Roedtan-plaasaanval: Verdagte het vir egpaar gewerk

Bhokodisa Vision. Foto: Facebook.

Die verdagtes wat verlede Maandag in hegtenis geneem is in verband met die moord op Piet (69) en Tilla van Zyl (66) in Roedtan in Limpopo se identiteite is bekend gemaak nadat hulle in die hof verskyn het.

Hulle is Mhlabane Bheki (30) van Jerusalem naby Hazyview, Mlazi Sfiso (36) van Mshanda, Bhokodisa Vision (42) van Zimbabwe, en Mbuyane Mpho Panuel (33), Nkosi Dumisani (33), Shabane Ntando (29) en Phiri Nhlanhla Willis (37), almal van Masoyi.

Volgens lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, is Vision ʼn voormalige werknemer van die egpaar. Daar is verlede week berig agt verdagtes is vasgetrek, maar Ngoepe het egter gesê dit is net dié sewe wat aangekla is.

Daar is tydens die inhegtenisname beslag gelê op ʼn vuurwapen, ʼn magasyn en ammunisie. “Die oorsprong van dié vuurwapen sal bepaal word deur die polisie se ondersoek,” het Ngoepe gesê.

Maroela Media het vroeër berig die Van Zyl-egpaar is op 20 Augustus deur ʼn familielid dood op hul plaas buite Mokopane aangetref.

ʼn Onbekende groep verdagtes het glo die egpaar se slaapkamerdeur oopgebreek en hulle oorrompel. Die verdagtes het die egpaar met pistole aangehou en die huis geplunder. Die aanvallers het die egpaar doodgeskiet, vermoedelik oomblikke voordat hulle gevlug het. Die slagoffers se liggame is die Sondag omstreeks 09:00 in die huis aangetref.

“Hul hande was vasgebind en hulle het verskeie skietwonde aan hul liggame gehad,” het Ngoepe gesê. Ngoepe het gesê twee jaggewere, een handwapen en een rewolwer is tydens die aanval gesteel.

Die verdagtes het verlede week in die Lebowakgomo-landdroshof verskyn. Hulle bly in aanhouding tot hul volgende verskyning op 13 September wanneer hulle na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Fires ·

Hulle kon maar net sowel “Bell Potinger” T-hemde aan gehad het. Of dalk n ANC t_hemp want die regering keur dit goed, anders sou hulle al iets gedoen het!

Boerseun ·

Korrek, waarskynlik almal ANC-ondersteuners. Almal swart terroriste wat die ANC/SAKP se revolusie teen die witman uitvoer. Sal wil sien dat daar in die hof gevra word na hul politieke verbintenisse.

Anisie ·

Hoop hulle sit. Bring doodstraf gery. Nee los hulle vir die publiek doen dieselfde aan hulle as wat hulle aan daardie weerlose mensies gedoen het!!!!!
Hoop hul kry nie borgtog nie

Doen dit self ·

Ek sal maar al my werk self doen. My huis, my huis, my tuin, alles. Sal ongelukkig geen werk skep vir enigiemand nie. My lewe is belangriker.

RC ·

Ek stem, ek wil hulle nie naby my hê nie maar nou tel my buurman elke keer iemand anders op by ‘n robot om vir hom te kom help in die tuin en dit kan probleme veroorsaak vir almal wat om hom bly.

vonna ·

Hulle het probeer slegs goed doe deur werkskepping… Arme 2 ou mensies…en dan kom nogal 7, om hul so wreed te vermoor. Duidelik ken hul nie die 10 gebooie….

vrikie ·

Dis ‘n baie tragiese gebeurtenis maar die vraag kom net op was daar dan absoluut geen veiligheid maatreels nie en dit op ‘n plaas. Hoe betree hulle jou huis en breek hulle jou kamerdeur af sonder dat jy enigsins gewapen is. Geen plaas is meer veilig vandag, ek bly ook op een alhoewel ek nie boer maar is nie ‘n maklike teiken

Corne ·

Dit is juis wat ons gemeenskap nie kan verstaan nie, daar was oor as Genoeg veiligheid…

susan ·

Huis was uitstekend beveilig, vermoede is toegang deur werknemer verkry.

