Roekelose bestuur ondersoek ná trompop botsing

(Argieffoto: Hansie Linde)

Drie mense is dood toe ʼn ligte motor en ʼn afleweringsvoertuig Donderdagaand in ʼn trompop botsing betrokke was.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het die ongeluk omstreeks 22:00 op die R241-pad tussen Manzana en Nhlazatje in dié provinsie plaasgevind.

“ʼn Volkswagen Polo-sedan en ʼn Nissan-afleweringsvoertuig het reg van voor teen mekaar gebots. Die bestuurders van albei voertuie en een passasier in die sedan is op die toneel dood verklaar,” het Mmusi bevestig.

Die omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek. Die polisie ondersoek ook die moontlikheid van roekelose en nalatige bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper ·

Ek hoop hulle kla die skuldige bestuurder aan en ek hoop hulle gooi die sleutel weg na hy tronk toe is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.