkskool, leerders alreeds beter diagnoseer en assesseer. Die klasinhoud kan ook só gestruktureer word om in alle leerders se behoeftes te voorsien.

“Tegnologie kan goed aangewend word om beter en vinniger terugvoering van leerders te kry. So kan onderwysers verseker dat leerders die nodige leeruitkomste bereik. Leerders kan ook herhaaldelik deur video’s, werkkaarte en aanlyntoetse werk totdat hulle die inhoud onder die knie kry.”

Van der Merwe meen egter dat tegnologie nie die rol van goeie onderwysers kan oorneem nie.

“Dit kan slegs help om gehalte onderwys te verbeter deur onderwysers se administratiewe las ligter te maak en te help om probleemareas by leerders vinniger te identifiseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann cb ·

Ek sien daar word na die oulike robot as “sy” verwys, dieselfde as ‘n motor! Ek verwys na lg as “hy”! Wil nie dames beledig nie!

Aksie SA ·

Ons is destyds geleer, dat goed geslagloos is en as “dit” bekend staan? Terloops, is die robot ontwerp/geprogrammeer om mederobotte aante rand of met “skerp voorwerpe” te steek…… vra maar net….

Anna ·

Jipie, uiteindelik n onnie wat nie kan staak, of van rassisme beskuldig kan word nie ;).

Ansie Quirk ·

Watse twak…julle weet nie wat julle doen. Robot ? Selfone en tablets is erg genoeg. Lees die Bybel!

Charles ·

Afrikaanse onderwys is LIGJARE voor haar haters en afgunstiges,Watwou die bedreiging teen Afrikaanse STAATskole haha!!! -dit is nie eers ‘n bedreiging nie want Afrikaanse Onderwys is alreeds SO VER gevorder dat dit nie eers ag hoef te slaan op die kamtige bedreigings, onverdraagsaamhede en gepoogde onderdrukking nie,en eintlik kan lag daaroor.Die aanvraag na Afrikaanse onderwys gaan al hoe groter raak hoe verder die staat verval, en veral meer en meer swart kinders in Afrikaans wil skoolgaan want Afrikaans is ‘n maklike taal om aan te leer en te help met begrip van moeilike onderwerpe en vooruitgang- ek dink veral swart kindertjies van bo-Afrika migrante wat na SA gekom het begin snel Afrikaans aan te leer!!- soos bevestig deur statistiek waarvolgens daar ten minste 20 Afrikaanse skole in Gauteng te min is a.g.v. ouers van swart kindertjies wat wil he hulle kinders moet in Afrikaans skoolgaan.Dit is die realiteit en die rassistiese ANC se ERGSTE nagmerrie-geen wonder dat hulle in hul Afrikaans-hatende paranoia en geslepenheid so aangaan nie-want hulle kan die verandering voor hul oe sien gebeur-EN DIT IS NIE EERS DOELBEWUSTE SOSIALE INGENIEURSWESE NIE; maar doodnatuurlik.Nee-wat,Afrikaans en Afrikaanse onderrig se toekoms is BLINK, danksy SOS, AON en Solidariteit. Die onderrig moet nie onderskei tussen ryk en arm Afrikaners en Afrikaanses nie,en daarin lê die uitdaging waaraan ons moet werk. Dankie.

dit sal nie werk nie ·

die robbot gaan nie baie behulpsaam wees vir dowe mense nie… want ons dowes gebruik liplees en hoe gaan ons ooit robot verstaan as ons nie sy lippe kan volg nie?

en ek glo ook robot sal nie baie goed sign language kan gebruik ook nie… ai ai ai

Jax ·

Dis nou n pot nonsense! Betaal onderwysers/esse n beter salaris en stel meer onderwysers aan. Nie hierdie reuse groot klasse en een onderwyser nie! Geen wonder ons arme onnies kom nie deur hul dag take nie. Hoe op aarde moet een persoon 35 – 40 leerders kan help in een enkele periode. Nou word daar die stuk blik be-oog wat n helse spul geld gaan kos.

Daar is eenvoudig te veel hoë koppe wat swak besluite neem en te min op grondvlak wat behoorlik betaal word!
Hou tog om hemels naam net die geblikte ding uit ons skole! Ons sit reeds met n groot werkloosheids probleem; ook verseker in die onderwys. Hou op om ons belastinggeld te mors!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.