‘Roekelose ANC’ moet lede in bedwang bring in Tshwane

Busse is Maandagaand (20 Junie 2016) in Mamelodi, Pretoria gebrand. Foto: Verskaf

Busse is Maandagaand (20 Junie 2016) in Mamelodi, Pretoria gebrand. Foto: Verskaf

Die Vryheidsfront Plus, munisipalewerkersvakbond Samwu en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het betogings in Pretoria veroordeel.

“In plaas daarvan om ANC-betrokkenheid by die geweld in Tshwane te ontken, moet Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, onmiddellik ingryp om ontevredenheid oor die burgemeesterskandidaat uit die weg te ruim,” het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, gesê. “Die ANC moet verantwoordelikheid aanvaar vir die geweldpleging en moet sy lede onverwyld in bedwang bring aangesien die beelde van oproer en brandstigting die wêreld ingestuur word en Suid-Afrika se beeld in die buiteland groot skade berokken.”

Alberts meen dit is ʼn skreiende skande dat Mantashe ontken dat ANC-lede ʼn aandeel het in die oproer. “Net soos Hlaudi Motsoeneng [uitvoerende bedryfsbeampte van die SAUK], wat ontken dat daar diensleweringsprobleme in die land is, leef Mantashe klaarblyklik ook in ʼn staat van totale ontkenning van die werklikheid. Dit is ook duidelik dat Motsoeneng se besluit om nie geweld oor die SAUK uit te saai nie en nou ook oor die Tshwane-geweld geen nuusdekking te verleen nie, oënskynlik geen indruk op die onrusstokers maak nie.”

Alberts het gesê hierdie ontkenning van die werklikheid is die eerste duidelike tekens dat die ANC die begin van sy einde bereik het.

Intussen het die polisie in Gauteng ook die betogings in verskeie dele van Tshwane veroordeel. Lt.genl. Deliwe de Lange, provinsiale polisiekommissaris, het gesê enigiemand wat ʼn misdaad pleeg, sal dadelik in hegtenis geneem word. De Lange het gesê sake van moord, opsetlike saakbeskadiging en intimidasie is reeds aanhangig gemaak.

Die munisipalewerkersvakbond Samwu het gesê hy neem met kommer kennis van die betogings in Tshwane. “Ons het gesien hoe sommige munisipale kantore aangeval en beamptes aangerand word,” het Mpho Tladinyane, streeksekretaris, gesê. “ʼn Aantal munisipale busse en motors is aan die brand gesteek en munisipale eiendom is vernietig. Hierdie gewelddadige betogings kan nie ʼn oplossing wees vir die uitdagings wat deur die gemeenskap in die gesig gestaar word nie.”

Tladinyane het gesê Samwu veroordeel alle vorme van intimidasie en geweld wat op die munisipale werkers en lede van die gemeenskap gerig word. “Ons glo die ANC het ʼn aantal platforms beskikbaar gemaak waar lede en die gemeenskap in gesprek kan tree.”

Die Independent Municipal and Allied Trade Union (Imatu) het ook die geweld en vandalisme veroordeel. “Alle betrokke partye het ʼn rol om te speel om hierdie ernstige situasie op te los,” het Johan Koen, algemene sekretaris, gesê.

Die gewelddadige betogings het Sondag begin ná die aankondiging dat Thoko Didiza die party se burgemeesterskandidaat in Tshwane vir die komende munisipale verkiesing sal wees. Busse is in Mamelodi aan die brand gesteek en twee vragmotors is in Atteridgeville aan die brand gesteek. Winkels is ook in Atteridgeville geplunder. Die geweld het intussen ook na Hammanskraal en Ga-Rankuwa uitgebrei.

 

Lees alle vorige berigte oor Pretoria-onluste op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

At van Jaarsveld ·

Hulle lewe en regeer in leuns.sal nooit enigiets erken nie

Maggie ·

As hierdie so ‘n bietjie vroeër plaasgevind het, was SA definitief nou op rommelstatus!

