Robwelpie-video: Klagte teen 2 gelê

‘n Skermskoot uit die video.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) in die Swartland en aan die Weskus het Dinsdagmiddag bevestig dat hulle formele aanklagte teen twee mans aanhangig gemaak het in verband met die wrede mishandeling van ʼn robwelpie. Die voorval is op video vasgevang.

Maroela Media het vroeër berig die video van ʼn robwelpie wat oënskynlik deur twee jong mans, wat nie geïdentifiseer mag word voordat hulle in die hof verskyn het nie, mishandel word, het sosialemediagebruikers warm onder die kraag.

Louise van Zyl, woordvoerder van die NDBV, het aan Maroela Media gesê die klag is Dinsdagmiddag by die Laaiplek-polisie in Velddrif aanhangig gemaak.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat daar sake teen twee mans aanhangig gemaak is ingevolge die Wet op Dierebeskerming. “Die saak word nou deur Laaiplek se speurdienste ondersoek,” het Rwexana gesê.

Niemand is egter nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

In die video kan twee mans gesien word wat die kamera in ʼn stadium van die een na die ander verskuif. Hulle gebruik alkohol op die video en probeer dit ook in ʼn stadium vir die hulpelose en bebloede dier voer.

In die video word die rob, wat vasgekeer is in ʼn afskorting op ʼn boot, herhaaldelik met ʼn mes gesteek en op die kop en snoet gekap. Hy word ook aan die stert opgetel en telkemale hard teen die boot geslaan. Die welpie probeer keer op keer desperaat uit sy omstandighede ontsnap.

Op die video kan gehoor word hoe die mans kru taal gebruik en een van die mans die ander aanmoedig met die woorde: “My broer, swing hom!”

Die NDBV het intussen gesê dat die vereniging onseker is oor die lot van die welpie aangesien die voorval sover hulle kennis strek reeds in Desember 2017 plaasgevind het.

“By verdere ondersoek en met die hulp van bekommerde lede van die publiek kon ons daarin slaag om genoeg bewyse bymekaar te maak om klagte teen die man in die video wat die rob mishandel asook die man wat die video geneem het te lê ingevolge die Wet op Dierebeskerming. Die klagte teen die man wat die rob mishandel is duidelik, maar die ander een is ook skuldig aangesien hy niks gedoen het om die gewelddadige mishandeling te stop nie.”

Die NDBV het gevra dat lede van die publiek na hul plaaslike polisiestasie gaan en ʼn verklaring aflê om te vra vir die swaarste moontlike straf tydens vonnisoplegging. ʼn Kopie van dié gestempelde verklaring kan dan aan die NDBV in die Swartland gestuur word vir gebruik tydens die verhoor. Dít in ʼn poging om die NDBV se saak te versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Erica van Loggerenberg ·

Dieremishandeling is besig om geweldig toe te neem in SA daar moet drastiese stappe geneem word om skuldiges vas te vat.Eerstens moet na die wetgewing gekyk word wat tans baie swak is tov dieremishandeling.Daar is ook n groot noodsaak aan algemene opvoeding tov die houding teenoor diere in die algemeen onder die bree bevolking van SA.-Erica

M ·

As hulle dit met ‘n dier doen, waartoe is hulle in staat as dit by mense kom. Ek skaam my regtig vir die mensdom wat geen respek vir die natuur het nie.

Diere Maat ·

Ek hoop hulle kry ‘n ordenklike straf en dat hulle vir die res van hul lewens so getraumatiseerd is dat hulle nie ordenklik kan reageer nie want hulle is siek.

Santie ·

Om so iets te aanskou, sal enige mense ontstig, en ons hoop dat hierdie outjies aan die pen sal ry. Maar meer nog, dat hulle intensiewe berading sal kry. Op die “crime” kanaal het ek gesien dat kinders wat dit geniet om magtelose diere wreed te mishandel, dit later moontlik na mense kan verplaas.

zeno ·

Waarvoor intensiewe berading!!!! Doen aan hulle dieselfde. Ek verafsku mense wat diere mishandel. Diere het ook `n gevoel en kry ook seer.

Die Verlore Skaap ·

Wat verwag jy dan anders my broer.
Dis Afrika.
As jy nie die dinge kan hanteer nie…..gaan bly dan op n ander plek.

Michael ·

Ek het na die clip gekyk ek het slaaplose nagte ontwikkel ek het nog nooit so n siek daad in my lewe gesien nie. En hulle staan en lag asof hulle met n bal speel . Die 2 kerels moet uit die samelewing verwyder word en gou ook hulle sal dit aan kinders doen Maak hulle name en gesigte bekenk. Hoekom dit wev steek.

Cindy ·

@Michael, ek kon dit nie eers oor my hart kry om die video oop te maak nie en nou is ek eers bly dat ek dit nie gekyk nie ek kan nie sulke goed hanteer nie. Dit is ongelooflik hartseer hoe wreed die mensdom geword het

MJ ·

Grappies op ‘n boot… hul seker gedink dis waar dit gaan bly… nou draai die wiel my broer…

Lana ·

Mense, lees asb. weer die laaste gedeelte van die berig. Gaan lê asb. ‘n verklaring af by jou naaste SAPD. Vra vir die swaarste moontlik straf in dié geval. Stuur dan ‘n kopie van gestempelde verklaring na Swartland NDBV.
Ons kan nie net praat nie. Kom ons DOEN. Asseblief.

Snip ·

Ja nee kyk, ek is warm onder die kraag en ek hoop hierdie manne word hard gestraf. Hulle het my in trane gehad met daai video.

Rene ·

Die skakel van die vorige berig trek deur na ‘n verkeerde berig.

Tania Heyns ·

Dagsê Rene

Dankie vir die laat weet! Ons vra om verskoning, die skakel is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Wilmarie ·

Ek het nie woorde nie. My hart is so seer! Mag julle kry wat julle toekom, of dit nou op aarde is of op die Oordeelsdag.

Pierre ·

Mag die Here julle genadig wees…. Die een wat so met n dier maak het ook geen reg op lewe nie!!!

Miekie ·

Doen aan ander wat jy graag aan jouself gedoen wil he. Daar word die hele tyd van ‘n Rob welpie gepraat. Die arme dier is nog nie eens groot nie – hoekom soek hulle nie vir hulle ‘n lekker groot Rob nie

Sarel ·

Sodra hul in die hof was, plaas n duidelike foto van hulle, met hul name ASB, laat ons kan sien hoe lyk die 2 wat só braaf is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.