Rohde betwis nutsman se getuienis

Jason Rohde. Foto: Henk Kruger/ANA/African News Agency

Die staat het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangevoer dat die nadoodse ondersoek op Susan Rohde geen tekens gewys het dat sy haarself gehang het nie.

Die staat voer aan Jason Rohde het sy vrou vermoor en dit soos selfmoord laat lyk. Die Rohde-egpaar het die naweek van 22 tot 24 Julie 2016 Sotheby’s International Realty se jaarlikse geselligheid by die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch bygewoon.

Susan se liggaam is in die egpaar se hotelkamer gevind. Sy het aan ʼn elektriese koord gehang wat oor ʼn haak agteraan die badkamerdeur geglip was.

Staatsaanklaer Louis van Niekerk het aangevoer Rohde se getuienis dat die knoop om Susan se nek styf vasgebind was, is nie waar nie. Van Niekerk het aan die hof gesê dat Desmond Daniels, die landgoed se nutsman wat deur Rohde ontbied is om die badkamerdeur oop te sluit, vroeër getuig het dat hy geensins gesukkel het om die tou om Susan se nek te verwyder nie.

“Daniels het gesê die knoop was nie styf nie en hy is die een wat dit om Susan se nek verwyder het, maar jy sê steeds aan die hof die knoop was styf,” het Van Niekerk aan Rohde gesê.

“Ek kan nie vir jou sê wat mnr. Daniels gesien het nie, ek kan net vir jou vertel wat ek gesien het, advokaat,” het Rohde in reaksie gesê.

Van Niekerk het hierna vir Rohde gesê dit was hý wat die toneel opgestel het om dit soos selfmoord te laat lyk. Hy het ook aan Rohde gesê dat hy nie die staat help as hy sê hy kan nie onthou hoeveel knope in die koord om sy vrou se nek was nie.

Jason en Susan Rohde Foto: Facebook

Volgens Daniels se getuienis het hy ’n enkelstring gesien wat los om Susan se nek was. Rohde het dit egter verwerp. “Mnr. Daniels was dalk baie geskok oor die hele scenario en soos ek vroeër vir jou gesê het, ek kan nie kommentaar lewer oor wat hy gesien het nie.”

Van Niekerk het Rohde weereens daarvan beskuldig dat hy vir die hof lieg aangesien hy beweer sy vrou het ’n japon aangehad toe sy gevind is, terwyl Daniels getuig het dat hy Susan kaal gesien het toe hy in die badkamer gekom het.

“Hoekom sal hy sê jou vrou was kaal en jy dring daarop aan dat sy ’n japon aangehad het?” wou Van Niekerk by Rohde weet. “Mnr. Van Niekerk, Daniels se getuienis is verkeerd. Susan was nie kaal nie, sy het ’n japon aangehad,” het Rohde geantwoord.

“Volgens jou getuienis het jy vir Daniels gevra om jou te help om die koord te verwyder, wat beteken hy was naby aan jou, so hoekom sou hy nie die japon gesien het nie,” het Van Niekerk gevra. Rohde het egter volgehou dat sy vrou ’n japon aangehad het.

Hy het erken dat hy vir sy vrou gelieg het oor sy buite-egtelike verhouding, maar het aan Van Niekerk gesê dat hy nie vir die hof lieg nie. “Nee, advokaat, ek praat die waarheid. Ek herhaal dat om ’n egbreker te wees mens nie ’n moordenaar [maak ] nie.”

Die saak is tot Dinsdag uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Amelia ·

Jy is nie geloofwaardig nie want jy het vir jou vrou gelieg. Daarom kan jy vir die hof ook lieg.

GM ·

As ek na haar bolyf kyk, lyk dit of sy ‘n langerige vrou was. Ek sien nie in hoe ‘n mens jouself aan ‘n badkamerdeur kan ophang nie?

marous ·

Vir welke rede sal die getuie lieg oor wie die tou afgehaal het en of sy naak was of nie? Dis van belang dat dit betwis word , want die man sou moes verduidelik waarom ‘n vreemdeling meer besorgd was as hy self.

Tibely ·

Dan moet hy seker die anglikaanse priester wat getuig het in Okt 2017 dat sy kaal was toe hy haar probeer resuss. het en gehuil het oor haar kaal liggaam en sy trane op haar kaal borste geloop het en die kolle op haar kaal bobene gesien het ook betwyfel…

Antoinette ·

As sy haarself agter n deur opgehang het sou die tou/koord baie styf gewees het om haar nek,want sy sou sekerlik in die lug agter die deur gehang het. Soos ek verstaan was haar liggaam agter die deur. So sy hele storie maak geen sin nie. Hoe het sy dan op die grond beland?

Onnie ·

Shame hy probeer baie hard om by sy storie te hou, maar dis pateties, enige aap kan hoor hy lieg. Snaaks hoe niemand deesdae mans genoeg is om verantwoordelikheid vir hul dade the vat nie! Kon hulle dit dalk by ons vorige presidensie geleer het??

kas ·

Onnie,net soos wat die vorige presidensie niks met hierdie saak te make het nie net so verwag ek dat jy jou aandag sal bepaal op feite betreffende hierdie saak.Jou kommentaar oor die vorige presidensie is onvanpas want jy het nie bewyse daarvoor nie.Ek glo ook hy vertel nie die waarheid nie of hy verdraai die waarheid sodat dit sy weergawe pas maar om te beweer hy lieg is nie reg nie.Die regter sal oordeel en hom skuldig bevind en hom straf.

Skerp ·

Lekker skerp Marous. Advokaat van Niekerk is ook skerp soos n blade, verder is die arrogansie van die man verstommend. Die Regter het hom noual hoeveel keer verduidelik, hy moet die vrae antwoord en nie die Advokaat ondervra nie. Bang katte maak wilde spronge.

kas ·

GM, Hoe kon sy agter die deur gehang het.Daar was ‘n hak agter aan die deur waaraan sy gehang het .Jou kommentaar is dus tegnies nie korrek nie en dit sou in die hof verwerp word.Ek kan nie die term blitsvinnig in die hof gebruik nie wan ek kan nie die spoed van ‘n blits bepaal nie.

LS ·

Ek is nie ‘n engineer nie maar is verstom oor hoe sterk daai handdoek kappe is wat agter teen die badkamer deur vas gesit is….dit met 2 houtskroefies wat waarskynlik nie langer is as 20mm en hoogstens 4mm in deursnee……

Nettie ·

@LS – heeltemal reg: ek dink nie ‘n haak wat bedoel is om iets soos ‘n handdoek of kamerjapon aan op te hang, sou sterk genoeg gewees het om ‘n dooie gewig van so ± 55kg te hou nie, maar tog word daar berig dat me. Rohde se liggaam (na bewering) gevind waar dit agter die badkamerdeur aan so ‘n haak gehang het?

As ek nou die moordenaar was, sou ek die elektriese koord aan die ander kant van die deurhandvatsel vasmaak en dit oor die deur glip en dán om die “selfdood”-slagoffer se nek draai. Die deurhandvatsel is seker tog sterker? Die deur behoort toe te gaan bo-oor die elektriese koord, aangesien dié tipe koorde sterk is, maar nie baie dik is nie.

kas ·

As sy haarself opgehang het sou die hak afgebreek het.Sy is verwurg en toe is haar liggaam opgehang.Is daar are in haar oe gebars want dit dui op verwurging.Was haar nek gebreek in die proses ,lyk nie so nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.