Maggie ·

As hierdie so ‘n bietjie vroeër plaasgevind het, was SA definitief nou op rommelstatus!

Maggie ·

Ontspan mense. Daar’s teen vanoggend nog net 20 busse in Atteridgeville en 19 in Mamelodi verbrand. Die situasie lyk heeltemal onder beheer…

Hester ·

Kan net nie glo dat onskuldige mense moet boet vir algehele wanorde en als wat gebrand word. Gaan dit omstandighede verander of hulle dwase optrede om hulle sin te kry? Wat n skande vir Suid Afrika!

KP ·

Ons moet ontspan nadat nog net 39 busse aan die brand gesteek is, seker bedoel om n grap te wees.

Johann ·

ANC verandwoordelikheid aanvaar vir wat? N Zulu uit KZN invoer om te kom heers in n Tswana Stamhoof se plaas met Afrikaanse boere wat die rekeni g via hulle belasting betaal???? Ja shure…

pauline ·

Mense geweld los ni n problem op ni, was in Pretoria cbd gewees vandag jy het di strate in vrees beweeg winkel het in sekondes deure toe geruk.

Tiger ·

Ou FW en al sy ou NP trawante glimlag nou breed.Dis mos wat hulle wou gehad het.Hy hoort agter tralies die skerminkel!Ons vriende oorsee sien meer as wat ons sien – weet dit maar.Ek moet links en regs emails antwoord op wat hulle sien en lees.Maar die buitewereld staan met gevoude arms en toekyk hoe sink ons.Dis wat hulle almal wil he – Amerika ingesluit!

Lance ·

Ja ja anc se kamige leiers moet eerste inbedwang gebring word ….voor hulle lede wil vermaan …no 1 stel mos die voorbeeld so wat anders kan mens nou eintlik verwag.

Rynhardt ·

Gistraand op E-Tv berig hul dat Brittanje sy mense waarsku om uiters versigtig te wees vir die geweld in Tswane! Waar is die ernstige waarskuwings vir ons mense, want die geweld kan vinnig uitkring! Anc kan nie sy mense beheer wat verwoesting saai nie.Wermag moes lankal ontplooi gewees het om orde te handhaaf!

Andrea van Vuren ·

Die weermag is gister al ontplooi. Hulle wag net vir die “ja” van Zuma. Dink jy hy sal ooit sy toestemming gee? Hy wil juis hê die land moet brand! Onthou hy kan in sy Nkandla gaan wegkruip. Hulle (ons) het dit mos beveilig. Daarna kan hy in sy nuwe 4 milj jet die ruimte inskiet. Mag hy nooit weer terugkom nie!

John ·

Hierdie is volstruispolitiek op sy beste. Terwyl die land brand, sit die leiers en kluitjies uitruil en proe-proe by tee. Adjunk-president Ramaphosa sal goed doen as ‘n toesighouer by ‘n ouetehuis waar die bejaardes rustig gehou moet word, terwyl ‘n mamba iewers in ‘n kombuiskas skuil en die kok op die tafel staan, koekroller in die hand, wagtende op die ergste.

Poot ·

Joe
Ek stem saam met jou. Lag te lekker vir al die mannewalis wat ons swaar verdiende belasting geld so afbrand. Ek kan my nie sover kry om kwaad te word nie…….. regtig, mens lag mos as jy in die sirkus is.

Anti-Haas ·

Nee, Winnie is besig met hofstukke oor die huis wat sy nou demand van ou Mandela

Anika ·

Aaaag Samwu, julle het nou ‘n bek vol maar as julle staak vir verhogings dan breek, brand en mors julle net so. So vee eers voor julle eie deure!!

Takkie Takuuza ·

Ek kan nie glo dat mense verbaas is nie. Ons het dit nog altyd geweet.

Poot ·

Die sirkus is weer in Pretoria. NEE REGTIG….die regte sirkus is weer in ons stad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.