Roekelose motoriste gewaarsku

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Sondag gewaarsku dat motoriste wat ongelukke deur nalatigheid of roekeloosheid veroorsaak strafregtelik vervolg sal word.

Simon Zwane, woordvoerder van die korporasie, het gesê nalatigheid en die “blatante miskenning van padreëls” was die afgelope naweek vermoedelik die oorsaak van twee padongelukke waarin ses mense dood en 65 ander beseer is.

In die eerste ongeluk is drie mense dood en 60 beseer nadat ʼn bakkie, ʼn motor en ʼn bus omstreeks 05:00 Saterdag op die R617 naby Underberg gebots het. Die bus en die motor het glo reg van voor gebots voordat die bakkie teen die bus gebots het. Al die insittendes in die motor is op die toneel dood.

In nog ʼn voorval was twee motors en twee bakkies Saterdagaand betrokke by ʼn botsing op die N1 naby Naboomspruit in Limpopo, het Zwane gesê. “Drie mense is dood en sewe ander beseer. Die botsing het glo gebeur toe een van die bakkies in die aankomende verkeer se baan gery en reg van voor teen ʼn motor gebots het. Die ander twee voertuie het die ongeluk probeer vermy, maar teen die eerste twee voertuie gebots.”

Volgens Zwane toon voorlopige inligting oor die twee ongelukke dat ʼn bestuurder sy of haar baan verlaat het toe dit nie veilig was om dit te doen nie en sodoende die ongeluk veroorsaak het. Ondersoeke is tans aan die gang om die oorsaak van die ongelukke finaal vas te stel.

“Die RTMC waarsku dat strafregtelike aanklagte ingedien sal word teen motoriste wat ongelukke deur nalatigheid veroorsaak. In albei gevalle word sake van strafbare manslag ondersoek en die RTMC sal die owerhede bystaan in die ondersoeke.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

moloto ·

Aag hoeveel jaar gaan dit al aan wat julle niks doen nie . julle wil net prober naam maak . As julle skrik ? skrik net wakker asb

Johann ·

Hoop die spelling van motoris sluit in die spelling T.A.X.I bestuurder? Of isdit diskrimenerend en rassisties?

Carel ·

Ag werklik? Nou skielik hierdie dreigement van strafregtelike vervolging? Het Zwane nou wakker geskrik uit sy winterslaap of het hy na die verkiesing gehoor die ANC moet een of ander tyd begin presteer?

Manie Schoeman ·

Dit is hoog tyd dat streng stappe ingestel word en op die betrokke voertuie beslag gele word. Sulke bestuurders behoort na skuldigbevinding nooit weer ‘n voertuig te bestuur nie. Hou asseblief op om planne te maak en dreigemente uit te oefen en doen NOU iets konstruktief!

Wat-ek-lees ·

Ja, dit is so MAAR van die owerheid se kant moet padtekens ook op datum gehou word wat nie die geval is. waar kan mens hierdie nalatigheid verkla?
Veral die ‘hou links’-teken (skuins wit pyl met blou agtergrond) soos byv. by verkeerseilande bestaan omtrent nie meer. Die ‘geen toegang’-teken raak ook al skaarser. Praat nie eers van spoedbeperking-tekens wat op ‘n dubbelpad net links of regs aangebring is.
Nee-wat, vee eers voor julle eie deur.

Chris Ws ·

Na ‘n man van agter in ons vasgejaag het is ons lewens so te se verwoes .My vrou het ‘n breinbeseing opgedoen en is soos iemand wat ‘n beroerte gehad het en is lewenslank gestremd aan haar een kant.Sy kan NIKS self doen nie.Probeer maar met een hand aantrek,bad of kosmaak of wasgoed was of skottelgoed was.Ek praat nie eers van huis skoonmaak nie.Die man het ‘n almintige boete vir roekelose en nalatige bestuur van R500 betaal.Hoe werk dit?

KarooKlong ·

Kry al die nodige getuies en dokumentasie, ywerige Prokureur, padongelukfonds, geduld, % beloning.

