ʼn Groep van agt roeiers is veilig aangetref nadat hulle gestrand was ná hulle ʼn trop seekoeie teëgekom het terwyl hulle op die Visrivier na Port Alfred se kant toe geroei het.
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Sondag omstreeks 16:00 deur vriende en familie van die agt roeiers in kennis gestel ná hulle nie betyds by hul bestemming aangekom het nie. Hulle is vroeër die dag stroomop afgelaai.
Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, het gesê ʼn privaat vliegtuig het aangebied om die NSRI by te staan met die aanvanklike soektog en die roeiers is 10 km stroomop aangetref.
“Ons kon met die roeiers kommunikeer [nie met selfone] en meen hulle kon nie verder roei nie omdat hulle deur ʼn trop seekoeie verhoed is.”
ʼn Boer het na die spesifieke ligging gegaan ná die privaat vliegtuig hulle gewaar het en het al agt mense daar aangetref.
Hy kon nie dadelik met die soek-en-reddingspan kontak maak nie weens die feit dat daar nie sein in die spesifieke gebied is nie.
“Die roeiers het verkies om by die rivier te bly en die soek-en-reddingspanne is gekanselleer. Geen verdere bystand is benodig nie,” het Lambinon gesê.
Paragraaf 1 verwys na 8 roeiers en paragraaf 2 na 9 roeiers en verder af weer 8?
Dagsê Nou hoe nou
Baie dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Bly almal is veilig en ongedeerd?