Roedtan-plaasaanval: Aanklagte teen 3 teruggetrek

hof-hamer

Argieffoto.

Sewe verdagtes het vroeër vandeesweek weer in die Tabamoopo-landdroshof verskyn in verband met die moord op Piet (69) en Tilla van Zyl (66), van Roedtan in Limpopo.

Agt verdagtes het in Oktober in die hof verskyn, maar daar is volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, vasgestel dat een verdagte nie met die saak verbind kon word nie.

“Die saak teen drie van die verdagtes is vroeër vandeesweek teruggetrek – die vier wat oorbly, is Sfiso Elija Nkosi, William Nthando Phiri, Phanuel Mbayane en Dumisane Nkosi,” het Ngoepe gesê.

Dié vier  se aansoeke om borgtog is van die hand gewys en hul saak is tot 13 April uitgestel vir verdere polisieondersoek.

Maroela Media het vroeër berig die Van Zyl-egpaar is op 20 Augustus deur ʼn familielid dood aangetref op hul plaas buite Mokopane (Potgietersrus).

ʼn Groep verdagtes het glo die egpaar se slaapkamerdeur oopgebreek en hulle oorrompel. Die verdagtes het die egpaar met pistole aangehou en die huis geplunder. Die aanvallers het die egpaar doodgeskiet, vermoedelik oomblikke voordat hulle gevlug het. Die slagoffers se liggame is die Sondag omstreeks 09:00 in die huis aangetref.

Hul hande was vasgebind en hulle het verskeie skietwonde aan hul liggame gehad. Twee jaggewere, een handwapen en een rewolwer is tydens die aanval gesteel.

Ngoepe het vroeër gesê Pokodisa, ʼn Zimbabwiër, was ʼn voormalige werknemer van die egpaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan ·

Tragies, hulle het nie gaan koekies en tee drink nie, en hulle was verseker ook nie huisvriende nie. Ons regstelsel beskerm die misdadiger meer as die slagoffer. Pateties

Ella ·

Hierdie twee mense het ook vergeefs gesterf, soos so baie ander boere en gesinne en werkers in ons land. Daar gaan geen geregtigheid kom vir hulle. Die moordenaars slaan net toe op ander plase en so gaan dit aan en aan.

Ella ·

Hierdie twee mense het ook vergeefs gesterf, soos so baie ander boere en gesinne en werkers in ons land. Daar gaan geen geregtigheid kom vir hulle. Die moordenaars slaan net toe op ander plase en so gaan dit aan en aan.

Marinadp ·

En die towerwoorde is: “Zimbawïer” en “voormalige werknemer”……

Wonder ·

8 verdagtes en nou net 4 wat oorgebly het? Kulkunstenaar is nou weer diep besig.

ne ·

Regtig???? Wie is hulle tjommie in die polisie/aanklaer? Vind dit gerus uit en kyk wie is die skuldiges agter die skerms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.