Chris Ws ·

KarooKlong ons is daardeur.Dit maak my gestremde vrou nie heel nie.Sy sal nooit weer dit wat sy met gemak gedoen het kan doen nie.En dit alles vir ‘n R500 boetetjie!PATETIES.

KarooKlong ·

Chris, baie jammer om hiervan te lees. Ek kan my nie in jou situasie indink nie maar glo my ek admireer jou geduld en deursettingsvermoe. Sterkte vir jou en vroulief.

Johanna Botha ·

In pta word padtekens en verkeersligte omgery naweek na naweek …dit word netso gelaat vir weke voor dit verwyder en hersel word.

Alida ·

Ek dink tog die DA sal begin om Pretoria reg te ruk. Sommige paaie het nie meer strepe nie en die enigste gevolgtrekking wat ek kan maak is om dat die ANC al die geld gesteel het wat bedoel was vir die verf. Stadig maar seker sal dinge reggeruk word want Rome is nie in ‘n dag gebou nie.

Hendrik ·

Nuut witgeverfde sperstrepe beteken absoluut niks as daar nie wetstoepassing is nie. So voorspoed vir die DA in Tshwane met wetstoepassing.

Oupa ·

Ag siestog. Probeer hulle nou intelligent klink, of probeer hulle die indruk skep dat hulle iets doen?

KarooKlong ·

Op die langafstand paaie in die Karoo waar dorpe ver uitmekaar gelee is lyk dit of die bestuurders hiphop doen soos hulle koppe knik van sukkel om nie slaap te val nie maar ry wil hy ry om dalk nog ‘n trippie in te kry. Ek kan nou nie sê hoeveel % van die ongelukke hier by ons is slaapval gevalle nie maar dit is ‘n groot %. Natuurlik kry jy ook die verbyvat wanneer jy wil ongelukke en die bestuur sonder lisensie ongelukke en dan nog die plein stupid foute ongelukke ook. Gewoonlik ernstig want dit is hoespoed verwant.

ekke.. ·

Respek, volgafstand en geduld bestaan nie meer onder padverbruikers nie.. veral taxi bestuurders. Prentjies (padtekens) verstaan baie ook nie, wat nog van padreels? Nee wat! Als is opge……. , sedert die cANCer regering oorgeneem het

Rupert Ashford ·

Ag so? En wat van die owerhede wat nie hulle job doen en die paaie in stand hou nie. Hoeveel mense maak ongelukke of verongeluk as gevolg van slaggate?

Johan ·

Al is die regering hoe vol foute maak dit nie dat mense sperstrepe moet ignoreer nie. En dit is nie net ander wat dit doen nie ons eie mense ook. Hulle stel onmiddelik almal se lewens in gevaar deur dit te doen

Rupert Ashford ·

Dankie, dankie. Ons is so vinnig om die vinger na “die ander” te wys…

Johann Marx ·

In Eerste Wêreld lande verloor jy jou bestuurslisensie as jy bestuur soos in Suid Afrika…en as jy dan gevang word sonder ‘n lisensie gaan jy vir baie lank tronk toe. Indien jou lisensie in een van daardie lande weggevat word (vir byvoorbeeld ‘n jaar) moet jy na die tydperk om is van voor af aansoek doen vir ‘n leerling lisensie, en dan daarna vir jou lisensie….Die “status” van jou bestuurslisensie is vir daardie lande se inwoners van so ‘n groot belang dat my vriend geweier het dat ek sy motor bestuur terwyl ek daar was (met my internasionale bestuurslisensie EC in my beursie).

KarooKlong ·

Johan, jy moes nooit gesê het dat jy ‘n Eastern Cape lisensie het nie.
Hahaha

Lithop ·

Twak man! Jy het verseker nog nooit in Griekeland, Italië of in Londen probeer bestuur nie. Sien of jy enige tegemoetkomende mede padgebruiker in Rome teëkom. Moenie eers probeer om in Parys te bestuur nie. As jy ooit in Tokyo van punt A na punt B vorder in jou eie voertuig bel my, ek sal jou net daar ‘n medalje gee.

