Robwelpie-video: Polisie het steeds geen leidrade

‘n Skermskoot uit die video.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die wrede mishandeling van ʼn robwelpie wat op video vasgevang is en vroeër vandeesmaand aan die lig gekom het nie.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het dié nuus bevestig.

Rwexana sê ʼn ondersoek na die voorval het tot dusver nog geen vrugte afgewerp nie. Die polisie het ook nog geen leidrade oor die twee mans teen wie sake aanhangig gemaak is ingevolge die Wet op Dierebeskerming nie.

Dít volg nadat dié video, waarin die robwelpie in ʼn afskorting van die boot vasgekeer is, wys hoe twee mans die dier herhaaldelik met ʼn mes steek, aan die stert optel en hard teen die boot slaan. Die welpie se pogings om uit die hande van die mans te ontsnap misluk telkens.

Op die video kan ook gehoor word hoe die mans kru taal gebruik en een van die mans die ander aanmoedig met die woorde: “My broer, swing hom!”

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het vroeër gevra dat lede van die publiek na hul plaaslike polisiestasie gaan en ʼn verklaring aflê om te vra vir die swaarste straf moontlik tydens vonnisoplegging.

Louise van Zyl, woordvoerder van die NDBV, het Dinsdag aan Maroela Media gesê dié vereniging het al talle verklarings ontvang en moedig steeds die publiek aan om die gestempelde polisieverklaring aan die NDBV in Swartland te stuur.

“Die erns van die video spreek vanself,” sê sy. “Die saak word tans deur die polisie én ander organisasies ondersoek en ons hoop dat die mans in die video vasgetrek word.”

Die NDBV het vroeër gesê hy is onseker oor die lot van die welpie aangesien die voorval sover die vereniging se wete strek reeds in Desember 2017 plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Michael ·

Ai mense as hulle nie eers moeite doen om plaas moordenaars aan te keer nie wat sal hulle nog. worry oor die 2 outjies

Teresa ·

As jy wil weet hoe gesond ‘n land is, kyk hoe die diere daar behandel word…. in SA het nie eers die mense regtig ‘n kans nie….

Vermeendes ·

Hoe kan SA verwag dat enige mens respek vir die lewe van n dier moet he as n mens se lewe nie eers meer n selfoon werd is nie.

Rerig waar ·

Die twee mans se name en profiele is dan wyd en suid op sosiale media versprei. Watter leidrade wil hulle meer he ?

Sjoe ·

Ek kan nie glo mense kan nie dink die ouens moet nie gestraf word nie?
Diere is ONSKULDIG!!!!!! Niemand, niemand moet ‘n dier so skade aanrig / seermaak.
Dis hart verskeurend. Ek hoop hulle word gevind!!!!

marous ·

‘n Land se mense se beskaafdheid word gemeet aan die manier hoe hulle diere hanteer ….

Michael ·

Ja rerig waar jy is reg. ek het vergeet daarvan wat moet hulle dan nog bewys. Die polisie wys nou eintlik net hoe hopeloos hulle eintlik is.

honourable member ·

Niemand het meer n gewete nie so dis hoekom die hele land ook so lyk want niemand gee meer om vir iets nie.

anoniem21 ·

Watter Leidrade het hul nodig? Albei die twee ouens se name en vanne is bekend en gesigte wys op die video? seriously? so pateties

Rerig waar ·

As jy dit op die internet soek sal jy sien daar is klagtes ingedien en die name is al gepubliseer in ander koerante aan aanlyn , so die berig maak nie sin nie. Watter leidrade?? of is die polisie net onbevoeg om hulle werk te doen .

Pippa ·

Die arme stomme dier….aai sulke stories maak n mens boos en hartseer!!!

Annie ·

Net so swak van hulle ouers ook – want hulle weet hulle seuns het dit gedoen – hulle moes hulle gaan oorhandig het aan die Polisie. Ek hoop daai 2 word vinnig gekry en gaan boet vir hulle dade.

Victorious ·

Maak oop sy Gesig. Dan sal mense sien wie dit. Hoekom word al die misdadigers se Gesig te nie gewys nie????
Net die wit man se Gesig word gewys.
Why????????

Mamma ·

Die twee se identiteit is dan wyd bekend. Hoe kan daar geen leidrade wees nie?

wielie ·

Only South Africa — land van moord en dood.
Watch this space …. oor 50 jaar is hier niks en niemand ……..

Shannon-lee ·

Snaaks op Fb was albei se name en vanne gewees en nou het hulle geen leidrade nie. Dit maak rerig nie sin nie. Dit was wreed om daai onskuldige dier so dood te maak. Dit is gewoonlik die begin van grotee dinge. Maybe moet die polisie hul sokkies op trek en daai outjies im hegtenis neem

Remona Swanepoel ·

Hierdie is wit mense. Hulle is al oral op sosiale media uitgeken.

Chris Breedt ·

Ek kan nie wag vir die twee name,stuur dit asb vir my aan,i thank you regards Chris Breedt ssiconsultants est. 1995

smurfie ·

Ai Maroela, kan julle nie maar ook di ou welpie se foto uit blur nie. Ek weet ek klink oor sensitief, maar daar is mense soos ek wat onstel word deur slegs n foto. Ekt nie eens die hart om die berig te lees nie :(
asb neem ons in ag

Chris ·

Ek hoop hulle word gevang. Dit is erg ontstellend dat mense n dier so kan martel.

kas ·

Ek stem saam,die diertjie is uiters wreed behandel maar ek kry die idee die saak geniet amper meer aandag as ernstiger misdrywe.Hoop die skuldiges word tog gevang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.