Rohde-advokaat voor kinders doodgeskiet

Pete Mihalik (regs) het talle figure in die onderwêreld in die hof verteenwoordig. Foto: Verskaf

ʼn Vooraanstaande Kaapse advokaat is Dinsdagoggend omstreeks 07:30 ʼn noodlottige kopskoot toegedien terwyl hy sy kinders by ʼn eksklusiewe private skool in Groenpunt afgelaai het.

Pete Mihalik (50) het in talle hoëprofielsake namens kriminele figure van die onderwêreld opgetree en het ook Jason Rohde, die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa wat glo sy vrou op die Spier-landgoed vermoor het, verteenwoordig.

Speurders, die polisie se teenbende-eenheid en misdaadtoneelkenners het die straat voor die private skool Reddam House in Cavalcadeweg gefynkam vir leidrade nadat die aanvaller in ʼn metaalgrys VW Polo weggejaag het.

Mihalik is in Cavalcadeweg, Groenpunt, doodgeskiet terwyl hy sy kinders afgelaai het by die private skool Reddam House. Foto: Google Maps

Die slagoffer se agtjarige seun is tydens die skietery gewond en is in ʼn hospitaal opgeneem, sê sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder.

Die aanvaller is nog nie geïdentifiseer nie. Rwexana vra enigeen wat die polisie in hul ondersoek kan help, moet Stop Misdaad by 0860 10111 bel.

Luidens berigte is Mihalik deur die venster van sy luukse swart Mercedes-Benz AMG geskiet. Sy dogter wat ook by hom in die voertuig was, is ongedeerd, maar dis nog onbekend hoe erg die seun beseer is. Blykbaar is net twee skote geskiet.

Die prokureur Noorudien Hassan, wat nou bande met Mihalik gehad het, is in 2016 in ʼn soortgelyke voorval buite sy huis in Landsdowne in die Kaap se suidelike voorstede doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

eugene ·

rhode se saak is nie n skiet voorval
die moord op Pete voor sy kinders is onmenslik verby- ek is sommer naar

Ag regtig ·

Rhode het na bewering sy vrou verwurg nie doodgeskiet nie. Nou gaan Rhode se saak verder sloer. Gerieflik vir hom.

Robert ·

Ag regtig: Mahilik is lankal nie meer Rhode se advokaat nie iemand anders het oorgevat so dit sal nie die saak vetraag nie.

quo vadis ·

SA is die afgrond af. Geweld is buite beheer. Genoeg is genoeg

Karel Combrinck ·

Genoeg is genoeg ja en wat nou. Genoeg was al lankal genoeg. Oor tien jaar en duisende moorde verder sal ons nog steeds sê genoeg is genoeg.

lee ·

Dit klink soos mafia-spel.
Die duiwel is loshande los.
Arme, arme kinders …..

Skokkend ·

Maak nie saak wie hy in die hof verteenwoordig het nie, hy het nie verdien om sy lewe so te verloor nie. Ek hoop die 8-jarige oorleef dit. Die dogter sal ook nou mooi opgepas moet word, want sy het waarskynlik die moordenaar se gesig gesien. Dis skokkend dat iemand so arrogant kan wees om daai tyd van die dag en dit nogal voor ‘n skool, sy misdaad te pleeg. Ek hoop hy word vining aangekeer.

Marius ·

Maroela media julle maak aantuigings in julle berig is Rhode al skuldig bevind vir die moord op sy vrou nee so julle kan nie se hy het sy vrou vermoor beter julle wysig dit.

Regtig ·

Waar maak Maroela aantuiging dat die moord gepleeg is deur Rhode dit se “glo” ai Marius ai!

Piet ·

Eugene en Ag regtig, julle impliseer dat Rhode iets met die skietery te doen het as ek reg verstaan. Dis bietjie voortydig dink julle nie? Hierdie man het baie mense in die onderwêreld verteenwoordig – die lys van moontlike skuldiges is sekerlik lank.

Charlene ·

Piet jy verstaan verkeerd. Hulle noem net dat hy ook Rohde se advokaat was en impliseer geensins dat die een met die ander verband hou nie.

Afrikaanse Knaap ·

Die aksie in SA deesdae is soos Hollywood flieks.

Perspektief ·

‘n Man is voor ‘n skool in die kop geskiet, sy kinders in die motor. Sy 8jarige seun is gewond. Weet een van julle hoe moeilik dit tans vir die familie is? Waardeur hulle nog gaan worstel? Marius, lees met begrip.

KG ·

Perspektief, stem heeltemal saam met jou. Ek ken nie die feite van wat die man gedoen het en wat nie. Ek weet ook nie of hy arrogant was of nie. Wat ek wel weet is 2 kinders is nou heeltemal wees gelaat waarvan die seuntjie vir sy lewe veg. Hulle moet klaar die trauma van hul Ma se selfmoord hanteer en nou hul Pa se moord.
Hierdie is so ongelooflik tragies!!

lulu ·

KG
omw
jy sit die pot heeltemal mis
jy het die draad van die hele storie verloor

Sê maar net ·

NEE, Lulu. Dis waar wat KG sê. Ken jy die draad? Hierdie is feite…Pa is doodgeskiet, 2 kinders wees gelaat. Hul ma het selfmoord gepleeg (begin van jaar dink ek) en die seuntjie is geskiet. Lig ons asseblief in of daar ‘n ander draad tot die storie is.

Lulu ·

Ek vra nederig omverskoning
Lyk my ek Het draad verloor
Sorry ek het meer op ROHDE ge fokus
Ek het regtig nie die man se geskiedenis geken nie
Jammer KG
dankie Sê maar net
So jammer om te hoor kinders is op sulke wyse nou wees gelaat
Sterkte vir familie en vriende

Penellope Jones ·

Mafia-land met ‘n regering wat beheer verloor het oor feitlik alles.

Sê maar net ·

Jy’s vergewe Lulu ;) Ek verstaan ook nie hoekom hul nou meer ‘fokus’ op dat dit Rhode se advokaat was. Hy het mos ‘n naam, hulle kan mos maar sy naam in die berig sit.

Hannetjie ·

Dit is irrilevant wie die advokaat se kliente was.Hy is koelbloedig voor sy kinders vermoor en hy het ook die seuntjie raakgeskiet.Hoop die skuldige word gou gevang..gou voor die hof gebring en nog gouer gevonnis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.