Roeteverandering vir March for Change-optog

Die Demokratiese Alliansie se March for Change-optog

Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag die bymekaarkompunt en die roete vir sy “March for Change”-optog verander, om die veiligheid van die betogers te verseker.

Die DA sou aanvanklik Vrydag van die ANC se hoofkantoor, Luthuli House, in sentraal Johannesburg na Mary Fitzgerald-plein opgeruk het. Die optog word gehou in betoging teen pres. Jacob Zuma se onlangse kabinetskommeling.

Die DA hou die optog te midde van toenemende versoeke dat Zuma as president van Suid-Afrika verwyder moet word op ʼn dag wat opposisiepartye en burgerregteorganisasies het onderneem om die land “tot ʼn stilstand te dwing”.

“Ná ʼn vergadering vanoggend met lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is ons in kennis gestel dat die SAPD nie ons betogers sal kan beskerm nie en dus nie hul veiligheid kan verseker teen dreigemente van die ANC nie,” het Mmusi Maimane, leier van die DA, gesê. “Die ANC-jeugliga en sekere takke binne die ANC het ʼn paar keer met geweld gedreig.”

Die DA se “March for Change”-optog begin nou Vrydagoggend om 10:00 by die Westgate Transport Hub en eindig by Mary Fitzgerald-plein.

Die regering het intussen ʼn sterk bewoorde verklaring uitgereik waarin alle Suid-Afrikaners verseker word dat Vrydag ʼn gewone werksdag sal wees.

Donald Liphoko, waarnemende direkteur-generaal van die departement van kommunikasie, het gesê om die land Vrydag tot stilstand te dwing, sal tot “onverwagte gevolge” lei, veral wat die land se ekonomie, sake en gemeenskappe betref.

Liphoko het gesê boodskappe op sosiale media probeer om Suid-Afrika se beeld skade te berokken, om die ekonomie te ontwrig en die indruk van wanorde en vrees in gemeenskappe te skep. “Alhoewel die publiek ʼn demokratiese reg het om te betoog, ondersteun die regering nie die burgerlike opstand of die optrede van ʼn paar wat die grondwetlike regte van die meerderheid wil bedreig nie,” het hy gesê. “Wanneer inwoners onwettig die strate invaar, sien ons geweld, verwoesting van eiendom en wetteloosheid. Hierdie onwettige betogings het nie die eienskappe van ʼn versterkende demokrasie nie. Diegene wat hulself aan geweld skuldig maak, sal met die wet te doen kry.”

Liphoko het gesê die regering is van mening dat Suid-Afrikaners in gesprek kan tree oor hul verskille deur betekenisvolle dialoog en behoorlike platforms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Liesl ·

Is daar gedink aan ons mense wat besigheid eienaars is? Ruk land tot stilstand, maar ons verloor geld. Zuma gaan net in sy stoel sit en lag en dit gaan hom beslis nie dwing om te bedank nie.

Leon ·

Ek stem saam ek gaan nie my eie besigheid laat skade ly want dit is al klaar moeilik om besighede aan die gang te hou maak geen sin om die ekonomie verder te verswak nie daar is al miljoene verlore gegaan as gevolg van massa optrede maar dit is die een oorsaak waar alles begin maar nou word dit weer aan geblaas dit is nou weer die verkeerde besluit

Herkie Viljoen ·

Die polisie kan nooi ons veiligheid verseker nie so wat is nuut. Die geweld en skade het net plaasgevind wanneer die ANC en EFF betoog het.

Warn ·

Doen dit nie en jy sal dalk oor ses maande nie eers meer n besigheid hê nie!

Celia ·

Die optog doen dalk miljoene skade aan besigheide- wat zuma doen gaan miljarde kos!
Staan tog net op! Word wakker.
Dankie MM vir info. Waardeer.

Alida ·

Tipies ons slapgat afrikaners skreeu elke dag ons moet saamstaan maar is te bang om vir n uur saam te staan. Sies skaam julle. Kom ons steun hierdie poging asb. Al staan jy voor jou besigheid met n banier in die straat saam met jou werksmense het jy tenminste probeer.

E.K. - ek sê net! ·

Net so Alida. Daar is hope maniere om solidariteit te wys maar nee, kerm en kla die sal ons maar NIKS doen nie. Ek is teen geweldadige betogings maar as mens wil impak maak is dit nou die tyd. Ek wonder hoeveel het ookd ie petisie geteken? Natuurlik lag die spul ANC en Zuma onderstueners wan tonskan nooit saamstaan nie.