Al ·

Dis kommerwekkend dat so ñ groot groep mans toeslaan op ñ plaashuis. Voorafbeplaning, observasie en binne-inligting.
Jammer dat die staatintelligensie eerder misbruik word om op politici te spioeneer wat opposisie.

Sandra ·

Soms bedwelm hulle jou om in n diepslaap te gaan sodra jy daar wakker word is hulle alreeds besig met dit wat hulle wil doen. Ons moet ophou om te oordeel en te se plaas het ons/hulle maar……dit of dat gedoen. hoop nie een van julle kom ooit in situasie nie. Dit laat klink net asof mense dink ons probeer nie om ons veilig te kry en veilig te hou.

Mielie ·

Dis duidelik dat mens hulle nie kan vertrou nie. Beter om jou eie werk te doen al is dit nie maklik nie veral by bejaardes. Wens daar was n oplossing. Miskien kan Afriforum n klomp mense betrek wat kan gaan skoonmaak by bejaardes. Verlieslik blank. Hulle by Afriforum registreer en dan uitplaas soos benodig. Die mense betaal Afriforum wat dan nou weer hierdie werknemers betaal. Tuindienste met blankes. Jonges wat gedurdende skoolvakansie geld wil maak.

Blommie ·

Duidelik het julle nog nie te doen gekry met ons blanke nasie nie. Meeste van ons blankes het slapgat geraak en is ook nie meer lus vir werk nie. Ons jonger generasie het gemaklik geraak om net te kry, daar is ‘n handjie vol wat nog wil en kan werk.

Kowa ·

Mielie gesels met boere wat al probeer het om jong wit seuns ‘n kans te gee van werk op plaas. Gratis inwoning in die huis en kos saam met die boer en sy vrou. Hulle is te lui om te werk en loop weg. Te gewoond mamma en pappa het vir hulle alles gedoen of daar was ‘n huishulp wat agter hulle opgetel en skoongemaak het.

Cilla ·

Daar is baie werklose wittes wat op plase kan gaan woon en werk – beter as om in ‘n wit lokasie te sit…..

Liewe Heksie ·

Mense ons moet dit in ons koppe kry, dat doodstraf nooit terug gebring sal word nie, so almal wat vra dat dit terug gebring moet word, jy mors jou asem. Die boere moet ophou om swart mense, veral mense wat van ons buurlande afkomstig is, aan te stel. Wat van die wit mense wat so “arm” is en wat in plakkerskampe bly, kan hulle nie op die plase gaan bly en werk nie?
Want dit is nou al statistiek bewys, die meeste moorde op die wit persoon word gedoen deur werkers wat vir hulle werk.

Agro ·

Liewe Heksie, ek stem saam. Die redes hoekom die doodstraf afgeskaf is, is ooglopend!
Die wit plakkerskampmense kan in verskeie rigtings hul plekke volstaan…….
Luister boere, luister!!!!!!!

anton ·

Heksie, as ons na baie mense se menings luister, is dit gewoontelik die buitelanders wat moor en plunder en nie ons eie mense nie.
Baie mense wil nie glo dat ons eie landsburgers verandwoordelik is vir aanvalle ens. nie. Hoekom, gaan my verstand te bowe. Dit is asof die wat hier woon, engeltjies is.

Ronel ·

My tannie-hulle was so 10 jaar terug ook slagoffers van ‘n plaasaanval, maar dank Vader, hulle het dit oorleef. Die meesterbrein agter die plaasaanval was hul voorman! Die het 2 weke voor die plaasaanval ‘n kar by hulle gekry, vir sy getroue diens. Lagwekkend is dit nie?