Andre ·

Haal die balk uit julle eie oog.
Ek was self betrokke in ‘n ongeluk ‘n maand geled omdat die paaie nie geverf is nie. Hulle is vinnig om mense te wil op skroef. Pasop vir daai wiel wat draai…

Wouter ·

Hoekom wag tot iemand n ongeluk veroorsaak of tot iemand seerkry of sterf. Doen dit dadelik en spaar al die pyn en hartseer.

thelsa ·

Ja .. ja . . so gaan dit al vir jare aan. Praatjies sonder aksie. As die uniformdraende niksnutte maar net wil begin met wetstoepasssing en nie voertuie aftrek om ‘bribes’ te vra nie sal ons dalk vorentoe gaan. Kom kyk bietjie hoe lyk dit in Midrand terwyl verkeersbeamptes twee-twee teen flitsende blouligvoertuie staan en appel eet en die verkeer in chaos gedompel is.

Sydney ·

Dieselfde ou storie. Daar sal opgetree word teen die wat die padreels verontagsaam. Jaar in jaar uit. Nie eens die personse wat dit moet toepas tree binne die wet op nie. Ek sien gereeld verkeersbeamptes wat sonder veiligheids gordels ry, praat op hulle selfone of ry teen 140km per uur op die N2 snelweg, sonder blou ligte of serenes ens. Gaan daar ook teen hulle ook op getree word?

Suzie ·

Hulle skrik net wakker wanneer dit een van hulle familie lede is wat in ‘n ongeluk iets oor kom. ‘n Jong swart man het in my broer vasgery, hy het die stop teken heentemal verontagsaam en was nog gedrink ook, die twee polisiemanne het niks gedoen om bloed te trek nie en ons kon hom nie opspoor daarna nie, my broer se bakkie is afgeskryf. Is al by twee prokureurs, die een is treuriger as die ander en in tussen sit my broer sonder ‘n voertuig van Maart maand af. Patetiese die regering.

m ·

Dis darem skrikwekkend om te sien hoeveel mense jaag oor rooi ligte. Geen wonder daar is soveel ongelukke nie.

Willie ·

Dis nie iets nuuts nie, dis hoe dit moet wees. Hoop dit geld vir TAXI’s en die Taxi klieente ook. Ek wat in Pretoria bly sien daagliks hoe die mense wat vervoer word enige plek staan, hulle teken wys, dan stop die taxi net daar. Seer sekerlik moet hulle ook vasgevat word deur die metro polisie. Hulle veroorsaak meer gemors as die bestuurders?

Jan ·

Almal gaan aan oor Taxi”s, mense kom nie meer padreels na nie, daar word nie meet gestop by stop tekens nie en kyk hoeveel voertuie gaan deur na verkeerslig rooi geword het.

Magda ·

Wat gebeur met mense wat roekeloos en nalatig bestuur en nie noodwendig n ongeluk veroorsaak nie? My vraag spruit voort uit n probleem wat ons het met n motorfietsryer wat in ons woonbuurt amok veroorsaak. Verskeie van die ander bure het al vir hom mooi gevra om asb nie so te jaag nie aangesien daar heelwat ouemensies is wat stap en kinders wat fiets ry. Die spoedbeperking is buitendien 60 km per uur in n woongebied… daar is selfs by die eiendomsagentskap waar die man huur, n klagte ingedien. Hul het hom skriftelik gewaarsku, toe gaan vloek hy hulle net uitmekaar uit.Self het ek ook vir die man mooi gevra om nie so te jaag nie, nou hy jaag 11 uur saans en 5 uur soggens en het sommer ook, om aspris te wees, die motorfiets so verander dat dit nou erger raas. Hy kry ook sy vriende om op die vreemdste tye op die hoek by die ingang na die singel te staan en die motorfietse se revolusies die hoogte in te druk. Sou sê dit grens nou aan rusverstoring. Wat kan mens doen?

Willie ·

In n woongebied is dit 40, as ek reg kan ontjou? Reel vir hom n goeie loesing deur van die inwoners… Seker daar is n paar wat lekker keelvol is?

Magda ·

Willie – n loesing kan werk, maar jy weet mos… ons SA kon nog nooit saamstaan nie, almal kla oor sy maniertjies, maar when push comes to shovel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.