‘Roekeloos om jouself nie te verdedig nie’ – Bheki Cele

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

“Een van die mees basiese menseregte is die reg op lewe. Dis roekeloos om jouself nie te verdedig nie.”

Só het Bheki Cele, minister van polisie, Saterdag by die gesamentlike begrafnisdiens van die vermoorde polisielede sers. Mojalefa Molete (42) en konst. Simon Ntsekeletsa (50) gesê waar hy ’n huldeblyk gelewer het.

Maroela Media het verlede maand berig Molete en Ntsekeletsa, albei van die polisiestasie op Mareetsane in die Ngaka Modiri Molema-distrik, het op 26 Julie vermis geraak nadat hulle op klagte van misdaad in die omgewing gereageer het.

Die skofbestuurder het later na hulle gaan soek en op twee verkoolde liggame in ʼn polisievoertuig in die bosse by Moseta afgekom.

Vyf verdagtes, Benjamin Jacobs (42), Jeremiah Mongale (26), Rapulana Keikantse (25), Matthews Modukanele (20) en ’n minderjarige verdagte (16) is in verband met die moorde in hegtenis geneem.

Hulle is steeds in aanhouding. Twee van dié verdagtes is glo ’n pa en seun.

Cele het in sy huldeblyk gesê hy is moeg om polisielede te begrawe.

“Ons is nie Avbob nie.

“Net soos julle ander se lewe moet beskerm, moet julle ook jul eie lewe beskerm.”

Hy het verder gesê dat daar nie tydens begrafnisse gehuil en getreur moet word nie omdat dit aan misdadigers die idee sal gee dat hulle iets goed bereik het.

“Polisielede is ook helde wat gevier moet word.”

Cele het voorts gesê dat gemeenskappe die polisie moet bystaan om misdadigers vas te trek aangesien hulle “baie van dié misdadigers ken”.

Volgens Cele kom misdadigers nie sommer net so tot stand nie, maar word hulle “gekweek” en is hulle deel van huishoudings en gesinne.

“Hulle is jou man, seun en kêrel. Jy ken hulle, maar jy laat toe dat hulle gedy en floreer.”

Hy het verder gesê mense kan nie oor misdaad kla as hulle swyg oor die misdadigers wat hulle ken nie.

Cele het voorts gesê dat polisielede beter tegniese opleiding nodig het, sodat hulle ook beter toegerus kan wees om hulleself te kan beskerm.

“As ons nie gaan bid dat Suid-Afrika verander nie, gaan Suid-Afrika homself doodmaak,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Pieter ·

Twee dinge. Een: Suid Afrika is besig om dood te gaan onder die ANC. Ons bid wel vir verandering. Twee: Hoekom mag die gewone landsburger nie sigself verdedig nie, aangesien ‘n vuurwapen vir selfverdediging nie toelaatbaar word nie? Duidelik onbevoeg en agtergeblewe.

SjN ·

As Hoedeman wet en orde afdwing sou die begrafnis nie nodig gewees het nie, dit is openlik sigbaar en kriminele buit dit uit.

Theuns ·

Onthou ramaphosa vetrou die ou so die ware probleem is rampahosa nes zuma .

Strandloper ·

Wat n verregaande idiot. So net die polisie het die reg om hul self te verdedig sonder opleiding en dan die sotlike uitlating om nie te treur oor n geliefde nie? Wens tog daar was meer as net drie aktiewe brein selle.

marius ·

Jy gaan hierdie woorde oor en oor hoor , en sluk waneer jou poging om wetsgehoorsames se wapens weg te neem in jou gesig ontplof ou man.

Theuns ·

Hy praat nie oor public nie hy praat oor sy en ramaphosa se ” my people”. Jy sal jou license verloor jy is nie “my people ” nie. Eenvoudig. Hou op droom.

Jr ·

Ooh jinne wanneer gaan jy sense praat. Wat n ongevoelige ding om te sê mense moenie huil nie. Wow ooh eeeh eeeh

Werner ·

Ou Cele is nou al so deurmekaar hy weet nie wat om te se nie.Glo nie die vuurwapen wet het n kat se kans om te realiseer nie.Dit sal net soveel onrus onder wit en swart vuurwapen eienaars veroorsaak wat nie hulle wapens sal gee nie.Na Natal en dit wat hy nou kwytraak kan hy maar van sy wet vergeet.

Theuns ·

Sorry Boet jy is totaal naief om te dink die wet sal nie deurgaan nie. Hy voel vere vir jou net sy en rampahisa se “my epeople” tel en jy is nie deel daarvan nie. Dink jy regtig hul sou ‘n vinger verroer het as hul wit buurte ingeval het? dIS DIE DOEL. Die wet sal deurgaan. Ons dommes wat so wetsgehoorsaam is sal wapens inhandig en dan aangeval word soos met die winkels. En SAPS sal ook nerens wees nioe. Wake up./
Naief.

koos10 ·

Dis heel eenvoudig en daar is 2 redes.
1. Hy is ‘n bruikbare weerligafleier. As dinge te warm word vir die ANC te top, word hy gebruik om iets kwyt te raak om die aandag daarvan weg te lei.
2. Hy is die nuwe gesig van die Zuma faksie. Dank hom af en CR verloor steun in KZN.