Dafer ·

AL ek het probeer om die petisie te teken, maar net soos die DA politici blykbaar doen, werk die webwerf lyk my net nine to five

Alida ·

Ek is so gatvol vir die spul agterryers. Staan nou saam nou is julle kans om dit te doen. Ek wil nooit ooit weer iemand hoor se ons moet saamstaan nie. STAAN VRYDAG SAAM as julle murg in julle pype het.

Oupa ·

Hoekom “march”? Is dit nie ‘n demokrasie nie? Die kiesers moet net hulle verkose LVs laat weet om ‘n mosie van wantroue in te dien, en/of dit te steun. Probleem opgelos. Is dit só moeilik? Of is die begripsvermoë bietjie laag?

Jaco ·

Ons voorvaders skaam hul self vir ons. Ons as Afrikaner volk het geen rug graat oor nie. Ons klompie kan ook maar net kla oor als maar nie van ons agter ent af op kom om iets te DOEN nie. Die wat mense wat ek persoonlik ken wat nie Vrydag gaan saam staan teen dit wat ons n Staat Diens noem nie, hulle gaan n mond vol kry by my die eerste keer wat hulle wil moan oor enige iets in die land. Get a backbone you bunch of wimps.

Annie ·

ANC en EFF kan mos optog en plunder. Selfs die jeug … oh ja ek het vergeet … terwyl die SAP toe kyk. Maar ons het mos dubbel reels .. hoe kon ek dit vergeet!!!

Hannetjie ·

Almal gil dat Steve Hofmeyer iets moet doen. ..noudat daar iets gebeur nou back up Almal. ..genade

Theuns ·

Wie dink jy is jy,Liphoko???Zuma se skuif laasweek het 60 miljoen mense en n land tot op sy knieë gedwing en miljarde der miljarde rand se skade aangerig en jy kerm oor die optog se finansiële verlies…….Skrik wakker uit jou Zuma gemanipuleerde droom!!

Manie ·

Daar’s nie n manier dat ek sal gehoor gee aan n oproep van n rassistiese party soos die Da. Moet nie hulle laat gebruik met propaganda soos die NP en sy kadders. Los die optog vir die liberale s laat ons sien of hulle te voorskyn kom

Antie ·

Ons is n paar vroue…vroue mense nogal in ons 50’s wat gaan stap..ons doen dit vir ons kleinkinders..het julle nie gehoor ons wittes is hitler se nageslag nie..en baie bloed op ons hande…maar gaan google hoeveel moorde en grafte is in afrika lande gevind..waar hulle hul eie mense in massas doodmaak..maar ons het blied op ond hande?loop gaan ek loop..ek is en was nog nooit bang!!vir god ja!maar anc nee!!

Marina ·

ek is seker nou maar dom maar wat gaan ‘n optog help?? Dis soos Liesl se, hy gaan net daar sit en lag!!!!

Candice ·

Dis hoog tyd vir onvoorspelbare gedrag om in te tree van hulle wat onskuldig elke dag vir al meer as n dekade net sit en toe kyk hoe dwaasheid en selfsigtigheid regeer.
Ons kla teveel in stilte en doen te min. Saam staan was nog nooit een van ons sterk punte nie, en dalk die grootste probleem op hande.
Gaan ons wag vir dinge om nog erger te word voor ons besef ons het mekaar nodig, voor dat ons besef ons het geen ander keuse?

JK ·

Die regering mag en kan S.A. skade berokken maar as die gewone mense wil ‘n optog hou wil hulle vir ons vertel wat se slegte gevolge dit op die ekonomie kan he. Kom ons staan saam en probeer ten minste om hulle aan te vat.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het nie ‘n besigheid nie maar stem saam met diegene wat daarteen besluit het om hul besighede op die dag te sluit. Besigheid is mense se brood en botter. Teken die petisie want dan is dit swart op wit en hou jul besighede aan die gang dan het julle geldjies vir kos op die tafel. DIT is ‘n positiewe handeling.

Adam ·

Om polities progressief te dink is nie noodwendig liberaal nie. Geert Wilders word in Nederland as ver-regs gesien, maar sy ekonomiese beleid is sosialisties. Net so kan jy as jy aan die optog deelneem as regs of links gesien word nie, maar wel as onkundig. Zuma se posisie is so verskans deur sy kaders dat hy nadat hy van Gordhan onstale geraak het in ‘n nog sterker posisie is. Almal kla maar niemand gaan hom uit die stoel skop nie, nie die mosie van wantroue in die Parlement nie, nie Angus se fees nie en ook nie die ANC nie. Ramaphosa en kie het hulle braaf gehou vir ‘n paar dae en nou stert tussen die bene verskoning gevra. Zuma is polities net so slinks as wat hy onnosel is op ander gebiede. Hou dus maar die besighede oop, daardie nar gaan nog met ons wees vir ‘n tydjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.