‘Roekelose’ taxibestuurder vas; Kersfees-spoedvrate gevang

Argieffoto

Argieffoto

Polisiebeamptes het ʼn minibustaxibestuurder in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy ʼn leë bierblikkie by die venster uitgegooi, rooi verkeersligte verontagsaam het en hulle probeer omkoop het.

Lede van die nasionale anti-korrupsie-verkeerseenheid het die taxibestuurder op Oukersaand in William Nicolweg in Johannesburg in hegtenis geneem. Hy het hulle glo met R630 probeer omkoop. “Die man was Kersdag agter tralies en sal eers Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn,” het Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) gesê.

Nog twee motoriste het Kersfees agter tralies deurgebring nadat hulle in die Vrystaat in hegtenis geneem is omdat hulle die spoedgrens verbreek het.

ʼn Motoris van Noordwes is op die R30 in hegtenis geneem nadat hy teen 162 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery het met sy BMW. Hy word in Theunissen aangehou.

Nóg ʼn motoris in ʼn BMW is in hegtenis geneem toe hy teen 195 km/h in ʼn 120 km/h-sone op die N1-suid gery het. Sy aansoek om borgtog is by Tierpoort afgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann Marx ·

hahahahahahaha…..wat ‘n grappige artikel!!! “Polisiebeamptes het “‘n minibustaxibestuurder” in Johannesbrug in hegtenis geneem.” Ek het vanoggend ongeveer 8km ver op Beyers Naudé Rylaan in Randburg verby Zandspruit Informele Nedersetting gery…..Ek het meer as een keer moes uitswaai vir bottels en blikke wat by oop taxi vensters uitgegooi word. Ek moes hard rem vir een wat ‘n u-draai van die heel linkerkant van die pad af reg oor 3 bane maak, om by ‘n verkeerslig TEEN die rooi-lig terug te draai in die stad se rigting. Ek moes koes toe ‘n taxi by ‘n petrolstasie net eenvoudig terug druk in die verkeer. By die Beyers Naudé/Peter Road kruising het ‘n taxi VOL passasiers links van die linkerkantste baan oor die geverfde eiland deur die rooi verkeerslig gery (terwyl almal anders gewag het vir die pyl wat verkeer wat deur die kruising regs draai voorrang gee). En die polisie arresteer EEN??? NET EEN??? WHAHAHAHAHAHA…..NET EEN??? Dis om van histeries aan die lag te gaan……As hulle vanoggend saam met my gery het, kon hulle VIER arrestasies binne 8km gedoen het!!! (of ons kon 4 x R630 in ons sakke gesteek het!!)

Hennie ·

Hoog tyd dat die tipe motoriste bietjie in die bek geruk word.

Pieter ·

… en ons sal hierdie taxi bestuurder weer binnekort op die pad sien. Slap on the wrist.

Berhalet Beukes ·

Spoed is ‘n probleem ja… En mense is roekeloos, dit weet ons… Maar verduidelik asseblief vir my hoe ‘n spoedvraat se borgtog afgewys word en ‘n moordenaar vrylaat word met borgtog? Asseblief, wat ‘n bespotlike spul!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.