SjN ·

Vandag se jong blanke jeug is te gemaklik, wil net demand en hulle wil nie eers kruip nie, wil sommer hardloop. Basiese militere opleiding waar dissipline en respek gekweek was ontbreek, dit het die tyd van die slapgat seuns mans gemaak, mamma se seuntjie wil net aan die ontvang kant wees, en as sommige jong wit man sleg geword het, is hy slegter as sleg.

Verwonderd ·

Sjoe… Kan hulle nie hulle glimlagte afvee nie. Genadeloos…

Ada ·

Blankes moet op plase werk – nie hierdie gemors nie. Huur eerder blankes wat sonder werk is.

Jaco ·

Jy grap seker, blankes wat werkloos is bedel eerder by padkruisings.

Henry ·

Ek het al arm blankes indiens geneem. Verskeie. Tot my bitter spyt. My baie skade berokken. Nooit weer nie. My seun woon en werk in New Zealand en hul doen alles self. Dis seker die antwoord.

Geregtigheid ·

Doodstraf. Een van die redenasies wat gelei het dat die doodstraf afgeskaf moet word is die bekommermernis dat onskuldige mense die doodstraf kan kry. Goed, maar wat van waneer daar daadwerklike bewyse bestaan wanneer die beskuldige die tweede moord gepleeg het. Dan is daar mos nie meer die gevaar dat ‘n onskuldige die doodstraf kan kry nie. My gevoel ‘n begin punt is om die doodstraf herin te stel vir reeks moordenaars beginnende by moord twee.

Ben ·

Stem saam met Agro hierbo, Boere maak julle ore oop. Ons is hier op aarde geplaas om mekaar te help. Dit is waarvoor die wereld en Suid Afrika vandag getoets word.

Anarchy ·

Boere moet die wet begin in hulle eie hande neem.en my vraag is wat soek al die vuurwapens in die kluis,dra die wapens aan jou.

Kom by ·

EN so byt hulle die hand wat hulle voed en die Zimbabwiers is altyd deel van die groep. Hulle land is in chaos gedompel, daar is nie meer kos of blyplek nie, daar is ‘n 94% werkloosheidsyfer, hulle vlug in hulle miljoene SA toe en dan kom vermoor en vernietig hulle nog alles wat hier staan. Dit is ‘n absolute haat/rassistiese aanval want hulle het die mense geskiet NADAT hulle reeds gesteel het, geen rede om die mense se lewens te neem nie. More loop hulle weer almal vry op straat rond, hulle lieg so, dat dit weer sal klink asof dit selfverdediging was teen twee “wrede” plaasboere, en hulle is nie daar om hulleself te verdedig nie. Hulle was weer die VICTIMS … AG ASB MENSE julle met die doodstraf gesanik, wil julle regtig he die regters wat die wittes bykom en die swartes laat vrygaan moet die DOODSTRAF toeken? Die plaasmoordenaar sal vry rondloop en vir julle lag en die KFC manne sal hulle laaste maaltyd eet voor hulle gehang word .. KOM BY!~

anton ·

Baie waar wat jy sê!!!
Maar altyd sal ons steeds mense kry wat vra vir die doodstraf. Dit gaan my verstand te bowe!!!

Oh my word ·

En hulle sal weer BORGTOG kry en die KFC manne wat nie ‘n skoot geskiet het nie sit nogsteeds in die tronk sonder borg. Die regstelsel is belaglik en julle soek die DOODSTRAF? Oh my word!

