Roeier vermis in Wes-Kaap

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Man word vermis nadat hy Saterdag van sy roeiplank af geval het in die see by Pringlebaai in die Wes-Kaap.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê lewensredders het die NSRI in Gordonsbaai ontbied nadat die man se roeiplank op die strand uitgespoel het. Volgens ʼn ooggetuie het die man van sy roeiplank af geval en onder die water verdwyn.

Die NSRI kon egter nie die man opspoor nie waarna die polisie se duik-eenheid die soektog oorgeneem het. Volgens Lambinon het niemand nog ʼn vermiste persoon aangemeld nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.