Roger Kebble het glo selfmoord gepleeg

Roger Kebble

Roger Kebble

Roger Kebble, die patriarg van die bekende mynbou-familie in Suid-Afrika, het glo selfmoord gepleeg.

Die polisie het nie sy naam bekend gemaak nie, maar slegs in ‘n kort verklaring bevestig die liggaam van ‘n man is in ‘n voertuig op die hoek van Montery- en Upper Bebbintoweg in Bishopscourt, Kaapstad, gevind. Die man het ‘n skietwond in sy kop.

Die polisie het bevestig hulle doen ‘n geregtelike doodsondersoek. “Niemand is nog in hierdie stadium in hegtenis geneem nie,” lui die verklaring.

Guy Kebble, voormalige Springbok-rugbyspeler, nou sakeman, het aan die radiojoernalis Mandy Wiener, outeur van die boek, Killing Kebble: An Underworld Exposed, bevestig sy pa het homself vanmiddag in sy motor in Kaapstad geskiet.

Hy het gesê sy pa voel al vir ‘n ruk lank nie lekker nie, en het gevoel hy raak ‘n oorlas.

Volgens hom glo hy nie daar was enige vuilspel nie.

Die polisie het gesê man was 76 jaar oud, maar volgens die Eyewitness News-radioberig was hy 78 jaar oud.

Die sakeman se ander seun, Brett Kebble, ‘n mynmagnaat en kunsversamelaar met ANC-verbintenisse, is in September 2005 doodgeskiet toe hy persone gereël het om hom te help om selfmoord te pleeg. Dít nadat sy sakebelange ineengestort en hy finansieel in die knyp was. Brett is ‘n paar keer van naby deur die voormalige uitsmyters Mikey Schultz, Faizel “Kappie” Smith en Nigel McGurk geskiet. Die drie sluipmoordenaars is vrygestel van vervolging in ruil daarvoor dat hulle sou getuig teen Glenn Agliotti, wat na bewering die sluipmoord gereël het. Agliotti is vrygespreek nadat die regter beslis het dat die staat nie die saak bo redelike twyfel kon bewys nie.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

HEVW ·

Vir my onbegryplik dat die 3 sluipmoordenaars vrygestel is van vervolging. Iemand wat moord geleeg het behoort tereggestel word. Die Skrif bevestig weereens die waarheid:” Die lewe bestaan nie uit oorvloed van besittings nie”.

Michiel ·

Magriet, Brett Kebble het destyds, toe hy JCI toegemaak het en iemand hom gevra het “what about all the loyal workers …” hy geantwoord het “if I want loyalty I’ll get a dog”. Dis die tipe mense wat hulle was. Mag en geld en dan ook mense misbruik, so ja, dalk simpatie aan die vrouens en kleinkinders maar die ou pa en seuns, nee wat, hulle was vreeslik in by die regering en net weereens omdat hulle hul kon gebruik. In sommige gevalle is selfmoord ‘n geval jy kan nie meer met jou gewete saamleef nie….

Eliza-beth ·

Michiel, jy si so reg. Ons het self onder dit gely. Wat hierdie sg magnate nie besef is, maak ‘n myn toe is dit nie NET die duisende werkers wat daaronbder ly nie. Neem byvoorbeeld een gesin van 4, die pa verloor sy werk, want die myn maak toe, nou moet hul moontlik verhuis na waar daar wel werk is of waar hy ‘n bestaan kan gaan maak. Dus verloor die dokter, tandarts, die poskantoor, die apteke en winkels 4 kliente. Die skool het 2 leerlinge minder, die kerk 4 lidmate minder. So kan mens aangaan en dis slegs een gesin en dis nooit net een gesin wat ly onder so iets nie, dis honderde. Dus word nog ‘n spookdorpie wat agteruitgaan geskep deur magnate wat vet bankrekenings het en nie ‘n duiwel omgee nie. Vir die Kebbles het ek min simpatie… die vrouens ja dalk wel, dis nie hulle werkinge nie. Daar was ‘n fliek gemaak oor die Brett Kebble storie en as jy sien hoe vloek die ou man en maak ander sleg dan weet jy, geld kon nog nooit klas koop nie.

Bonnie ·

Michiel ek gaan jou aanvat op jy aanmerking oor selfmoord. Wat ookal die omstandighede of redes vir selfmoord wil ek vir jou se, maak doodseker van jou feite as jy hierdie onderwerp of beskuldiging maak. My seun het verlede jaar selfmoord gepleeg en as jy net naasteby weet wat selfmoord aan enige familie doen sal jy jou kommentaar weerhou. Doen gerus moeite en praat met mense waar n familielid selfmoord gepleeg het en jy sal verbaas wees oor die hel wat die naasbestaandes leef. Verder hoop ek dat jy gespaar sal word van sulke hartseer.

Asjas ·

Bonnie, gaan lees weer “in sommige gevalle”. Maar ek dink on hierdie geval beslis. Ek het nie eers simpatie met die vrouens nie. Hoe trou jy met so persoon of bly by so man? Geld??

Eliza-beth ·

Bonnie jy lees nie Michiel se aanmerking in KONTEKS nie. Hy het nie veralgemeen en ook nie gese ALLE selfdood is so nie. Ek het self my seun deur selfdood verloor, so ek weet presies hoe dit voel en ek stem saam met hom oor die Kebbles. Hulle het NIKS vir niemand gevoel behalwe hul eie sakke. Laat ons mekaar nie aanval oor nonsens nie asb.

Windhond ·

As die SA myne toemaak teen die tempo wat hulle doen en duisende sit sonder werk en sweet bloed om hul families aan die lewe te hou, wonder wat hulle sê van die ou se selfmoord. Wat jy saai sal jy maai.

Eliza-beth ·

Bonnie, lees Michiel se kommentaar asb in konteks. Hy het nie veralgemeen of gese ALLE selfdood is agv iemand wat nie met sy gewete kan saamleef nie. Ek het ook my seun deur selfdood verloor en ek weet mens is geneig om sensitief oor die onderwerp te wees – glo my ek is steeds. al is dit al 15 jaar. Maar mens moenie ander onnodig aanvat oor dinge wat nie gese of bedoel is nie. Ek sal dink aan jou vanaand as ek met my Vader praat. Sterkte hoor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.