Ada ·

Jaco – daar is blankes wat wil werk en ander wil nie. Kry blankes wat WIL werk – dan sal jy nie vermoor word nie. Wat se plan het jy?

bgj van der westhuizen ·

die dood straf sal nooit tug gebring word nie wand wie is die meeste in die tronk vir moord swart en hulle sal nie hulle swart broer hang nie wit mense om te werk vir jou dit sal swaar gaan om te kry maar daar sal eimand wees maar sak dan in sy 30 of 40 wees wand van dag se jonk mense sel nie belang om te wek nie soos gese is hulle het te lekker groot geword en nooit geleer om eits / werk vir sak geld nie kry alles van ouers geen manner van die lewe nie en le op ouers se nek die res van hulle lewe en die oues aan vaar dit so en ek sien dit by al die kleure van mense ouers wek en kinders sit by huis en doen niks

Annamarie ·

Ek stem saam met KOM BY. Die probleem is dat mense nie verstaan hoe n plaas funksioneer nie. Dis nie n plot met een bok en een hoender nie. n Plaas is n groot besigheid , wat werk verskaf en personeel nodig het. n Boer kan net so min alleen werk as n dokter, n fabriek of enige ander groot besigheid. n Boer is die laaste wat beskuldig kan word van luiheid. Die politiek , ekonomie en sy mede Afrikaners is teen hom. Daarby moet hy klaarkom met ongeskoolde arbeid, bedags die son en die wind en die stof trotseer en in die nag vure blus en koeie laat kalf. Glo my die meeste wit seuns is te lui vir hierdie uitdagende werk. Ek praat uit ondervinding. Huis beveilig ? Die oomblik wat hy uit sy deur stap is hy blootgestel. Onthou dis nie n een teen een situasie nie . Hulle kom in troppe met (polisie) gewere

Helen ·

Ek sien n hele paar hier noem dat boere moet werklose wit mense werk gee? Wel ek het so n paar maande trug n boodskap op my fb gesit van n boer wat behuising en kos gee en dan 100 per dag MAW daai 100 is jou vir wat ever. Jy het behuising jy het kos en geen ander uitgawe? Ek was so aan gevat en verneder….daar was vir my gese hoe kan ek toelaat dat wittes so misbruik word? Ek het nie eers dit aan gebied nie maar ek was sommer aan gevat???? Wit wil nie werk nie glo my!!!!

Stem saam ·

Ek glo jou, ek dink daar is enkeles wat wil werk, maar agv die blanke se geskiedenis het hulle al op ‘n baie makliker manier geld verdien as om te werk op ‘n plaas. Plaaswerk is harde arbeid, daar is nie vaste tye nie, as ‘n koei kalf of dis lammertyd, kan jy nie 5 uur uitklok nie. En jy sal 5 uur in die oggende moet opstaan ook. Die gemiddelde (werklose) blanke is te lui om 5 uur op te staan en onbeperkte ure te werk om homself net eers op die been te kry. Ja daar is arbeidswetgewing en alles om aan te voldoen, maar om jouself net eers gevestig te kry moet jy bereid wees om langer ure te werk en die ekstra myl te loop. Dit is baie gemakliker om vir’n kospakkie en skoon klere te sit en wag en heeldag niks te doen nie as wat dit is om hard te werk op ‘n plaas met diere en plaasimplemente. Dit is nie ‘n walk in the park nie, en dit is ook nie kantoorwerk nie … Ongelukkig is daar min wat bereid sal wees om dit te doen, soos jy hier sê, R100 is dalk nie ‘n goeie salaris nie, maar as jy behuising en kos kry en nog R100 behoort jy BAIE meer te hê as in die plakkerkamp waar jy onder ‘n stuk seil jou dae uitsit en in die asdromme moet krap vir kos as die kospakkies nie opdaag nie.

Lizl ·

Gaan Afriforum toesien dat geregtigheid plaasvind ? Of is daai voorreg net vir Gabriella Engels beskore… ( wat toevallig lewend en gesond is en nie `n betalende lid van Afriforum eens was nie )

Asb ·

Ja Liza ..dis die 13Sept vandag glo al die beskuldiges het voorgekom en GEEN BORG. En dat AFor WEET dit het Geen betalende lid (verbaas) met die hantering van Engels se saak SKANDE om die minste te sê…saak gaan nie oor die SENSASIE en media dekking nie maar die opregte HART van menslikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.