Roeier naby Jeffreysbaai gered

'n Branderplankryer in Jeffreysbaai Foto: "JBay-Surfing at supertubes-001" deur NJR ZA via Wikimedia Commons

‘n Branderplankryer in Jeffreysbaai Foto: “JBay-Surfing at supertubes-001” deur NJR ZA via Wikimedia Commons

ʼn 53-jarige man van Kommetjie in Kaapstad, wat nou in Hawaii woon, is Saterdag in die hospitaal opgeneem nadat hy naby Jeffreysbaai geroei en in die moeilikheid beland het.

“Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is omstreeks 10:45 ontbied na berigte dat ʼn roeier moontlik tussen St Francisbaai en Jeffreysbaai verdwyn het,” het Rieghard Janse van Rensburg, stasiebevelvoerder van NSRI Jeffreysbaai, gesê.

“Die familie het gesê hulle kon een van die roeiers sien, maar hulle kon glad nie die tweede roeier sien nie en het alarm gemaak.”

Volgens Janse van Rensburg is een van die mans, ʼn 40-jarige plaaslike man van Jeffreysbaai op die strand naby Albatros gevind, maar alhoewel hulle die tweede man op sy selfoon kon kontak, was dit moeilik in die stormsterkte winde om presies te weet waar hy is.

“Hy is uiteindelik omstreeks 12:30 aan Port Elizabeth se kant van die Gamtoosriviermond aangetref waar hy op die strand uitgespoel het, ongeveer 3 km van die oorspronklike soekgebied. Hy het aan uitputting en verkluiming gely.

“Hy is aan boord die seereddingsvaartuig na Jeffreysbaai se kant van die Gamtoosriviermond gebring. Danksy die hulp van die Papiesfontein-perdryvereniging wat toegang gebied en die groep gelei het, kon die gebied met ʼn voertuig bereik word,” het Janse van Rensburg bygevoeg.

Die man is daarna in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem.

Die NSRI moedig alle seegebruikers aan om die NSRI se gratis app, Safetrx, af te laai. Die app help die NSRI om dadelik te weet wanneer iemand in ʼn boot of op ʼn roeiboot in die moeilikheid beland en seeredding benodig. Die app verskaf ook jou presiese ligging aan die NSRI.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Dit laat die vraag oop of die NSRI hom gered het en of die natuur hom gered het want die see het hom uitgespoeg. Hy het wel aan uitputting en verkluiming gely maar het uitgespoel.

Schalla ·

Het so uur of wat gesien hoe die nrsi soek na 2 mense wat vedrink het het in die Mosselbaai omgewing,kan nie glo hule het enigsins iem in die water toegelaat nie see was so rof gaan my verstand te bowe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.