Friedrich ·

Ag asseblief. Cele wil dan nie eers hê mense mag hulself be veilig, en wapens hê nie. Is boere veilig? NEE. Cele moet by kom.

Jack ·

Die man lok meer kritiek as malema uit. Dat hy nie vervang word nie laat duidelike tekens dat hy n houvas op die politburo het.

Theuns ·

Birds of a feather flock together. Mense vergeet RAMAPHOSA kan dit verander en hy WIL NIE! Hy is net so. Hou op om Cele te kritiseer hy doen wat sy meester, ramaphosa wil he hy moet doen en se. Word wys. Die ware ondermyner van eerlikheid en goedkeur van krminele is die hoogste pos in die land nes met zuma waat hy ondersteun het in stilte. Wie is die nuwe Guptas??

Harley Davidson ·

Sê die man wat in beheer staan van die polisie met sy voorskoolse onderwys diploma kwalifikasie en die wettige vuurwapen eienaars wil ontwapen…lol

Ian ·

Mnr Cele jy is een van die sleutel probleme van die polisie en ons land jy het absoluut geen idee wat jy doen en hoeveel skade jy aanrig in die land nie. Dat jy nogsteeds in jou pos is is n baie goeie aanduiding wat die agenda van mnr ramaphosa en die anc is hulle gee nie n flenter om vir die land nie.

twaalfboor ·

Beter “tegniese opleiding”. Toe dìe opleiding daar was het julle gehuil oor “mense regte skending”. Ons opleiding was brutaal en gedissiplineerd en ons moes dit vat. Pffft…..idioot.

Joe Olivier ·

Ons het ‘n tweegatjakkals as min van polisie. ‘n banggat vir ‘n prez. ‘n klomp luigat ministers in die kabinet. Slaggate in die paaie. Dis tyd dat die anc in totaliteit sy gat sien, sodat ons weer ‘n beter land kan word. Ten minste kon Gatland nie die bokke oorwin.

Christo ·

“Een van die mees basiese menseregte is die reg op lewe. Dis roekeloos om jouself nie te verdedig nie.”….
Ou Hoed, wat van die gewone landburgers se reg op selfverdediging? Jy wat selfverdediging nie meer as ‘n rede aanvaar om ‘n vuurwapen te kan besit nie?????
Jy praat uit 2 monde…….jou linkerhand weet nie wat jou regterhand doen nie…….o ja, jy weet self nie wat jy doen of wat rondom jou aangaan nie.
Jy moes heel eerste van jou “pligte” onhef word, want jy’t nie ‘n idee wat daardie “pligte” behels nie. Jy’s die ewebeeld van wat ‘n minister van polisie NIE MOET WEES NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

You are the weakest link……..

Casper ·

Minister Cele,weet jou ma waar jy is.As jy na jouself luister besef jy hoe weerspreek jy jouself en besef jy die wysiging aan die vuurwapenwet kan nooit deurgevoer word nie.Hoekom mag wetsgehoorsame burgers nie ‘n vuurwapen besit vir selfverdediging nie.As ek kyk na die ander voorgestelde wysigings kyk dan besef ek hoe agter die tyd sekere mense is en hoe uitvoeling hulle is met realiteit.Laat handelaars a.munisie goedkoper maak en ek sal nie herlaai nie.Hier kry ek die idee handelaars sit agter die voorgestelde wysiging.

Rian ·

Wat hy sê is dat die polisie hulself moet verdedig, maar gewone burgers mag nie. Te hel met jou.

boerie ·

Die ou se varke is glad nie op hok nie, hy is so toe soos n klei os se gat.

jacques ·

“Hy het verder gesê dat daar nie tydens begrafnisse gehuil en getreur moet word nie omdat dit aan misdadigers die idee sal gee dat hulle iets goed bereik het.”
Wat rook Cat in the Hat? Ek sak my kop in skaamte…

Persheks Adri ·

So nou ewe skielik sê jy dit. Natuurlik het ons reg op lewe en om onsself te verdedig! Besef jy dit nou hoed?

“Een van die mees basiese menseregte is die reg op lewe. Dis roekeloos om jouself nie te verdedig nie.”

Jy wat hoed is en ons wil ontwapen, moet nou baie mooi dink!!!

