Roedtan-plaasaanval: Man 8 keer met mes gesteek

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die twee aanvallers wat Donderdagaand ʼn man op ʼn plaas in die Roedtan-omgewing in Limpopo oorval en verskeie kere met ʼn mes gesteek het, kon daarin slaag om te ontsnap nadat swaar reën die soektog na hulle bemoeilik het.

Ockie Breedt is net voor 18:00 op sy plaas buite Roedtan op die Marble Hall-pad oorval. Volgens ʼn persverklaring van die Potgietersrus-distrikslandbou-unie (DLU) is Breedt buite sy voertuig deur twee aanvallers oorval waarvan een met ʼn mes en die ander met ʼn pistool gewapen was.

Luidens die verklaring het die aanvallers Breedt in die huis in gedwing en vasgemaak. “Die twee persone het die huis begin omkeer en aangedring op kontant asook die kluissleutel. Daar het ʼn struweling ontstaan waarna Breedt agt keer met ʼn mes deur een van die aanvallers gesteek is. In die struweling is een van die aanvallers ook gewond, waarna hulle weggehardloop het.”

Volgens die DLU is boere van die omgewing, die Heritage Protection Group (HPG) en die polisie na die toneel ontbied. “Die personeel van die DLU-noodvoertuig het Breedt op die toneel gestabiliseer en vervoer na ʼn hospitaal in Mokopane waar hy mediese hulp ontvang het.”

ʼn Grootskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur en boere van die omgewing het gehelp om paaie in die gebied af te sper. Die reën het egter die soektog baie bemoeilik en dit is omstreeks 21:00 afgelas.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Johan de Beer, veiligheidsvoorsitter van Potgietersrus DLU, het die aanval ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om betrokke te raak by plaaslike landbou- en veiligheidstrukture.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pieter ·

Dit is n teroriste aanval en ek stel voor ons kry almal vir ons n australiese vlag om vir die regering te wys hoe ons voel oor sy onvermoë of onwilligheid om ons mense te beskerm.

Regs ·

Ek stem saam met jou. Elke dag is daar n aanval of twee. Dit is niks anders as terrorisme nie want hulle roof nie hulle plunder.

Casper Labuschagne ·

Dit is terrorisme. Terrorisme is oorlogvoering deur middel van propaganda, eerstens om verskrikking (terreur) onder die “vyand” te saai en tweedens propagandistiese aksies waar jou eie ondersteuners die eintlike gehoor is. Die brutaliteit van plaasaanvalle word duidelik wanneer daarna gekyk word as ‘n propagandistiese boodskap aan die swart gemeenskap vanwaar die aanvallers kom – kyk wat doen ons aan die wit boere.

Op die oomblik slaag plaasaanvallers in albei doelwitte, om terreur te saai en om propaganda te verkondig. Ek vermoed ‘n punt is bereik waar plaasaanvalle ‘n monster geword het wat homself voer – meer brutaliteit beteken meer propaganda wat weer aansporing is vir meer plaasaanvalle. Nie net werk dit as boodskap nie, maar hulle gedy op die angs van ons gemeenskap. Daarby weet al die aanvallers wat hul radikale leiers oor onteiening te sê het.

Al ·

Ek bid dat hy volkome herstel. Mag God ons boere genadig wees en die bose verwoes.

Jacques ·

Dit is tyd dat die regering pa staan vir massemoord teen die boere van die land , want uit hulle eie uit gaan hulle net sit en toekyk hoe die boere uitgemoor word . Sterkte aan die familie .

anti vergrype ·

Klomp gemors!
Dit is nou ramaposa se kaders – want hy stop dit nie.

Duitser ·

Hy ontken dit want dit werk vir hom soos sy beee vir hom gewerk het.

Manie ·

Ek kan nie glo dat enige regdenkende mens ooit gedink het Ramaphosa stel belang om iets aan plaasmoorde te doen. Hy verteenwoordig n rassistiese party en voel niks vir enige boer

Grassie ·

Willie – ek glo nie die aanvallers was van die vroulike geslag nie, maar verder stem ek volkome met jou saam.

Fanie ·

Net n voorstel sal dit nie werk as elke boer twee werklose mans kry wat saam met die boer in skofte slaap nie vir die boer sal dit meer veilig wees en vir die twee mans sal dit weer menswaardig laat voel want iets moet geden word

boerseun ·

Dit raak nou net te erg. Die hartseer is dat ,die afrikaner volk (boere) eers als gaan moet verloor voordat hul gaan opstaan en saamtrek. Dan is dit te laat. Daarom het ek my plaas verkoop met n swaer hart. Ek het n ambag en is nog redelik jonk en gaan maar n lewe op n ander plek soek. Om elke dag met vrees en onsekerheid te lewe is net nie meer n plesier nie. Sterkte aan almal.

Vermeendes ·

Ek lees die kommintare bo en ek wonder, as ons more weer die JA NEE stem van 92 moet hou, hoeveel gaan dan weer ja stem.

Han ·

Vermeendes, dit help nie om in die verlede te leef nie. Wat gaan die “ja-” of “nee”-stem aan die huidige situasie verander?

Piet ·

Hulle sal weer ja stem, want mense lewe eerder in ontkenning as om nie meer in die “klub van die verligtes” te wees nie. Ek hoop maar dat dit eendag mode sal wees om deel van n ras te wees wat besig is om uit te sterf. Ek sien wereld wyd word minderhede se regte beskerm. Jy moet net nie wit wees nie!

Lerato ·

As jy karate doen, doen jy dieselfde bewegings oor en oor. Dit doen jy sodat jy in n krisis situasie op jou refleksies staatmaak.

Die boer, boervrou en hulle kinders moet magasyne leegskiet. As die nood daar is, is daar nie tyd vir dink nie.

Verskansing van plaasopstalle is dringend nodig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.