Andries ·

Ek kan nie verskil van wat gese is nie dit is die waarheid wat hy se whell done darm iemand wat iets kan reg se

Jacobus ·

Hoe weerspreek die sot hom nou. Mag ons as gewone burger ( en terloops sy salaris betaal) nie onsself verdedig nie?
Cyril, hier het jy ‘n fatale fout begaan waaroor jy nog baie spyt gaan wees! Wag en kyk!

Johan ·

Eerstens doe pikkewyn moet bykom dit raak die norm dat misdadigers n pass kry oor hulle velkleur. Jammer maar as jy onbevoegte mense aanstel om werk te doen gaan die resultate katastrofies wees ek dink ons almal sien dit va 1994 af! Tyd dat ons opstaan en iets hieraan doen.

Chef ·

..en hoekom wil jul die basiese reg van die wettige vuurwapen eienaars dan wegneem? Dit spel dan mos duidelik die bedoeling van die linkse radikale ANC uit!

JM ·

“Een van die mees basiese menseregte, is die reg op lewe. Dit is roekeloos om jouself nie te verdedig nie.”

Ag regtig Bheki Cele!! Sê jy, wat die publiek wil ontwapen sodat hulle nie hulself mag verdedig nie?!! Geld jou uitspraak net ten opsigte van polisielede? Wat van ons boere wat uitgemoor word? Jy is ‘n pateet.

Persheks Adri ·

Jou stelling tel vir ons ook hoed so druk jou wapen wet pffft!

“Een van die mees basiese menseregte is die reg op lewe. Dis roekeloos om jouself nie te verdedig nie.”

Persheks Adri ·

Ja Werner ek sukkel net so en dis verdomp irriterend om die minste te sê!!!

Oomniklaassevriend ·

Stem saam. Ergste is dat dit gereeld met nie aanstootlike kommentare gebeur.

Sarel ·

Sy woordemask nie din nie want HY wil dan juis
Wettige vuyrwapen eienaars ontwapen

Suzette ·

Ek wonder of as een van jou naaste vermoor word, jy gaan lag en vrolik wees? Jou mentaliteit strek nie verder as jou neus nie.

Hendrik ·

Minister Cele – hoe verstaan ek jou nou? Jy wil die landsburgers hul reg ontneem op selfverdediging maar nou se jy elkeen het die reg om te lewe en hom/haar self te verdedig?
Ek glo dit is tyd dat jy jouself moet verduidelik!!!
Jou aand en more praatjies stem nie ooreen nie.

Annelize ·

Hierdie trol het dubbele standaarde. Jammer om dit te se maar daardie “reg om jouself te verdedig” word nie aan die blanke Suid Afrikaner gegun nie.

Anoniem ·

Hoe moet ons onsself verdedig of beskerm as die ou siel soo teen die besit van wettige vuurwapen eienaars is.

JohanR ·

Ek dink as jy ‘n landwye referendum roep om te stem watter minister moet loop sal die ou ver wen!

Theuns ·

Enige persoon wat nog dink die spul het waardes of gehoorsaam wette, moet vra vir toelating na ‘n inrigting. BIRDS OF A FEATHER FLOCK TOGETHER. Almal, ramaphosa en almal, TOP TO BOTTOM is dieselfde en is betrokke. As hul anders was ons ander minsters gehad het en die land ‘n ware demokraat as president. Dis EGOs voor landsbelang. Hoe nader aan die pot hoe meer kan ge”share” word. Die kinders wat met anc onderhandel het, is te blameer. Hul was net eenvoudig te sag en te swak en te bang … Die mense sal NOOIT verander nie. Nooit. Nes oral in die wereld.

JohanR ·

En om te dink die enigste rede hoekom Cyril hom NIE gepos het nie is dat hy het hom nodig om ‘n tweede termyn te wen. Cyril en ANC eerste, Suid Afrika tweede!

Casper ·

Hier sit meer mense agter hierdie voorgestelde wysigings as wat ons dink.Eerstens die tannie wat skreeu vir ‘n gun free SA en tweedens vuurwapenhandelaars wat teen herlaai van ammunisie is.Ek betaal nou vir ‘n pakkie 222 patrone oor die R 500 waar ek kan herlaai vir Onder R 200 ‘n pakkie van 20. Wapen handelaars buit jagters uit.Kry DENEL weer lewensvatbaar en ons koop weer patrone wat bekostigbaar is.Hoekom is Somchem kruit nog nie beskikbaar nie want daar moet kruit ingevoer word.’n Blik Somchem kruit kos R 500 en Hodgden R 900.Oom met die hoed erken jy moet jouself kan verdedig maar hy wil nie hê jy moet ‘n vuurwapen besit vir die doel nie.Polisiemanne word vermoor vir hulle vuurwapens,polisiestasies word beroof vir vuurwapens en wetsgehoorsame burgers moet daarsonder lei.Oom met die hoed tsek.

Dirk Mostert ·

Cele het vir ons ‘n presedent geskep. Volgende keer as jy bedreig voel…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.